1/8
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced |
---|
No study sessions yet.
Nywerheidsverhoudinge (2)
Basiese def
Wet
Verwys na die verhoudinge tussen ‘n werkgewer en werknemers
Word besighede gelei deur die wet op arbeidsverhoudinge (no 66 van 1995)
Betekenis van nywerheidsverhoudinge (2)
Waarna verwys dit (b & w)
Wat verduidelik dit?
Verwys na verhoudinge tussen bestuur en werkers in ‘n industrie
Verduidelik die verhouding tussen werknemers en die bestuur en dui direk of indirek op die verhouding tussen die vakbond en die werkgewer
Sloerstakings
Vorm van nywerheidsaksie waar werkers doelbewus die werk of progressie vertraag as ‘n vorm van protes
Die oogmerk is om die besigheid se produktiwiteit of effektiwiteit te verminder
Sloerstakings word dikwels gebruik deur werknemers van noodsaaklike dienste waar stakings nie toegelaat word nie
Uitsluitings (4)
‘n Uitsluiting vind plaas wanneer die werkgewer die stakende werknemers verhoed om die besigheidperseel binne te kom
As besighede voldoen aan die Wet op Arbeidsverhoudinge, word ‘n uitsluiting as wettig beskou
Indien ‘n werkgewer hierdie vorm van aksie gebruik, moet die werknemers skriftelik 48 uur voor die tyd in kennis gestel word dat hulle die uitsluitingsklousule gaan gebruik
Werkgewers mag besluit om die uitsluitingklousule te gebruik om die veiligheid van hulle perseel en die werkers wat nie staak nie, te verseker
Verduideliking van die wet op arbeidsverhoudinge (WAV) (No. 66 van 1995)
Wetgewing soos die WAV is ingestel om regverdige arbeidspraktyke in die werkplek te verseker
Die doel van die wet (6)
Voorsien die struktuur om verhoudinge tussen die werkgewer/werknemer te reguleer
Moedig kollektiewe bedingsproses in die werkplek aan
Moedig stigting van werkplek forums aan om besluitneming te help
Moedig regverdige arbeidspraktyke tussen die werkgewer en werknemer aan
Dit maak voorsiening vir die stiging van die arbeidshof en die arbeids appelhof en wettig ook die stigting KVBA vir die oplos van dispute
Wyse waarop die oordrag van kontrakte tussen bestaande en nuwe werkgewers hanteer moet word ook verduidelik
Beteknis van vakbonde (3)
Vakbond is ‘n vereniging wat gevorm word deur werkers om hulle regte in die werkplek te beskerm
Lede van vakbonde betaal vakbonde betaal vakbondfooie op ‘n maandelikse, kwartaalikse of jaarlikse basis om die vakbondprogramme en aktiwiteite te befonds
Vakbondverteenwoordigers verteenwoordig die vakbondlede en word deur die lede verkies
Rol van vakbonde (5)
Die hoof verpligting van vakbonde is om lede te verteenwoordig in die werkplek
Vakbond is ‘n voorstander daarvoor dat die ekonomie die werkersklas en armes moet help
Hou besprekings oor armoede verpligtingsprogramme, billike inkomstevlakke en werkskeppingstrategiee met werkgewers
Vakboonde verseker dat die armoedevlakke in die land laag gehou word, deur roekelose afleggingsprosesse van werkgewers teen te staan
Hulle beklemtoon die behoefte aan werkskepping in die land
Funksies van vakbonde (6)
Verteenwoordig en beskerm sy lede teen onregverdige arbeidspraktyke in die werkpek
Hulle lig werknemers in oor hul regte in die werkplek, en hoe hulle hierdie regte moet uitoefen
Hulle verteenwoordig werknemers in vergaderings met werkgewers oor griewe en dispute in die werkplek
Vakbonde onderhandel vir beter werksomstandighede, salarisse en lone en ander voordele om hul lewensstandaard te verbeter
Werknemers word beskerm teen onregverdige afdankings en arbeidspraktyke
Hulle mag regstappe neem namens hulle lede indien nodig