1/4
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Die gebruik van impressionisme in Debussy se komposies
Die werke van Claude Debussy word as impressionisties gereken omdat dit ooreenstemmende eienskappe met skilderye in hierdie styl toon.
Impressioniste het kleur gebruik om vorms te suggereer en nie realisties geteken nie. Die "harde" buitelyne van voorwerpe word weggelaat.
Debussy het ook die lyne van musiek in die melodie of harmonie laat vervaag. Die effek daarvan is 'n dromerige vaagheid.
Hy gebruik vae motiewe en suggereer 'n melodie eerder as om dit duidelik te omlyn.
Net soos daar in skilderye totaal onverwagse kleure gebruik word, gebruik Debussy klanke wat nooit voorheen gebruik is nie. Dit bereik hy deur totaal nuwe akkoorde te skep.
Part 2
Hy verkies om met die klein, plooibare vorms van musiek te werk en dit maak sy musiek vaag en delikaat.
Sy werke reflekteer prente soos reën, wolke, mis en sonlig deur die blare.
Ook die tonaliteit is vaag. Hy gebruik die pentatoniese en heeltoontoonlere hiervoor. Ritmes vervaag ook deurdat die maatslag voortdurend verander.
Een van die beroemdste gebruike van Debussy was om akkoorde parallel te laat skuif. Kyk na die voorbeeld hieronder. Die voorkom 'n gevoel van toonsoort.
Voiles, uit Preludes vir klavier
Voiles is 'n karakterstuk vir klavier. Die titel is eers aan die einde van die stuk gegee, wat die luisteraar in staat stel om sy/haar eie opinie te vorm van waaroor die stuk handel. Dit skep egter ook onsekerheid omdat daar 2 betekenisse vir die woord "Voiles" is: Dit word gebruik vir bootseile, asook vir 'n sluier of 'n serp. 'n Amerikaanse danser, Loïe Fuller, wat bekend was vir haar gebruik van serpe as sy dans, het juis in Parys opgetree toe Debussy die stuk gekomponeer het. Nes die gedigte van die simboliste is daar baie interpretasies, en elkeen is geldig.
Part 2
In hierdie klavierwerk het Debussy gebruik gemaak van:
Die heeltoontoonleer op G# om die ligte skommeling van die seile te suggereer.
Gedempte dinamiek
'n matige tempo
'n buigsame ligte ritme
'n trapsgewyse melodie in oktawe
Parallelle akkoorde
Vergrote akkoorde
Chromatiek
Die klavier se demper pedaal word gebruik om langsame vibrasies te skep en sodoende 'n mistige atmosfeer te suggereer
'n lae herhalende B\(\flat \)-pedaalpunt dra by tot die gevoel van beweging
Die pentatoniese toonleer in die middel van die stuk
Luisterdiagram
Eerste idee: 'n Kort melodiese figuur in parallelle derdes (die seile motief), wat eers alleen en dan met begeleiding aangebied word.
Tweede idee: 'n Trapsgewyse melodie in sagte oktawe in 'n lae register.
Derde idee: 'n Figuur wat om die A mol noot draai
Later verskyn die trapsgewyse melodie weer in 'n hoër register, verdubbel deur parallelle akkoorde. Die gebruik van akkoorde wat in parallelle beweging beweeg – met dieselfde akkoordstruktuur wat na verskillende toonhoogtes skuif – is kenmerkend van die impressionistiese styl.
Middel seksie: In die kort middel seksie, word kontras verkry deur 'n verskuiwing van die heeltoontoonleer na die pentatoniese toonleer: Emol – Gmol– Amol – B mol- Dmol
Finale seksie: Die finale gedeelte begin met die terugkeer van die heeltoontoonleer, die trapsgewyse beweging en die seile motief. Die opwaartse melodie word egter nou in die hoër register aangebied in enkel note (eerder as in akkoorde of oktawe). Aan die einde is daar geen gevoel van oplossing nie. Die luisteraar dryf voort in 'n mistige atmosfeer vol van verskillende klankkleure.