NERO - 13 Spookstories

0.0(0)
studied byStudied by 0 people
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
Card Sorting

1/29

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Study Analytics
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced

No study sessions yet.

30 Terms

1
New cards

"Die oomblik toe ek die glas hoor breek, is ek wawyd wakker." (Bl.42)

Wie praat hier?

Alec

2
New cards

Wat het Alec laat wakker skrik?

Hy het glas hoor breek.

3
New cards

Waarmee was Alec besig vóórdat hy aan die slaap geraak het?

Hy was besig om plakkate te maak en in te kleur.

4
New cards

Waarom maak Alec die plakkate?

Sy hond, Nero, het weggeraak en hy hoop dat mense hom sal help om Nero te kry/ om Nero op te spoor.

5
New cards

Wat dink Alec het gebeur?

Hy dink sy ouma het dalk haar waterglas laat val.

6
New cards

Waar het Alec aan die slaap geraak?

By die eetkamertafel.

7
New cards

Waarom kleur Alec die plakkate in?

Hy het nie 'n kleurdrukker nie. (colour printer) en

hy hoop dat mense dit makliker sal raaksien. (notice)

8
New cards

Waarmee kleur Alec die plakkate in?

Met 'n koki

9
New cards

Wat staan in rooi letters bo-aan die plakkaat?

LOST/VERLORE

10
New cards

Wie se foto is op die plakkaat?

Nero - sy hond.

11
New cards

Beskryf die foto van Nero op die plakkaat.

Nero staan met 'n rugbybal in sy bek.

12
New cards

Wie is Nero?

Alec se verlore hond, hy is 'n "Great Dane".

13
New cards

Wie se selfoonnommer verskyn (appears) op die plakkaat?

Alec se ma se selfoonnommer.

14
New cards

Waarom sit Alec NIE sy eie (own) nommer op die plakkaat NIE?

Jou selfoon word afgevat as jy dit by die skool aansit / jy mag nie jou selfoon by die skool gebruik nie. [Hy is bang dat dat mense hom nie in die hande sal kry gedurende die skooldag nie]

15
New cards

Wat besef (realize) Alec die tweede keer wat hy 'n geluid (sound) hoor?

Hy besef daar is inbrekers.

16
New cards

Waarom dink Alec dat daar inbrekers is? (Wat hoor hy in die huis?)

Hy hoor glas wat breek en dan skuifelende voetstappe.

17
New cards

Waarom wil Alec die paniekknoppie (panic button) druk?

Hy wil die veiligheidsmaatskappy (security company) laat weet dat daar moeilikheid (trouble) is.

18
New cards

Waarom kan hy NIE die paniekknoppie druk NIE?

Die paniekknoppie is in die sitkamer en die geluide kom van die sitkamer af.

19
New cards

Hoe weet ons dat hy versigtig (carefull) is?

Hy sluip voetjie vir voetjie tot by die sitkamer se deur en loer dan vinnig om die deurkosyn. (door frame)

20
New cards

Wat sien Alec in die sitkamer?

Dit is donker maar hy sien twee mans, een het 'n flits (flashlight) en die ander een het 'n mes (knife).

21
New cards

Wat gebeur toe die inbrekers vir Alec sien?

Hulle wil hom gryp/vang maar hoor dan 'n harde gromgeluid.

22
New cards

Wat is die "gromgeluid" wat hulle hoor?

Alec herken (recognizes) Nero se blaf.

23
New cards

Wat het Alec se pa altyd gesê van Nero se blaf?

Nero blaf nie, hy brul.

24
New cards

Wat doen Alec en sy ouma?

Alec hardloop met die trap op; hulle sluit hulself in ouma se kamer toe en bel die veiligheidsmaatskappy.

25
New cards

Beskryf kortliks (describe briefly) hoe die inbrekers reageer (react).

Hulle skrik vir die blaffende hond en hardloop weg.

26
New cards

Wie kom daarna by die huis aan?

Alec se ouers en die veiligheidsmaatskappy.

27
New cards

Waarom is Alec so bly?

Hy dink Nero het teruggekom /

Hy dink Nero is terug.

28
New cards

Watter nuus gee Alec se pa vir hom?

Alec se pa vertel dat 'n man vroëer gebel het,

dat hy Nero langs die treinspoor gekry het en

dat Nero reeds dood was .

29
New cards

Hoe het die man geweet wie se hond dit is? /

Hoe het die man geweet aan wie die hond behoort?

Die man het 'n plaatjie op Nero se halsband gesien, met Nero se naam en Alec se ma se selfoonnommer op.

30
New cards