Chemie Definisies

0.0(0)
studied byStudied by 0 people
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
Card Sorting

1/58

flashcard set

Earn XP

Description and Tags

Gr 12

Study Analytics
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced

No study sessions yet.

59 Terms

1
New cards

Kookpunt

die temperatuur waarby die dampdruk gelyk is aan atmosferiese druk

2
New cards

Smeltpunt

die temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van 'n stof in ewewig is

3
New cards

Dampdruk

die druk uitgeoefen deur 'n damp in ewewig met sy vloeistof in 'n geslote sisteem

4
New cards

Organiese molekules

molekules wat koolstofatome bevat

5
New cards

Funksionele groep

'n binding of 'n atoom of 'n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van 'n groep organiese verbindings bepaal

6
New cards

Koolwaterstof

organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan

7
New cards

Homoloë reeks

'n reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word OF waarin die een lid van die volgende verskil met 'n CH₂-groep

8
New cards

Versadigde verbinding

verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie

9
New cards

Onversadigde verbinding

Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings voorkomx

10
New cards

Molekulêre formule

'n chemiese formule wat die element en die aantal atome van elk in 'n molekuul aandui

11
New cards

Struktuurformule

'n struktuurformule van 'n verbinding toon aan watter atome in die molekuul aan mekaar gebind is. Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon

12
New cards

Gekondenseerde struktuurformules

hierdie notasie toon die wyse aan waarop atome aan mekaar gebind is in die molekuul, maar toon NIE ALLE BINDINGSLYNE NIE

13
New cards

Struktuur isomeer

organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuurformules

14
New cards

Makromolekule

‘n molekuul wat uit 'n groot getal atome bestaan

15
New cards

Polimeer

'n groot molekuul wat uit kleiner monomeer-eenhede bestaan wat kovalent aan mekaar gebind is in 'n herhalende patroon

16
New cards

Monomeer

klein organiese molekule wat kovalent aan mekaar gebind kan word in 'n herhalende patroon

17
New cards

Polimerisasie

'n chemiese reaksie waarin monomeermolekule verbind om 'n polimeer te vorm

18
New cards

Addisie polimerisasie

‘n reaksie waarin klein molekule verbind om baie groot molekule te vorm deur byvoeging by dubbelbindings

19
New cards

Addisie polimeer

'n polimeer wat gevorm word wanneer monomere (wat gewoonlik 'n dubbelbinding bevat) verbind deur 'n addisiereaksie

20
New cards

Kondensasiepolimerisasie

molekule van twee monomere met verskillende funksionele groepe ondergaan kondensasiereaksies met die verlies van klein molekule, gewoonlik water

21
New cards

Kondensasiepolimeer

'n polimeer wat gevorm word deur twee monomere met verskillende funksionele groepe wat aan mekaar skakel in 'n kondensasiereaksie waarin 'n klein molekuul, gewoonlik water, verloor word

22
New cards

Reaksiewarmte (ΔH)

die energie geabsorbeer of vrygestel in 'n chemiese reaksie

23
New cards

Eksotermiese reaksie

reaksie wat energie vrystel

24
New cards

Endotermiese reaksie

reaksie wat energie absorbeer

25
New cards

Aktiveringsenergie

as die minimum energie benodig vir 'n reaksie om plaas te vind

26
New cards

Geaktiveerde kompleks

die onstabiele oorgangstoestand van reaktante na produkte

27
New cards

Tempo van reaksie

die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte per eenheid tyd

28
New cards

Positiewe katalisator

'n stof wat die tempo van 'n chemiese reaksie verhoog sonder om self 'n permanente verandering te ondergaan

29
New cards

Oop sisteem

een wat voortdurend interaksie met sy omgewing het

30
New cards

Geslote sisteem

een wat geïsoleerd is van sy omgewing

31
New cards

Chemiese ewewig

dit is 'n dinamiese ewewig waar die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie

32
New cards

Le Chatelier se beginsel

wanneer die ewewig in 'n geslote sisteem versteur word, stel die sisteem 'n nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring teenwerk, te bevoordeel

33
New cards

Arrhenius teorie - Suur

‘n stof wat waterstofione (H+) in water vorm

34
New cards

Arrhenius teorie - Basis

‘n stof wat hidroksiedione (OH–) in water vorm

35
New cards

Lowry-Brønsted teorie - Suur

‘n proton- (H+ ioon) skenker

36
New cards

Lowry-Brønsted teorie - Basis

‘n proton- (H+ ioon) ontvanger

37
New cards

Sterk suur

ioniseer volledig in water om 'n hoë konsentrasie H3O+-ione te vorm

38
New cards

Swak sure

ioniseer onvolledig in water om 'n lae konsentrasie H3O+-ione te vorm

39
New cards

Sterk basis

dissosieer volledig in water om 'n hoë konsentrasie OH–-ione te vorm

40
New cards

Swak basis

dissosieer/ioniseer onvolledig in water om 'n lae konsentrasie OH–-ione te vorm

41
New cards

Gekonsentreerde suur/basis

bevat ‘n groot hoeveelheid (mol) suur/basis in verhouding met die volume water

42
New cards

Verdunde suur/basis

bevat ‘n klein hoeveelheid (mol) suur/basis in verhouding met die volume water

43
New cards

Amfoliet (amfiprotiese stof)

‘n stof wat as óf 'n suur óf 'n basis kan reageer

44
New cards

Hidrolise

die reaksie van 'n sout met water

45
New cards

Ekwivalente punt (van 'n titrasie)

die punt waar die suur/basis volledig met die basis/suur gereageer het

46
New cards

Eindpunt (van 'n titrasie)

die punt waar die indikator van kleur verander

47
New cards

Outo-ionisasie van water

die reaksie van water met homself om H3O+-ione en OH– ione te vorm

48
New cards

Kw

die ewewigskonstante vir die ionisasie van water of die ioniese produk van water of die ionisasiekonstante van water Kw = [H₃O+][OH-] = 1 x 10⁻¹⁴ teen 298 K

49
New cards

Oksidasie

verlies aan elektrone, oksidasiegetal neem toe

50
New cards

Reduksie

wins van elektrone, oksidasiegetal neem af

51
New cards

Oksideermiddel

'n stof wat geruduseer word / elektrone opneem

52
New cards

Reduksie middel

‘n stof wat geoksideer word/ elektrone verloor

53
New cards

Anode

die elektrode waar oksidasie plaasvind

54
New cards

Katode

die elektrode waar reduksie plaasvind

55
New cards

Elektroliet

'n stof waarvan die oplossing in water ione bevat OF 'n stof wat in water oplos om 'n oplossing te vorm wat elektrisiteit gelei

56
New cards

Elektrolise

die chemiese proses waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie OF die chemiese proses waarin elektriese energie gebruik word om 'n chemiese verandering te weeg te bring

57
New cards

Galvaniese sel

'n sel waarin chemiese energie omgeskakel word na elektriese energie

58
New cards

Elektrolitiese sel

'n sel waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie

59
New cards

Eutrofikasie

die proses waardeur 'n ekosisteem, bv 'n rivier of dam, verryk raak met anorganiese voedingstowwe, veral fosfor en stikstof, wat lei tot oormatige plantgroei. Soos plantegroei buitensporig raak, neem die hoeveelheid dooie en verrottende plantmateriaal vinnig toe