1/36
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Waarvoor is mitose belangrik? (3)
Belangrik vir:
1) Vervanging van beskadigde weefsel.
2) Groei
3) Ongeslagtelike voortplanting in eenvoudige organismes.
Wat beteken mitose?
Seldeling waartydens twee identiese kopiee (dogterselle) van die moedersel gevorm word
Hoekom is meiose belangrik? (3)
Haploiede gamete word gevorm
Dit skakel die verdubbelingseffek van bevrugting uit (chromosoomgetal bly konstant)
Genetiese variasie vind plaas
Wat is meiose?
Seldeling wat die aantal chromosome halveer en vier haploiede dogterselle word vanaf een diploiede sel gevorm
Diploied (2n)
Twee volledige stelle chromosome in ‘n sel
Haploied (n)
Een volledige stel chromosome in ‘n sel
Geen
‘n DNS-segment in ‘n chromosoom wat die kode vir ‘n bepaalde eienskap bevat
Sentrosoom
Organel (wat twee sentriole bevat) wat slegs in dierselle voorkom en die spoel vorm tydens seldeling.
Sentriole
Strukture wat gevorm word wanneer die sentrosoom in twee verdeel; hulle beweeg tydens seldeling na teenoorgestelde pole.
Oorkruising
Uitruiling van genetiese materiaal tydens Profase I
Chiasma
Punt waar twee chromatiede oorvleuel tydens oorkruising
Kariotipe
‘n Voorstelling van die aantal, vorm, en rangskikking van ‘n volledige stel chromosome in die selkern van ‘n somatiese sel
Outosoom
Die eerste 22 pare chromosome wat voorkoms, struktuur en die werking van die liggaam beheer.
Gonosome
Die paar chromosome (XX of XY) verantwoordelik vir geslagsbepaling.
Somatiese selle
Somatiese selle is liggaamselle met die uitsondering van die manlike en vroulike gamete. Hulle het ‘n dubbele chromosoomgetal (diploïed). Hulle word deur mitose gevorm.
Geslagselle
Gespesialiseerde selle, Hulle het ‘n haploïede aantal chromosome. Hulle word deur meiose gevorm. bv. eierselle en spermselle
Nie-disjunksie
Wanneer homoloë chromosoompare nie tydens meiose skei nie.
Kariokinese
Kariokinese is die proses waartydens die selkern(nukleus) verdeel.
Sitokinese
Sitokinese is die verdelingsproses waartydens die sitoplasma van ‘n enkele sel in twee dogterselle verdeel.
In watter 3 kontekste is meiose nodig vir geslagtelike voortplanting?
In diere @ geslagsorgane (ovaria en testes) om gamete te vorm
Plante produseer spore by mosse en varings
Angiosperme vind meiose in die helmknop en saadknop plaas
Wat gebeur tydens Meiose I en Meiose II?
Meiose I: Reduksiedeling wat die diploiede chromosoomgetal halveer na die haploiede getal
Meiose II: Verdeling van beide dogterselle wat tydens meiose 1 gevorm het. Chromosoomgetal bly dieselfde
Profase I (6)
• Kernmembraan en kernliggaampie begin verdwyn.
• Die sentrosoom verdeel en twee sentriole beweeg weg van mekaar en vorm die spoelvesels.
• Die chromatiennetwerk trek saam en vorm individuele chromosome wat in homoloë pare langs mekaar lê.
• Die binneste chromatiede van elke homoloë paar draai om mekaar. Waar hulle aanmekaar raak word die chiasma genoem.
• Chromatiedsegmente breek af en word omgeruil. Dit veroorsaak die uitruiling van genetiese materiaal.
• Hierdie proses word oorkruising genoem.
Metafase I (2)
Bivalenterangskik op die ewenaar
•Homoloë chromosome weerskante
Anafase I (4)
Spoeldrade trek saam (verkort)
•Homoloëchromosoom-paar skei
•Beweegna teenoorgestelde pole
•Sitokinese begin
Telofase I (4 + 1 = 5)
•Spoeldradeverdwyn
•Chromosome rangskik
•Kern hervorm
•Sitokinesevoltooi
Elke selbesit nou een chromosoom van elke bivalent. Dus het die chromosoomgetalge-halveer.
Profase II (4)
•Elke chromosoom bestaan uit 2 chromatiede wat aanmekaar geheg is by sentromeer
•Daar is geen paring van homoloë chromosome
•Kernmembraan en kernliggaampie verdwyn
•Spoel vorm – sentriole by teenoorgestelde pole gekoppel deur spoelvesels
Metafase II (2)
•Chromosome beweeg na ewenaar en rangskik hulself in ‘n ry
•Spoelvesels heg aan sentromere vas
Anafase II (3)
•Sentromeer van elke chromosoom verdeel in twee
•2 chromatiede skei van mekaar en beweeg na teenoorgestelde pole
•Sitokinese begin
Telofase II (5)
•Ongerepliseerde chromosomes rangskik hulself by pole
•Spoelvesels verdwyn
•Kernmembraan vorm rondom chromosome
•Sitokinese vind plaas
•4 dogterselle word gevorm
Telofase II - Uiteinde (2)
Elke dogtersel bevat die haploïede aantal chromosome (n)
As gevolg van oorkruising is die genetiese informasie in die 4 dogterselle verskillend
Hoe word genetiese variasie verseker tydens meiose?
Oorkruising tydens Profase I.
Die lukrake rangskikking van chromosome by die ewenaar tydens Metafase I en II.
Verskil tussen Meiose I en Meiose II (5 × 2 = 10)
Meiose I | Meiose II |
Chromosome in homoloë pare weerskante van die ewenaar. | Individuele chromosome lê op die ewenaar. |
Volledige chromosome beweeg na teenoorgestelde pole. | Dogterchromosome / Chromatiede beweeg na teenoorgestelde pole. |
Twee selle aan die einde gevorm. | Vier selle aan die einde gevorm. |
Chromosoomgetal word gehalveer. | Chromosoomgetal bly dieselfde. |
Oorkruising vind plaas. | Geen oorkruising. |
Vergelyking van Mitose en Meiose (6×2)
Mitose | Meiose |
Vind plaas in liggaamselle. | Vind plaas in geslagsorgane. |
Karyokinese en sitokinese kom een keer voor. | Karyokinese en sitokinese kom twee keer voor. |
Twee dogterselle gevorm. | Vier dogterselle gevorm. |
Dogterselle is identies aan mekaar en moedersel. | Dogterselle is uniek van mekaar en moedersel. |
Oorkruising vind nie plaas nie. | Oorkruising vind plaas. |
Abnormale meiose (chromosoommutasie) (3)
Soms kom foute voor tydens Meiose
Tydens Anafase 1, kan nie-disjunksie plaasvind en homoloe chromosome skei nie
Tydens anafase 2, waar nie-disjunksie tussen chromatiede plaasvind
Deur wat word downsindroom veroorsaak?
nie-disjunksie van chromosoom 21 wat lei tot ‘n ekstra chromosoom 21 a.k.a TRISONOMIE
Kenmerke van Downsindroom (7)
Skuins ogies
Klein neus met plat brug
Klein mond
Verskillende grade van verstandelike gestremdheid
Verminderde spiertonus
Gehoorverlies
Hartdefekte
Downsindroom
Neem toe
Hoe kan daarvoor getoets word?
Die voorkoms van nie-disjunksie neem toe met ouderdom. Amniosintese-toetse kan gebruik word om te bepaal of ‘n fetus chromosoom-afwykings toon.