Kontemporêre sosio-ekonomiese kwessies (4)

0.0(0)
studied byStudied by 0 people
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
Card Sorting

1/37

flashcard set

Earn XP

Description and Tags

Flashcards oor Kontemporêre sosio-ekonomiese kwessies

Study Analytics
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced

No study sessions yet.

38 Terms

1
New cards

Ekonomiese misdaad

Wanneer geld op ‘n onwettige wyse vir persoonlike gewin bekom word.

2
New cards

Bevolkingsgroei

Die koers waarteen die bevolking in die land toeneem.

3
New cards

Korrupsie

Dit vind plaas deur oneerlike saketransaksies soos omkopery.

4
New cards

Storting

Wanneer oorskot internasionale goedere ingevoer word wat die plaaslike mark oorstroom.

5
New cards

Seksuele teistering

Ongevraagde optrede van ‘n seksuele aard van kollegas in die werksomgewing.

6
New cards

Rowery

Goedere word onwettig gekopieer en verkoop sonder die toestemming van die geregistreerde eienaar.

7
New cards

Etiese wangedrag

Oonaanvaarbare gedrag binne-in die besigheid.

8
New cards

Patent

‘n Eksklusiewe reg word aan die eienaar van die uitvinding deur die regering gegee vir ‘n beperkte tyd van twintig jaar.

9
New cards

Kopiereg

Die reg om die eienaar se intelektuele eiendom te beskerm om sodoende die onwettige gebruik daarvan te verhoed.

10
New cards

Handelsmerk

‘n Unieke simbool wat die spesifi eke handelsmerk/besigheid beskerm.

11
New cards

Vakbond

‘n Werknemers organisasie wat poog om die werksomstandighede van die werkers te verbeter.

12
New cards

Staking

Nywerheidsaksie wanneer werkers weier om te werk.

13
New cards

Uitsluiting

‘n Vorm van ‘n nywerheidsaksie wat gebruik word om werkers te verhoed om die besigheidsperseel binne te kom.

14
New cards

Nywerheidsaksie

Aksie wat geneem word deur werknemers wanneer hulle versoeke nie deur die werkgewer toegestaan word nie.

15
New cards

Werkplekforum

‘n Werknemerskomitee wat deur die werkers ingestel word om met die werkgewer te skakel oor sake van die werkplek.

16
New cards

Inflasie

‘n Algemene verhoging in die pryse van goedere en dienste.

17
New cards

Lae inkomste-vlakke

Suid-Afrika het een van die mees skeefgetrekte inkomsteprofi ele in die wêreld. Dit kan toegeskryf word aan die verskille in salarisse tussen hoë inkomste verdieners vs lae inkomste verdieners.

18
New cards

Sosiale, kulturele en demografi ese kwessies

Die bevolking van ‘n land word gekenmerk deur hul ouderdom, geslagsverhouding, en die samestelling van ras van die mense in die land. Hierdie demografi ese faktore beïnvloed die samestelling van die bevolking in die land.

19
New cards

Ekonomiese misdaad

Ook bekend as witboordjie misdaad, en sluit kriminele aktiwiteite in soos die ongemagtigde gebruik van geld wat nie aan ‘n persoon behoort nie.

20
New cards

Etiese wangedrag

Gedrag deur die werknemers van ‘n besigheid wat nie in ooreenstemming is met die waardes van die besigheid nie.

21
New cards

Seksuele teistering

Onwelkome en ongewenste optrede van ‘n seksuele aard teenoor ‘n ander persoon in.

22
New cards

Korrupsie

Enige daad van oneerlikheid soos omkopery/diefstal/ samespanning/”kickbacks”.

23
New cards

Wanbestuur van fondse

Die verkeerde gebruik van fondse – byvoorbeeld onregmatige uitgawes – wat nie aan die persoon/werknemer behoort nie.

24
New cards

Bevolkingsgroei

Die persentasie verandering in die bevolking as gevolg van geboortes, sterftes en verskuiwing na ander lande.

25
New cards

Ongeletterdheid

Mense wat nie kan lees of skryf nie.

26
New cards

Gebrek aan vaardighede

In sommige rigtings soos onderwys, medies, ingenieurs en die finansiële sektor, word ernstige tekorte aan opgeleide werkers ervaar.

27
New cards

Onbeskikbaarheid van natuurlike hulpbronne

Olie, steenkool, water en goud is voorbeelde van natuurlike hulpbronne. Hierdie hulpbronne word toenemend skaars.

28
New cards

Uitgeput

Alles is opgebruik

29
New cards

Ondoeltreffende in gebruik van natuurlike hulpbronne

Kom voor wanneer die aantal produkte wat geproduseer word, minder is as die maksimum moontlike uitset van goedere en dienste bo die inset van die hulpbronne.

30
New cards

Storting (dumping)

Kom voor wanneer ‘n land of maatskappy produkte uitvoer teen pryse wat laer is as die internasionale invoermarkprys en laer as die pryse wat in die uitvoerland se plaaslike mark gehef word.

31
New cards

Uitputting van natuurlike hulpbronne

Verwys na die oor-aanwending van natuurlike hulpbronne wat kan lei tot uitputting van hierdie hulpbronne.

32
New cards

Stakings

‘n Gesamentlike georganiseerde aksie deur werknemers en hul vakbondverteenwoordigers waarin hulle aktiwiteite staak, om sodoende te probeer om werkgewers te dwing om aan hul eise te voldoen.

33
New cards

Verpligtend

Noodsaaklik vir (iemand) as ‘n plig of verantwoordelikheid

34
New cards

Nywerheidsverhoudinge

Verwys na die verhoudinge tussen ‘n werkgewer en werknemers. In hierdie verhoudinge word besighede gelei deur die Wet op Arbeidsverhoudinge (no 66 van 1995).

35
New cards

Sloerstakings

‘n Sloerstaking is ‘n vorm van nywerheidsaksie waar werkers doelbewus die werk of progressie vertraag as ‘n vorm van protes.

36
New cards

Uitsluitings

‘n Uitsluiting vind plaas wanneer die werkgewer die stakende werknemers verhoed om die besigheidsperseel binne te kom.

37
New cards

Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (No. 66 van 1995)

Wetgewing soos die WAV is ingestel om regverdige arbeidspraktyke in die werkplek te verseker.

38
New cards

Vakbonde

‘n Vereniging wat gevorm word deur werkers om hulle regte in die werkplek te beskerm.