Siektes veroorsaak deur mikroörganismes

Siektes veroorsaak deur mikroörganismes

  • M.I.V./Vigs:
    • Veroorsaak deur ‘n virus, die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV).
  • Tuberkulose:
    • Veroorsaak deur ‘n bakterie, Myobacterium tuberculosis.
  • Malaria:
    • Veroorsaak deur ‘n protist, Plasmodium falciparum.

MIV/Vigs

  • Vigs (verworwe immuniteitsgebreksindroom) is ‘n seksueel oordraagbare siekte.
  • Word deur die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) veroorsaak.
  • Virus infekteer CD₄-selle van die menslike immuunstelsel.
  • Virus vermeerder en vernietig die CD₄-selle.
  • Verswak die immuunsisteem.
  • Maak die mens meer vatbaar vir ander siektes.

Effekte van MIV/Vigs op die menslike liggaam

  • CD₄-telling neem af en immuunsisteem verswak.
  • Herhaalde koorsblaarinfeksies.
  • Velinfeksies.
  • Langdurige koors.
  • Opportunistiese infeksies soos longontsteking en tuberkulose (TB).
  • Finale fase staan bekend as Vigs en seldsame siektes en kankersoorte kom nou voor.
  • Persoon sterf gewoonlik tydens die finale fase a.g.v. ‘n opportunistiese infeksie.

Effekte van MIV/Vigs op kinders en families

  • Broodwinner sterf en die gesin het geen inkomste.
  • Albei ouers sterf en die kinders word wees gelaat.
  • Kinders word van hulle broers en susters geskei.

Effekte van MIV/Vigs op die SA ekonomie

  • Tref mense in hul mees produktiewe ouderdom (20-40 jaar).
  • Drastiese afname in die mynbedryf se arbeidsmag.
  • Uitgawes vir mediese sorg en medikasie.
  • Indirekte koste sluit in:
    • Verlore tyd a.g.v. siekte.
    • Rekrutering- en opleidingskoste om werkers te vervang.
    • Onkoste vir die sorg van Vigs-wesies.

Bestuur van MIV/Vigs

  • Is van groot belang dat ‘n persoon sy/haar MIV-status weet.
  • Indien negatief kan voorsorgmaatreëls getref word om infeksie te vermy.
  • Indien positief kan die siekte bestuur word deur die regte medikasie te neem en leefstylveranderinge aan te bring.

Behandeling van MIV/Vigs

  • Geen geneesmiddel vir MIV/Vigs nie.
  • Antiretrovirale middels (ARV’s) verlaag die virale lading en gee die immuunstelsel kans om te versterk.
  • Versterk die immuunsisteem.
  • Behandel algemene en opportunistiese infeksies.

Voorkoming van MIV/Vigs

  • Bewusmaking en opvoeding in die voorkoming van MIV-infeksie.
  • Beoefen beskermde, veilige seks.
  • Vermy direkte kontak met bloed.
  • Vermy alkohol- en dwelmmisbruik wat tot roekelose seksuele aktiwiteit kan lei.

Tuberkulose (TB)

  • Word veroorsaak deur die bakterie, Myobacterium tuberculosis.
  • Affekteer hoofsaaklik die longe.
  • Bakterieë word in die lug vrygestel deurdat die geïnfekteerde persoon hoes, nies of spoeg.

Effekte van TB op die menslike liggaam

  • TB-bakterieë word ingeasem, vermeerder en veroorsaak ontsteking in die longe.
  • Indien die immuunsisteem verswak, kan dit tot aktiewe TB ontwikkel.
  • Simptome sluit in:
    • Aanhoudende hoes.
    • Moegheid en tamheid.
    • Gewigsverlies.
    • Borspyn.
    • Bloed in slym wat opgehoes word.

Effekte van TB op die gesin en gemeenskap

  • TB-pasiënt kan tussen 3 tot 6 maande se inkomste verloor deurdat hy nie kan werk nie.
  • Broodwinner sterf en armoede neem toe.
  • Daar kleef ‘n stigma aan die siekte TB.
  • Onbehandelde TB-pasiënte kan gesinslede en mense in die gemeenskap aansteek.

Behandeling van TB

  • TB is ‘n geneesbare siekte.
  • Behandeling behels ‘n aggressiewe kursus antibiotika.
  • Probleem is dat pasiënte hul medikasie staak sodra hulle beter voel.
  • Pasiënt raak na ’n tyd weer siek en is weer aansteeklik.
  • TB-bakterieë kan dan weerstandig raak teen die medikasie.
  • Tydens DOTS-programme monitor ’n gesondheidswerker ’n pasiënt en maak seker hy voltooi sy kursus antibiotika.

Voorkoming van TB

  • Mense moet opgevoed en ingelig word oor die verspreiding van TB en die belang van higiëniese toestande soos vars lug, sonskyn en ’n gebalanseerde dieet.
  • Behandeling moet direk na diagnose begin.
  • Babas behoort teen TB ingeënt te word.

Middelweerstandige TB

  • Middelweerstandige TB-bakterieë reageer nie op medikasie nie.
  • Gevolg van swak bestuurde TB-sorg.

TB en MIV/VIGS

  • TB is die mees algemene opportunistiese infeksie.
  • Soos die MI-virus vermeerder en die immuunsisteem al meer verswak, vergroot die kanse dat ’n MIV positiewe persoon TB kan ontwikkel.

Malaria

  • Parasitiese siekte wat deur ’n protist , Plasmodium falciparum, veroorsaak word.
  • Malaria word oorgedra deur die Anophelus wyfiemuskiet.
  • Wanneer die muskiet ’n geïnfekteerde persoon byt, word ‘n klein bietjie bloed opgesuig.
  • Malariaparasiete in die bloed ontwikkel verder in die muskiet se liggaam.
  • Wanneer die muskiet ’n volgende persoon byt, word die parasiete saam met die muskiet se speeksel in die persoon se bloedstroom ingespuit.
  • Muskiet is die primêre gasheer en die mens is die sekondêre gasheer.
  • Muskiet is ook die vektor van die malariaparasiet.
  • Vektor dra ’n patogeen van een gasheer na ’n ander.

Effekte van malaria op die menslike liggaam

  • Parasiete beweeg met die bloedstroom na die lewer waar hulle vermeerder.
  • Nuwe parasiete word in die bloed vrygestel en vermeerder binne die rooibloedliggaampies.
  • Veroorsaak simptome soos koors, hoofpyn, gewrigspyne en braking.
  • Rooibloedliggaampies bars tydens die vermeerdering van die parasiete en kan anemie (bloedarmoede) veroorsaak.
  • By swanger vroue is malaria ’n groot oorsaak van babas met ’n lae geboortegewig en babasterftes.

Effekte van malaria op die ekonomie

  • Behandeling van malaria is duur.
  • Indien die broodwinner siek word of sterf, lei die verlies aan inkomste tot verdere verarming van die gesin en familie.
  • Koste verbonde aan anti-malaria medikasie, instandhouding van mediese sorgsentrums en die voorkoming van malaria is baie groot.

Bestuur van malaria

  • Vernietiging van die vektormuskiete
    • Binnemure van huise in malariastreke word met DDT bespuit.
    • Gebruik van muskietnette wat met insekdoder behandel is.
  • Gebruik van profilaktiese medikasie om siektes te voorkom
    • Weens die hoë koste van profilaktiese medikasie asook die negatiewe effekte van langtermyngebruik, is die gebruik daarvan nie prakties vir permanente inwoners van malariastreke nie. Dit word beperk tot korttermyn besoekers aan die area.

Candidiase/sproei

  • Swaminfeksie wat deur verskeie Candida-spesies veroorsaak word.
  • Toestande wat Candida gevalle laat toeneem:
    • Warm, vogtige toestande
    • Oormatige gebruik van antibiotika (voordelige bakterieë word vernietig)
    • Verswakte immuunsisteem
    • Swak dieet
    • Hoë stresvlakke

Effek van Candidiase/sproei op die liggaam

  • Vaginale swaminfeksie
  • Mondsproei
  • Verbeterde higiëne en die gebruik van probiotika wanneer langdurige antibiotika gebruik word, los gewoonlik die probleem op