1/18
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced |
---|
No study sessions yet.
Gee 'n moontlike rede waarom die digter die gedig aan sy dogter, Liebet, opgedra het.
Liebet is 'n tienermeisie en die gedig se lirieke herinner moontlik die spreker aan sy dogter.
In versreëls 1 - 2 sê die skrywer: "jy herhaal haar woorde van melancholie". Na wie dink jy verwys "jy" in die aanhaling (volgens wat ons in die agtergrondinligting gelees het)?
Die "jy" verwys na Liebet, die spreker se dogter.
In versreëls 1 - 2 sê die skrywer: "jy herhaal haar woorde van melancholie". Na wie verwys "haar"?
"Haar" verwys na Taylor Swift.
In versreëls 1 - 2 sê die skrywer: "jy herhaal haar woorde van melancholie". Na watter "woorde" word hier verwys?
Die woorde verwys na die lirieke van die liedjie / The best day.
Met watter emosie assosieer jy "melancholie"?
Swaarmoedigheid
As 'n mens iets "vir die hoeveelste keer" doen, doen jy dit?
Herhaaldelik
Hoekom, dink jy, word die woord "weer" as 'n alleenstaande versreël gebruik?
Dit beklemtoon hoe baie of gereeld Liebet na die liedjie luister.
Watter enkele woord verwys na die tyd wanneer die meisie se skooldag verby is?
nou
Hoekom is pouse nie 'n tyd waarna die meisie by die skool uitsien nie?
Liebet het nie vriende by die skool nie. Sy is alleen.
Watter tegniek gebruik die digter om die meisie se eensaamheid by die skool aan te dui?
Die digter gebruik alleenplasing van die woord "alleen".
Haal die woord aan wat beteken dat die lirieke die hele dag deur die meisie se gedagtes maal.
"draal"
Watter aanduiding kry ons dat die meisie baie moeg is wanneer sy smiddae tuiskom?
Ná skool val Liebet op haar bed neer as sy tuiskom en skop haar skoene uit.
Gee 'n sinvolle verduideliking waarom die meisie se skooluniform as "taai van skool" beskryf word.
Liebet kan nie die ongelukkigheid en alleen-wees van skool afskud nie. Dit kleef vas aan haar. / Miskien voel Liebet sweterig van die hele dag by die skool wees.
Vanaf reël 16 tot reël 19 is daar tekens van progressie in die meisie se gemoedstoestand. Verduidelik hierdie stelling kortliks.
Liebet gee uiting aan haar emosies van sag na hard. Die uiting aan haar emosie neem toe in intensiteit. Emosionele progressie.
Wat sien die meisie wanneer sy in die spieël kyk?
Liebet kyk in die spieël en sien dieselfde trane in haar oë soos haar pa s'n. Haar pa ervaar dieselfde emosie (hartseer).
Gee 'n sinvolle verklaring vir die slotreël van die gedig.
Die slotreël is 'n sterk metafoor. Bome simboliseer standvastigheid. Hulle moet hul blare verloor voordat huule in 'n nuwe seisoen kan gaan. So ook ontgroei mense lewensfases. Die meisie moet haar jong kinderwêreld agterlaat om die nuwe seisoen van die grootmenswêreld in te gaan.
Hierdie gedig is in vrye vers geskryf. Watter eienskappe van vrye vers kry ons in die gedig? Noem enige TWEE eienskappe.
Hierdie vrye vers is funksioneel omdat dit die vrye, chaotiese aard van tieneremosies beklemtoon.
Watter woord dui die wending in die gedig aan?
"want"
Hoekom kan dit as 'n wending of keerpunt beskou word?
Dit dui die werklike rede vir Liebet se ongelukkigheid aan.