1/66
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
[Hoofstuk 1]: Wat gebeur in Hoofstuk 1?
Abby, Jasper en Henri, gr.11-leerlinge wat mekaar skaars ken, draai stokkies vir LO om by Abby se huis aan 'n Halloween-stalletjie te werk. By Izzie se roomysbussie sien hulle hoe die skoolhoof, Adrianus Vos (Jakkals), vir Izzie koelbloedig doodskiet. Die skoolhoof volg hulle en skiet op hulle. Hulle vlug na 'n boomhuis op 'n leë erf. Jakkals lieg vir buurtwag-lid Johannes dat Abby-hulle vir Izzie geskiet het.
[Hoofstuk 2]: Wat gebeur in Hoofstuk 2?
Die drie sit vas in die boomhuis sonder selfone. Henri kry 'n angsaanval. Hulle dink aan ontsnappingsplanne. Jasper en Abby ontsnap na Jasper-hulle se huis; Henri bly agter. Die polisie kom soek hulle – hulle kruip weg. Jasper se ouers se assistent en Abby se ma word probeer geskakel, sonder sukses. Hulle vermom hulleself met motorfietsklere, laai Henri in die sykar, en vlug na 'n grot in die Magaliesberg.
[Hoofstuk 3]: Wat gebeur in Hoofstuk 3?
By die grot ontdek hulle die boemelaar Koos, wat hulle verwelkom en help. Henri kies vroueklere uit Koos se klerehoop. Koos help hulle om die motorfiets te versteek toe 'n helikopter verbykom. Hulle besluit om die nag by Abby se hardloopklub te slaap. As hulle daarna moet vlug, gaan hulle na Jasper se daggavriend Jonah in Ifafi.
[Hoofstuk 4]: Wat gebeur in Hoofstuk 4?
Hulle arriveer by die atletiekklub waar 'n partytjie is. Hulle wag buite en hoor Alet van Deventer oor hulle skinder. Abby sluit die klub oop met 'n spaarsleutel. Middernag breek 'n gewapende man van die Thabazimbi-atletiekklub in vir 'n trofee. Hy bind Abby en Henri vas en slaan Jasper bewusteloos. Hy val van 'n tafel en word deur 'n gemsbok-jagtrofee se horing deurboor – hy sterf. Hulle vlug na Jonah.
[Hoofstuk 5]: Wat gebeur in Hoofstuk 5?
Hulle ry laat na Hartbeespoort. 'n Polisiekar vra oor Henri se valhelm – Jasper skud hulle af. By Jonah hoor hulle van Jakkals se R15 000-beloning vir hulle arrestasie. Jasper los 'n stemnota vir sy ouers op Jonah se foon – Jonah moet dit eers die volgende oggend stuur. Jonah wil hulle verraai vir die geld. Jasper slaan hom bewusteloos.
[Hoofstuk 6]: Wat gebeur in Hoofstuk 6?
Hulle vasstel Jonah lewe nog. 'n Lykswa stop oorkant die pad – Henri herken die bestuurder, Scooby Jabulani, 'n klasmaat. Hulle kruip agterin weg. Jasper stuur die stemnota vanaf Jonah se foon en gooi die foon uit die venster. Die polisie stop die lykswa by 'n padblokkade maar sien hulle nie. By die begrafnisonderneming ontdek Scooby hulle. Henri smeek hom om hulp; Scooby beloof om nie die polisie te bel nie. Hulle slaap in doodskiste.
[Hoofstuk 1]: Wie is Abby (Abigail Mynhardt)?
Kwaad en gefrustreerd – haar pa het die gesin verlaat. Deel van die cool meisies maar pas nie regtig in nie. Prakties; geen grimering of mooi rokkies. Haat onregverdigheid. Langafstandloper en atletiekster. Woon in Magaliesberg Eco Village.
[Hoofstuk 1]: Wie is Abby se pa (Neels Mynhardt)?
Versekeringsagent. Sterk; het Abby altyd veilig laat voel. Bedryf 'n hondresalon (Pets Pamper) uit die garage.
[Hoofstuk 1]: Wie is Abby se ma?
Wou alles doen wat haar man van haar verwag het. Doen huiswerk en twee werke.
[Hoofstuk 1]: Wie is Mienke?
Abby se sussie. Kry angsaanvalle nadat haar pa die gesin verlaat het.
[Hoofstuk 1]: Wie is Jasper Backhaizen?
Donkerkop; cool; vinnige humeur; vol energie. Meisies hou van hom. Stoutseun-beeld. Woon in Magaliesberg Eco Village. Speel rekenaarspeletjies. Sy ouers is albei ingenieurs.
[Hoofstuk 1]: Wie is Henri van Leempte?
Gay kleurlingseun. Flambojant, dramaties, spraaksamerig (bubbly). Nuuskierig; goed ingelig. Woon in Magaliesberg Eco Village. Kunsstudent.
[Hoofstuk 1]: Wie is Adrianus Vos (Jakkals)?
Skoolhoof. Gewelddadig; vertel leuens; skelm. Kaal kop met rooi litteke. Was in Koevoet – spesiale weermageenheid.
[Hoofstuk 1]: Wie is Juffrou Makou?
Baie oud; Afrikaanse digter (poet). Lewensoriëntering-onderwyser. Daag kinders uit om oor ernstige probleme te skryf.
[Hoofstuk 1]: Wie is Johannes?
Lid van die buurtwag (neighbourhood watch). Goddeloos; grillerig; ruik na knoffel. Homofoob. LĂŞ aan (flirt) by Abby se ma.
[Hoofstuk 1]: Wie is Izzie?
Roomysverkoper. Was in die weermag. Kriminele rekord; tronkvoël. Ly aan PTSD. Verkoop dwelms aan skoolkinders.
[Hoofstuk 2]: Wie is Jasper?
Sy brein maak planne; kan leiding neem en kalm bly. Stoutseun-beeld is net 'n masker. Stres → rook dagga. Al gevang vir diefstal. Dink meisies is ingewikkeld.
[Hoofstuk 2]: Wie is Jasper se ouers?
Afwesig; sluit hom uit (exclude). Gaan op motorfietsritte oor naweke – nooi hom nooit saam nie.
[Hoofstuk 2]: Wie is Monica?
Jasper se ouers se sekretaresse. Koud; professioneel; lojaal teenoor sy ouers. Vertrou nie vir Jasper nie.
[Hoofstuk 2]: Wie is Henri?
Kry angsaanvalle. Goed-gemanierd; nie 'n kansvatter nie. Alleenloper; onafhanklik. Wil eendag 'n Broadway-ster word. Kunswerke is ekspressionisties en vry.
[Hoofstuk 2]: Wie is Henri se pa?
Kolonel in die weermag (army). Homofoob – verwerp Henri. Sou Henri net aanvaar as hy macho en spiere gehad het.
[Hoofstuk 2]: Wie is Henri se ma?
Aanvaar Henri soos hy is. Bang vir Henri se pa as hy kwaad is.
[Hoofstuk 2]: Wie is Abby?
Pro-aktief. Lank en aantreklik. Praat nie graag oor haar gevoelens nie. Boekwurm.
[Hoofstuk 2]: Wie is Bartlo Bekker?
Rugbyspeler in gr.11 – sit langs Abby in Wiskunde. Ongesofistikeerd; macho. Gebruik meisies. Ruik na sweet.
[Hoofstuk 2]: Wie is Die skoolhoof (Jakkals)?
Korrup. Streng by die skool; 'n buffel. Was voorheen in die weermag.
[Hoofstuk 2]: Wie is Siena?
Werk vir Abby se ma in die hondesalon.
[Hoofstuk 3]: Wie is Henri?
Brein vries onder druk; raak gou paniekerg. Empatie met mense. Alleenloper – bang vir verwerping en boelies. Moed en deursettingsvermoë; is wie hy is. Hou van ete, moderne geriewe, kookprogramme. Was pokkeltjie (chubby) in laerskool. Doen klopdanse (tap dancing). Dra soms vroueklere.
[Hoofstuk 3]: Wie is Henri se twee broers?
Homofobies. Woon in Pretoria. Sou Henri eerder in die tronk wil sien as om hom te help.
[Hoofstuk 3]: Wie is Henri se ma?
Beskerm hom; glo in hom. Sal egter doen wat Henri se pa van haar verwag.
[Hoofstuk 3]: Wie is Henri se pa?
Vat beheer in die huis met 'n militĂŞre ysterhand (iron fist). Beheer al die geld. Het Henri nie uit die huis geskop nie.
[Hoofstuk 3]: Wie is Jasper?
Veg-en-vlug is tweede natuur. Traak-my-nie-agtig. Rook skelm dagga. Verf donker skilderye. Al in die moeilikheid by die polisie. Sy ouers sien hom nie raak nie.
[Hoofstuk 3]: Wie is Abby?
Veg-en-vlug instink. Prakties; soek oplossings. Steek haar ware identiteit weg. Hanteer woede met atletiek. Slaan haar kuns stukkend as sy 'n fout maak.
[Hoofstuk 3]: Wie is Abby se ma?
Bang vir mislukking (failure). Blameer haarself. Onvoorspelbaar nadat Abby se pa weg is.
[Hoofstuk 3]: Wie is Koos (die boemelaar)?
Randfiguur; kluisenaar. Vuil baard en hare; maer; ellendig (miserable). Gasvry (welcoming). Gee nie om vir geld of materiële goed nie. Woon in grot in die berg. Rook soms dagga. Geen selfoon of sosiale media nie.
[Hoofstuk 3]: Wie is Jonah?
Een van Jasper se daggavriende – drie jaar ouer. Rebels; astrant (cheeky). Donker oë en wit hare. Woon in Ifafi saam met sy ouers. Het eenkeer in 'n dreingat vasgesit; Koos het hom gered.
[Hoofstuk 3]: Wie is Juffrou Beatrice?
Kunsonderwyser. Het empatie met die kinders.
[Hoofstuk 4]: Wie is Abby?
Bitter oor haar pa. Gooi tantrums (vloermoere) as sy verloor; skreeu op ander kinders. Haat onregverdigheid. Droom om oorsee te reis. Wil eendag suksesvol wees. Kyk na Survivor op TV.
[Hoofstuk 4]: Wie is Abby se pa (Neels Mynhardt)?
Was sterk; het Abby altyd veilig laat voel. Abby haat hom nou en dink hy is 'n slegte pa.
[Hoofstuk 4]: Wie is Abby se ma?
Wou alles doen wat haar man van haar verwag het. Doen twee werke.
[Hoofstuk 4]: Wie is Alet van Deventer?
Meisie wat Abby ken van atletiek en die drafklub. Skinder oor Abby, Jasper en Henri. Rook skelm.
[Hoofstuk 4]: Wie is Jasper?
Sal eerder terugbaklei (fight back) as oorgee. Praat terug met onderwysers – hulle vat hom nie ernstig op nie. Was al saam met sy ouers in Amerika. Kyk na Survivor op TV.
[Hoofstuk 4]: Wie is Henri?
Kleur sy hare. Kyk na musicals en RuPaul's Drag Race.
[Hoofstuk 4]: Wie is die inbreker?
Wild; genadeloos (merciless). Groot; gewapen met pistool. Dra 'n hoodie met woeste baard. Moontlik van die Thabazimbi-atletiekklub. Wil trofee steel as wraak. Sterf deur 'n gemsbok-jagtrofee se horing.
[Hoofstuk 5]: Wie is Jasper?
Introvert; alleenloper; hou nie van baie mense nie. Voel verantwoordelik vir Abby en Henri. Haat dit as hy nie in beheer is nie. Aggressief; raak gou kwaad; baklei maklik. Gee voor dat hy in beheer is. Speel rekenaarspeletjies om frustrasies te hanteer.
[Hoofstuk 5]: Wie is Jasper se ouers?
Gefokus op hul werk. Ken nie regtig vir Jasper nie. Kompenseer hul afwesigheid met geld.
[Hoofstuk 5]: Wie is Jonah?
Lamlemdig (miserable); twyfelagtige karakter (dubious); verraaier. Het 'n hond genaamd Baster. Rook dagga. Deurmekaar kamer. Sy pa is 'n myner – arm familie. Sal sy beste vriend verraai vir R15 000.
[Hoofstuk 5]: Wie is Koos?
Alkoholis. Was 'n laerskoolonderwyser vir geskiedenis. Het eendag sonder verduideliking verdwyn (disappeared).
[Hoofstuk 5]: Wie is Burney?
Semi-afgetrede (retired) prokureur. Altyd half dronk; meestal te dronk om 'n hofsaak te hanteer. Het Jonah en Jasper uit die tronk gehou (karre gesteel terwyl hoog op dagga).
[Hoofstuk 6]: Wie is Henri?
Word gou paniekerg maar kan ook beheer neem. Nuuskierig – weet iets van almal. Naïef; het geloof in die mensdom. Onder druk word hy 'n akteur – dink op sy voete. Vrees cancel culture. Wil Broadway-ster wees; skryf musiekblyspele. Kyk na Suits. Verlief op Scooby.
[Hoofstuk 6]: Wie is Abby?
Uiterlik altyd kalm en rustig; innerlik woede. Bietjie kompulsief – soek heeltyd WetWipes om skoon te maak. Allergies vir stuifmeel en blomme. Toekomsdroom: Olimpiese Spele.
[Hoofstuk 6]: Wie is Jasper?
Wil eendag rekenaarspeletjies ontwerp (design). Dit is hoekom IT sy belangrikste vak is.
[Hoofstuk 6]: Wie is Scooby Jabulani?
Lank; simpatiek; intelligent; goeie sin vir humor; effens skaam. Neem kuns saam met Henri. Sy pa is 'n begrafnisondernemer – bedryf dit onwettig. Bestuur soms die lykswa. Ry bromponie skool toe. Ander kinders is bang vir hom. Versorg lyke (was en aantrek). Henri is verlief op hom.
[Hoofstuk 1]: Beskryf die Magaliesberg Hoërskool?
Skoolhoof is gewelddadig; pleeg moord. Abby, Jasper en Henri doen 'n groeptaak vir die skool se Lentefees op 31 Oktober (Halloween-tema).
[Hoofstuk 1]: Beskryf Magaliesberg Eco Village?
Sekuriteitskompleks. Abby, Jasper en Henri woon almal daar – dis al wat hulle gemeen het. Die skool se ingangshek is naby die misdaadtoneel. Jasper se huis het 'n garage met 'n motorfiets en sykar.
[Hoofstuk 1]: Beskryf die boomhuis in Magaliesberg Eco Village?
Klein en beknop (tight). Prentjies van SpongeBob en Minions teen die planke. Daar is 'n T-Rex-speelding wat vir Henri troos. Op die Barnards se leë erf.
[Hoofstuk 2]: Beskryf Jasper-hulle se huis?
Die huise van die erf met die boomhuis af. Geen mure rondom nie. Spaarsleutel onder die tuinkabouter (garden gnome). Garage met 'n motorfiets en sykar.
[Hoofstuk 2]: Beskryf die R511 na die Magaliesberg?
Teerpad en 'n grondpad in die rigting van die berg.
[Hoofstuk 2]: Beskryf die grot in die berg?
Dis waar die grondpad doodloop. Indrukwekkende uitsig (impressive view) oor die Hartbeespoortdam.
[Hoofstuk 3]: Beskryf die grot in die Magaliesberg?
Daar bly 'n boemelaar (Koos) in die grot. Mooi uitsig oor die Hartbeespoort-area. 'n Spaza-winkel met 'n telefoonhokkie is naby. Van die grot af kan 'n mens die atletiekklub sien.
[Hoofstuk 4]: Beskryf die atletiekklub?
Mense braai en kuier daar. Daar is 'n pallissade rondom. Spaarsleutel onder 'n potplant. Telefoon wat nie werk nie. Trofeeë van die klub se oorwinnings teen die muur. Jagtrofeeë teen die muur.
[Hoofstuk 5]: Beskryf Hartbeespoort?
Langs die R511 in Noordwes-Provinsie. Baie mense van Gauteng kom vir die naweek. Was eers 'n natuurbewaringsgebied – ontwikkeling om die dam het die natuur laat agteruitgaan.
[Hoofstuk 5]: Beskryf Jonah se huis in Ifafi?
Deel van Hartbeespoort. Jonah se kamer is vuil en deurmekaar; ruik na dagga.
[Hoofstuk 5]: Beskryf Schoemansville?
Buurt (neighbourhood) in Hartbeespoort. Burney, die prokureur, bly daar.
[Hoofstuk 6]: Beskryf Scooby Jabulani se ouers se huis in Sunway, Hartbeespoort?
Onwettige begrafnisonderneming: Azrael Funeral Services. Groot garage met doodskiste en 'n lykswa. 'n Deur uit die garage lei na die woonhuis.
[Hoofstuk 1-6]: Wie is Abby (opsomming van karakter)?
Haar pa het die gesin verlaat → intense woede en frustrasie. Atletiekster; hardloop langafstande; droom van Olimpiese Spele. Prakties; haat grimering en mooi rokkies. Uiterlik kalm, innerlik woedend. Praat nie oor gevoelens nie. Kompulsief en orde-liewend (soek WetWipes). Haat onregverdigheid. Boekwurm.
[Hoofstuk 1-6]: Wie is Jasper (opsomming van karakter)?
Stoutseun-beeld is 'n masker – hy is eintlik die planmaker en leier. Introvert; alleenloper; hou nie van baie mense nie. Aggressief; raak gou kwaad; baklei maklik. Ouers afwesig – kompenseer met geld. Rook dagga wanneer gestres. Mal oor rekenaarspeletjies; wil dit eendag ontwerp. Al met polisie in moeilikheid (diefstal). Voel verantwoordelik vir Abby en Henri.
[Hoofstuk 1-6]: Wie is Henri (opsomming van karakter)?
Gay kleurlingseun. Flambojant, dramaties, spraaksamerig. Wil Broadway-ster wees; skryf musiekblyspele. Brein vries / angsaanvalle onder druk – maar word ook 'n akteur wat op voete dink. Alleenloper – bang vir verwerping en boelies. Pa verwerp hom (homofoob kolonel); ma ondersteun hom maar is bang vir pa. Hou van vroueklere, kookprogramme, kuns. Naïef – het geloof in die mensdom.