DEEL 1: Die Brein

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/56

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Last updated 2:49 PM on 5/29/26
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

57 Terms

1
New cards

Reseptor

Struktuur wat ‘n stimilus ontvang en dit omskakel in ‘n impuls

2
New cards

Effektor

'n Klier of orgaan wat 'n reaksie op 'n stimulus (wat deur die liggaam ontvang is) veroorsaak.

3
New cards

Stimilus

Waarneembare verandering in die inwendige of uitwendige omgewing

4
New cards

Impuls

Om iets van een plek na ‘n ander te stuur

5
New cards

Outonome senuweestelsel

  • Beheer ons onwillekeurige ligaamsfunksies

  • Word verdeel in die parasimpatiese en simpatiese senuweestelsel

6
New cards

Perifere senuweestelsel

Bestaan uit senuwees wat buite die sentrale senuweestelsel (brein en rugmurg) strek

7
New cards

Senuweestelsel vs. endokriene stelsel

  • Die senuweestelsel, wat uit senuwees bestaan, reageer vinnig op stimuli,

  • Die endokriene stelsel, wat hormone via die bloedstroom vrylaat, stadiger reageer.​

8
New cards

Kranium

Deel van die skedel wat die brein omsluit en beskerm

9
New cards

Meninges

Beskermende membrane wat die brein en rugmurg omring

10
New cards

Serebrospinale vloeistof

Vloeistof rondom die brein en rugmurg wat help met beskerming

11
New cards

Grysstof

Deel van brein en rugmurg, bestaan uit selliggame en dendriete

12
New cards

Witstof

Deel van brein en rugmurg, bestaan uit gemedulleerde aksons

13
New cards

Neuron

Gespesialiseerde senuweeselle wat senu-impulse gelei

14
New cards

Dendriete

Vesels wat impulse na die selliggaam van ‘n neuron gelei

15
New cards

Senuwee

Bondel neurone

16
New cards

Sinapse

Die gaping tussen die akson van een neuron en die dendriete van ‘n ander (opeenvolgende) neuron

17
New cards

Neuro-oordraer

  • Senuwee oordragstof

  • Chemiese stowwe wat impulse oor ‘n sinaps dra

18
New cards

Homeostase

Die neiging van lewende organismes om ‘n konstante interne omgewing te handhaaf, binne nou grense, ten spyte van veranderinge in die eksterne omgewing

19
New cards

Alzheimer se siekte

Siekte wat veroorsaak word deur senuwee-versteurings, gewoonlik by ouer mense, en wat gekenmerk word deur geheueverlies en verwarring

20
New cards

Veelvuldige sklerose

Siekte wat veroorsaak word deur skade aan die milienskedes van neurone en wat gekenmerk word deur fisiese en verstandelike gestremdhede

21
New cards

Sentrale senuweestelsel

Bestaan uit die brein en die rugmurg

22
New cards

Perifere senuweestelsel

  • Bestaan uit die kraniale senuwees en spinale senuwees (senuwees wat buite die sentrale senuweestelsel strek)

  • Bestaan uit ‘n outonome deel (onwillekeurig), en ‘n somatiese deel (willekeurig)

23
New cards

Waardeur word die brein beskerm? (3)

  1. Benige kranium

  2. 3 Membrane, meninges (breinvliese)

  3. Omsluit deur serebrospinale vloeistof

24
New cards

  Serbrum - Struktuur

  • Grootste deel

  • 2 hemisfere (linker en regter) verbind deur corpus callosum

25
New cards

Serebrum - Funksies (3)

  1. Beheer willekeurige funksies (loop, praat, skryf)

  2. Ontvang en interpreteer gewaarwordings/sensasies vanaf sintuigorgane (gehoor, sig, gevoel, smaak, reuk)

  3. Hoer denkprosesse (geheue, intelligensie redenasie-vermoe)

26
New cards

Corpus callosum - Struktuur en Funksie 

  • Verbind 2 hemisfere

  • Maak kommunikasie tussen die twee helftes van brein moontlik

27
New cards

Serebellum - Struktuur

  • Tweede grootste deel van brein

  • Le onder en agter die serebrum

28
New cards

Serebellum - Funksies (3)

  1. Koordineer die skeletspiere om balans te handhaaf tydens beweging (loop/hardloop)

  2. Handhaaf balans en postuur (liggaamshouding)

  3. Handhaaf spiertonus

29
New cards

Medulla Oblangata - Struktuur

  • Onderste deel van die brein

  • Vorm uiteindelik die rugmurg

30
New cards

Medulla Oblangata - Funksies (3)

  1. Beheer asemhaling, peristalse, hartklop, slukproses

  2. Gelei impulse van die rugmurg na die brein

  3. Beheer minder belangrike reflekse: oogknip, hoes, nies, vasodialise, vasokonstriksie en speekselproduksie

31
New cards

Hipotalamus - Struktuur en Funksie

  • ‘n Klein deel van die brein net bokoant die pituitere klier

  • Die beheersentrum vir dinge soos honger, dors, slaap, liggaamstemperatuur, emosies

32
New cards

Waardeur word die rugmurg beskerm? (3)

  1. 33 been werwels met kraakbeenskyfies tussein wat skok absorbeer

  2. 3 meninges (rugmurgvliese)

  3. Serebrospinale vloeistof

33
New cards

Rugmurg - Struktuur

  • Waaruit bestaan dit?

  • Tot waar strek dit?

  • Hoe word 31 rugmurgsenuwee verbind met rugmurg?

  • Hoe kom rugmurgsenuwee in/uit?

  • Bestaan uit delikate senuweestelsel wat nie regenereer nie

  • Strek vanaf die medulla oblangata tot in die lumbale streek by die laer rug

  • 31 paar rugmurgsenuwees verbind aan die rugmurg deur openinge tussen die werwels

  • Rugmurgsenuwee kom in deur ‘n dorsale wortel en verlaat deur ‘n ventrale wortel

34
New cards

Funksies van rugmurg (2)

  1. Gelei impulse vanaf die reseptor na die brein en vanaf die brein na effektore

  2. Bevat reflekssentrums wat outomaties funksioneer om liggaam te beskerm

35
New cards

Neurone - Verskillende dele se funksies

  • Dendriet

  • Sellligaam met selkern

  • Akson

  • Mielienskede

 

  • Dendriet: Gelei impulse na die selliggaam

  • Selliggaam met selkern: Beheer die metabolisme van die sel

  • Akson: Gelei impulse weg van die selliggaam

  • Milienskede: Isoleer akson en versnel die geleiding van impulse. Neurilemma membraan omsluit milienskede en help beskadigde neurone herstel

36
New cards

3 Soorte neurone

  1. Sensoriese neurone: Reseptor na Sentrale Senuweestelsel

  2. Interneuron: Verbind sensories en motories

  3. Motoriese neurone: Sentrale Senuweestelsel na effektore

37
New cards
  • Tipe neuron

  • Funksie

  • Sensoriese neuron

  • Reseptor na Sentrale Senuweestelsel

38
New cards
  • Tipe neuron

  • Funksie

  • Interneuron

  • Verbind sensoriese en motoriese neuron

39
New cards
  • Tipe neuron

  • Funksie

  • Motoriese neuron

  • Sentrale Senuweestelsel na effektore

40
New cards

Wat is ‘n sinapse?

Funksionele verbinding tussen die akson van een neuron en die dendriete van daaropvolgende neuron

41
New cards

Hoe word ‘n sinapse verbinding gevorm?

Die verbinding word gemaak deur senuwee-oordragstowwe (neuro-oordragstowwe), wat chemiese stowwe is wat oor die gaping tussen die akson en dendriete beweeg om die impuls oor te dra.

42
New cards

Hoekom is sinapse belangrik? (3)

  1. Verseker eenrigting beweging van impulse

  2. Voorkom aanhoudende stimulering van die neurone

  3. Verseker dat die impuls van die sensoriese neuron na die motoriese neuron oorgedra word

43
New cards

Refleksaksie def.

  • Vinnige, outomatiese respons op ‘n stimulus

  • Voorbeelde: knie-ruk, nies en die vinnige beweging van ‘n liggaamsdeel weg van gevaar in reaksie op pyn.

44
New cards

Refleksboog def.

Die pad waarlangs 'n senuwee-impuls beweeg in reaksie op 'n stimulus om 'n refleksaksie te veroorsaak

45
New cards

Verduidelik die verskil tussen ‘n refleksaksie en ‘n refleksboog

  1. ‘n Refleksaksie is ‘n vinnige, outomatiese respons op ‘n stimulus bv. ‘n nies

  2. Terwyl, ‘n Refleksboog die pad beskryf waarlangs 'n senuwee-impuls beweeg (in reaksie op 'n stimulus) om 'n refleksaksie te veroorsaak

  3. Die verskil is dat die refleksaksie die reaksie self is (bv. ‘n nies), terwyl die refleksboog die neurale roete is wat die impulse volg om die refleksaksie te veroorsaak

  • Aksie = uitkoms.

  • Boog = pad daarheen.

46
New cards

Hoekom is ‘n refleksaksie belangrik?

Dit maak ‘n vinnige respons moontlik, sonder om daaroor te dink, sodat skade aan die liggaam verhoed kan word

47
New cards

Refleksaksie wat aan ‘n warm pot raak (6)

  1. Die stimulus word deur reseptore waargeneem en omgeskakel in ‘n senuweeimpuls.

  2. Die senuwee-impuls word langs ‘n sensoriese senuwee deur die dorsale wortel na die rugmurg gelei.

  3. Die impuls word van die sensoriese neuron na ‘n interneuron in die rugmurg gelei.

  4. Die impuls word van die interneuron na ‘n motoriese neuron in die rugmurg gelei.

  5. Die impuls verlaat die rugmurg deur die ventrale wortel en word langs die akson van ‘n motoriese neuron gelei na die effektororgane (spiere; dit laat die spiere in die arm saamtrek.

  6. Die hand word vinnig van die stimulus weggetrek.

48
New cards

Struktuur van die Periferere Senuweestelsel

  • 12 Paar kraniale- of kopsenuwees wat met die brein verbind is

  • 31 Paar spinale of rugmurgsenuwees wat met die rugmurg verbind is

49
New cards

Waaruit bestaan die Perifere senuweestelsel? (2)

Bestaan uit 2 dele:

  1. Somatiese senuweestelsel (willekeurige spiere beheer)

  2. Outonome senuweestelsel (onwillekeurige spiere beheer)

50
New cards

Somatiese Senuweestelsel - Funksies (2)

  1. Beheer willekeurige (skelet) spiere.

  2. Stel liggaam instaat om op veranderinge in UITWENDIGE omgewing te reageer

51
New cards

Outonome Senuweestelsel (2)

  1. Beheer onwillekeurige handelinge

  2. Stel liggaam in staat om vinnig op INWENDIGE omgewing te reageer = Homestase word gehandhaaf

52
New cards

Waarin word die Outonome Senuweestelsel verdeel en wat is hierdie dele se funksies?

  1. Simpatiese senuweestelsel: Verantwoordelik vir veg-of-vlug funksie in noodsituasies

  2. Parasimpatiese senuweestelsel: Keer liggaam terug na normaal na noodsituasie

53
New cards

Slegs A/Slegs B/Beide A en B: Elke orgaan in die mens se liggaam is verbind met watter tipe senuwees?

  • A: Simpaties

  • B: Parasimpaties

Beide A en B

54
New cards

Simpaties vs Parasimpaties

Simpaties:

  • Versnel die harttempo

  • Laat bloedvate in die vel saamtrek (Vasokonstriksie)

  • Verhoog bloeddruk

  • Brongiole verwyd

  • Peristalse neem af

  • Laat die wand van die blaas ontspan

  • Stimuleer sweetafskeiding

  • Pupille verwyd

  • Stimuleer afskeiding van adrenalien

Parasimpaties

  • Vertraag die harttempo

  • Bloedvate in die vel verwyd (Vasodialise)

  • Verlaag bloeddruk

  • Brongiole vernou

  • Peristalse neem af

  • Laat die wand van die blaas saamtrek

  • Stimuleer nie sweetafskeiding nie

  • Pupille vernou

  • Stimuleer nie die afskeiding van adrenalien nie

55
New cards

Alzheimer se siekte

  • Wat is dit?

  • Wat is die simptome en wanneer verskyn hierdie simptome gewoonlik?

  • Geneesmiddel?

  • Oorsake?

  • Neurodegeneratiewe siekte - progressiewe breinseldood oor tyd

  • Geheueverlies en verwarring, meeste gevalle verskyn simptome na ouderdom 60 (soms so jonk soos 40 jaar)

  • Huidiglik geen geneesmiddel nie, slegs behandeling vir simptome

  • Siekte is omomkeerbaar en oorsake onbekend

56
New cards

Veelvuldige sklerose

  • Wat is dit?

  • Wat is die simptome en wanneer verskyn hierdie simptome gewoonlik?

  • Geneesmiddel?

  • Oorsake?

  • Immuunstelsel val die milienskedes (om neuron) aan en verhoed behoorlike funksionering

  • Verlies van spraak en visie, sukkel om te loop, pyn, moegheid en geheueverlies, affekteer tussen die ouderdomme van 20 en 40

  • Geen geneesmiddel nie, slegs behandeling vir simptome

  • Oorsake onbekend

57
New cards

Besering:

  • Oorsake?

  • Wat affekteer breinbeserings?

  • Waarna lei breinbeserings?

  • Beskadigde rugmurg

  • Beskadige senuweestelsel

  • Geneesmiddels?

  • Baie verskillende oorsake, mees algemeen is motorvoertuigongelukkige

  • Beweging, geheue en spraak - Afhangende van deel van brein wat beskadig is

  • Lang termyn geestesgesondheidskwessies

  • Beskadigde rugmurg: Kan lei tot verlamming en verloor van gevoel onder die besering

  • Beskadigde senuweestelsel: Kan nie herstel nie. Behandeling sluit in gereelde arbeids en fisioterapie

  • Stamselterapie kan moontlik in die toekoms aangewend word om rugmurgbeserings, en degeneratiewe siektes soos veelvuldige sklerose en Parkinsons se siekte te herstel.