Die wêreld het so klein geword

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/6

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Last updated 9:12 AM on 6/22/26
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

7 Terms

1
New cards

Noem twee aktiwiteite wat die ouma met haar vriende gedeel het.

  • Hulle het op die wye vlaktes gespeel,

  • granate in die boord geëet

  • en met maats oor die telefoon gepraat. 

2
New cards

Verduidelik die verskil tussen die ma en die ouma se fisiekte ruimte. Vergelyk dit met die van die kind/tiener

  • In die ouma se tyd het kinders buite op die plaas se vlaktes gespeel.

  • As kind het die ma se wêreld later “kleiner” geword toe hulle stad/dorp toe getrek het.

  • Daar het die ma-hulle ‘n groot erf gehad waar hulle kon speel, met ‘n grasperk en twee bome

  •  Die kind/tiener (die derde geslag) het nie enige van bogenoemde gehad nie.

  • Geen buitewêreld/landskap word in die derde strofe genoem nie. 

  • Die kind/tiener het ‘n rekenaar en spandeer tyd in die kamer.

  • Die kind/tiener se speelplek is die webwerf en die enigste boom wat sy ken is Gumtree, ‘n advertensie-webwerf. 

3
New cards

Wat is “die kassie” ? Watter verbeeldingsvlugte/drome maak dit in die ma wakker?

  • “Die kassie” is die televisie

  • met programme waarop die ma al die oorsese plekke kon besigtig. 

  • Sy het daarvan gedroom om eendag oorsee te reis. 

4
New cards

Watter opwindende uitvinding is in die ma se tyd bemark?

Die eerste selfone is bemark. 

5
New cards

Alhoewel die sproker al die kennis en tegnologie tot haar voordeel het, is dit ironies dat dit ook nadelig kan wees. Verduidelik

  • Daar is nie fisieke interaksie met die maats nie,

  • want alles gebeur oor Facebook waar hulle klankloos klets. 

  • Hierdie soort interaksie kan nadelig wees omdat werklike sosiale interaksie ontbreek,

  • sowel as die ontwikkeling van sosiale vaardighede

  • Tieners kan geïsoleerd raak. 

  • Hulle kan ook verleer om ander bronne van inligting op te soek.

  • Verder is dit nie voordelig vir ‘n mens se fisieke ontwikkeling om heeldag voor ‘n rekenaar te sit nie. 

  • Oefening en buitelug-aktiwiteite kan ook verwaarloos word. 

6
New cards

Watter moontlikhede bied die rekenaar vir die kind/tiener wat maats betref? Wie dink jy is die gelukkigste: die ouma, ma of die kind? Motiveer jou mening.

  • Die tiener kan met maats oor Facebook

  • en kletskamers kommunikeer

  • Ek dink dat die ouma en die ma gelukkiger was. 

  • Hulle het nog gespeel, het groot erwe/spasie vir speelplek gehad

  • en het met ander mense gesosialiseer

7
New cards

Skryf ‘n kort paragraaf waar jy die kleinwordende wereld soos in die gedig beskryf, bespreek. Beskryf die fisieke sowel as die tegnologiese veranderinge

  • In die ouma se tyd het die kinders op ‘n plaas gewoon.  Daar was baie spasie buite. Hulle het wye vlaktes gehad en baie buite gespeel.  Hulle het met ‘n telefoon gekommunikeer en boeke was hulle kennisbronne.  

  • As kind het haar ma se wêreld “kleiner” geword en hulle het van die plaas na die stad/dorp toe getrek. Daar het hulle ‘n groot erf gehad waar hule kon speel.  Tog was daar ‘n verandering, want in plaas daarvan om baie buite te speel, het haar ma nou voor die televisie gesit.  Dit het haar kennis van die buitewêreld verbreed.  Sy het later met selfone gekommunikeer. 

  • Die kind/tiener het nie enige van bogenoemde fisieke ruimtes beleef nie. Dit lyk ook nie asof sy die fisieke ruimte mis nie, want speel in ‘n buiteruimte word nie genoem nie.  Deur op haar rekenaarmuis te klik, kan die tegnologiese wêreld en kennis tot binne die huis en kamer gebring word d.m.v. die internet en Google.  Facebook en kletskamers is die kind se manier om met ander te kommunikeer. 

  •   

  • Die gedig begin met lang sinne om die wye spasie van die ouma se leefwêreld aan te dui en later word die sinne korter om aan te dui dat die leefruimte verder verklein, tot in die tiener se kamer.