1/33
ek wil pass met 100 punte
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced |
---|
No study sessions yet.
Maak ‘n lysie van al die vrae wat die seun aan sy pa vra.
“Hoeveel ekstra vakke, Pa?”
“Dux-leerling? Is dit wat Pa vra?”
“En my siel, Pa, kan ek ‘n klein-klein stukkie terugvra?”
“(Hoeveel) rekords moet ek nog behaal?”
“Hoeveel keer op die rostrum?”
“Hoe hoog moet ek in die lynstaan spring?”
“Is Pa nooit tevrede met die ewebeeld?”
Watter EEN van die vrae is die belangrikste?
“En my siel, Pa, kan ek ‘n klein-klein stukkie terugvra?
Hoe verander diè vraag van die eerste strofe na strofe 2, 3 en 4?
Strofe 1: “En my siel, Pa…”, Strofe 2, 3 en 4: “Maar my siel, Pa…”
Watter verskil in betekenis word veroorsaak deur deur hierdie verandering?
In strofe 1 is die vraag een van baie goed maar in strofes 2, 3 en 4 is dit die ding wat hy die graagste wil hê.
Watter prestasies verwag die pa alles van die seun?
Hy moet ekstra vakke vat
hy moet die Dux-leerling wees
hy moet eerste kom en rekords breek in atletiek
en hy moet die SA-Skolepan en Cravenweek in rugby maak.
Hoekom word hulle almal in die meervoud gegee?
Hy moet soveel as moontlik doen, niks is ooit goed genoeg nie.
Watter EEN WOORD sê vir ons dat die pa die beste prestasie in sy seun se akademie verwag?
Dux-leerling.
Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is? Motiveer jou antwoord deur EEN WOORD uit strofe 1 aan te haal.
Die seun wil die top presteerder in sy klas wees.
Onwaar – “galgtou”
Die standaard Afrikaanse vergelyking sê : “ Dit hang soos ‘n wolk oor my kop”. Hoekom is die uitdrukking “soos ‘n galgtou oor my kop” in die gedig meer effektief?
‘n Galgtou is meer effektief
want die leerder voel hy word versmoor
en hy sal in groot moeilikheid wees as hy nie presteer of doen wat sy pa wil hê hy moet doen nie.
Dit sal wees asof hy dood is as hy sy pa ignoreer.
Oor watter sportsoort handel strofe 2?
Atletiek.
Is die “eerstes by die wenpaal” wat hy wel behaal goed genoeg vir sy pa? Motiveer jou antwoord deur ‘n versreël uit strofe 2 aan te haal
Nee – “rekords moet ek nog behaal”
Watter EEN WOORDJIE in strofe 2 sê vir ons dat die spreker baie rekords behaal het?
“nog”
Verduidelik in jou eie woorde wat ‘n rostrum is.
Die podium waarop atlete wat eerste, tweede en derde gekom het staan om hul medaljes te ontvang.
Haal DRIE APARTE WOORDE uit strofe 3 aan wat vir ons sê dat die seun rugby speel.
S,A,- skolespan”, “Cravenweek”, “lynstaan”.
Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is? Motiveer jou antwoord.
Die seun presteer beter as sy pa op die rugbyveld.
Onwaar – hy het sy pa se Cravenweek geëwenaar OF Waar – Die pa speel Cravenweek-rugby, maar die seun speel S.A.-skole en Cravenweek.
Hoekom beskryf die seun homself as ‘n “Turksvy-kind”?
Hy wil nie toenadering hê nie, hy wil uitgelos wees. Hy is ‘n probleemkind.
Presteer die seun goed op die rugbyveld omdat hy self wil? Motiveer jou antwoord deur ‘n versreël uit strofe 3 aan te haal.
Nee – “om pa eer te bring”.
EEN WOORD sê vir ons dat die seun eintlik maar nes sy pa is. Wat is die woord?
“proto”
Dink jy die seun geniet die feit dat hy nes sy pa is? Skryf ‘n vergelyking uit strofe 4 neer om jou antwoord te bewys.
Nee – “Wat oor my vou soos ‘n donker kleed”.
Kies uit die volgende lysie die woorde wat beskryf hoe die seun eintlik voel.
Ongelukkig, gelukkig, opgewonde, depressief, bly, hartseer.
Ongelukkig, depressief, hartseer.
“ Pa is mos my proto. Ek maar net Pa se foto”. Watter betekenis het die woord mos in die aanhaling?
Dit is ‘n feit, kan nie verander nie.
“ Pa is mos my proto. Ek maar net Pa se foto”.
Van watter woord is proto ‘n verkorting?
Prototype
“ Pa is mos my proto. Ek maar net Pa se foto”.
Hoekom word die hele woord nie gebruik nie?
Dit moet rym met “foto”. Dit word ryndwang genome.
“ Pa is mos my proto. Ek maar net Pa se foto”.
Gee ‘n sinoniem uit die gedig vir die woord “proto”.
“ewebeeld”
Watter dinge in strofe 1 is onnatuurlik
Reën van stof en roet; sterrelose hemel, neonboog
waarom is daar geen sterre sigbaar nie?
daar is te veel beseodeling
wat moet die kind gaan soek
die neonboog
wat sal die kind se beloning wees
hy sal ‘n skatkis daar vind
Wat is onnatuurlik aan die kranse
dit is van beton
haal ‘n woord aan wat wys dat die soektog nie noodwendig suksevol sal wees nie
“dalk”
wat, dink jy, bedoel die spreker met doe eerste reël van strofe 4
‘n mens moet nooit so vasgevang word deur hierdie wêreld dat jy nie gelukkig kan wees ni
dink jy daar is werklik so ‘n “ou-ou” sprokie? motiveer jou antwoord
Nee, want as die sprokie so oud is, kon daar nog nie moderne dinge gewees het nie
waarom dink, jy, moet die kind elke nag die neonboog soek
want al die ligte skyn net in die nag- hy moet dus nooit die vermoë om te kan droom verloor nie.
wat, dink jy is die skat wat doe kind dalk sal vind? Dink jy dis letterlik in “doe land van blou saffiere” en letterlik “ ‘n brokkie son”
Dit is beslis figuurlik- die vermoë om jou drome te verwesentlik en gelukkig te kan wees te midde van ‘n baie besige lewe