Siektes veroorsaak deur mikroörganismes

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/35

flashcard set

Earn XP

Description and Tags

Oefen flitskaarte oor siektes wat deur mikroörganismes veroorsaak word, MIV/Vigs, tuberkulose en malaria.

Last updated 12:37 PM on 6/15/25
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

36 Terms

1
New cards

Wat is die oorsaak van M.I.V./Vigs?

Word veroorsaak deur 'n virus, die menslike immuniteitsgebreksvirus.

2
New cards

Wat is die oorsaak van tuberkulose?

Word veroorsaak deur 'n bakterie, Myobacterium tuberculosis.

3
New cards

Wat is die oorsaak van malaria?

Word veroorsaak deur 'n protist, Plasmodium falciparum.

4
New cards

Wat is Vigs?

Verworwe immuniteitsgebreksindroom; 'n seksueel oordraagbare siekte.

5
New cards

Watter selle infekteer MIV?

Selle van die menslike immuunstelsel, spesifiek die CD₄-selle.

6
New cards

Wat is die effekte van MIV/Vigs op die menslike liggaam?

Herhaalde koorsblaarinfeksies, velinfeksies, langdurige koors, opportunistiese infeksies.

7
New cards

Wat gebeur met die CD4-telling by MIV/Vigs?

CD₄-telling neem af en immuunsisteem verswak.

8
New cards

Gee voorbeelde van opportunistiese infeksies as gevolg van MIV/Vigs.

Longontsteking en tuberkulose (TB).

9
New cards

Noem die effekte van MIV/Vigs op kinders en families.

Broodwinner sterf, kinders word wees gelaat en van hul broers en susters geskei.

10
New cards

Watter ouderdomsgroep word die meeste deur MIV/Vigs getref?

Tref mense in hul mees produktiewe ouderdom (20-40 jaar).

11
New cards

Wat is die effek van MIV/Vigs op Suid-Afrika se ekonomie?

Drastiese afname in die mynbedryf se arbeidsmag, uitgawes vir mediese sorg en medikasie.

12
New cards

Hoe kan MIV/Vigs bestuur word?

Voorsorgmaatreëls tref om infeksie te vermy; siekte bestuur deur die regte medikasie en leefstylveranderinge.

13
New cards

Wat is die behandeling vir MIV/Vigs?

Antiretrovirale middels (ARV’s).

14
New cards

Hoe werk ARV's?

Verlaag die virale lading en gee die immuunstelsel kans om te versterk.

15
New cards

Hoe kan MIV/Vigs voorkom word?

Bewusmaking, veilige seks, vermy direkte kontak met bloed, vermy alkohol- en dwelmmisbruik.

16
New cards

Deur watter bakterie word TB veroorsaak?

Myobacterium tuberculosis.

17
New cards

Watter deel van die liggaam affekteer TB hoofsaaklik?

Longe.

18
New cards

Wat is die simptome van TB?

Aanhoudende hoes, moegheid, gewigsverlies, borspyn en bloed in slym.

19
New cards

Wat is die effekte van TB op die gesin en gemeenskap?

TB-pasiënt kan 3 tot 6 maande se inkomste verloor, armoede neem toe, stigma kleef aan die siekte.

20
New cards

Is TB geneesbaar, en wat behels die behandeling?

TB is 'n geneesbare siekte; behandeling behels 'n aggressiewe kursus antibiotika.

21
New cards

Wat is DOTS-programme?

Gesondheidswerker monitor pasiënt en maak seker hy voltooi sy kursus antibiotika.

22
New cards

Hoe kan TB voorkom word?

Opvoeding oor verspreiding, higiëniese toestande, behandeling direk na diagnose, inenting van babas.

23
New cards

Wat is middelweerstandige TB?

Reageer nie op medikasie nie.

24
New cards

Wat is die mees algemene opportunistiese infeksie by MIV/Vigs?

TB.

25
New cards

Deur watter protist word malaria veroorsaak?

Plasmodium falciparum.

26
New cards

Deur watter muskiet word malaria oorgedra?

Anophelus wyfiemuskiet.

27
New cards

Wie is die primêre en sekondêre gasheer van malariaparasiet?

Muskiet is die primêre gasheer en die mens is die sekondêre gasheer.

28
New cards

Wat is 'n vektor?

Dra 'n patogeen van een gasheer na 'n ander.

29
New cards

Wat is die simptome van malaria?

Koors, hoofpyn, gewrigspyne en braking.

30
New cards

Wat kan gebeur as rooibloedliggaampies bars tydens malaria?

Anemie (bloedarmoede).

31
New cards

Wat is die effek van malaria op die ekonomie?

Verlies aan inkomste lei tot verdere verarming van die gesin en familie.

32
New cards

Hoe kan malaria bestuur word?

Binnemure word met DDT bespuit, muskietnette met insekdoder, profilaktiese medikasie.

33
New cards

Wat is candidiase/sproei?

Swaminfeksie wat deur verskeie Candida-spesies veroorsaak word.

34
New cards

Noem toestande wat Candida gevalle laat toeneem.

Warm, vogtige toestande, oormatige gebruik van antibiotika, verswakte immuunsisteem, swak dieet, hoë stresvlakke.

35
New cards

Wat is die effek van candidiase/sproei op die liggaam?

Vaginale swaminfeksie en mondsproei.

36
New cards

Hoe kan candidiase/sproei behandel word?

Verbeterde higiëne en die gebruik van probiotika.