DEEL 1: Die oog

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
Locked
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/46

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Last updated 4:14 PM on 9/10/26
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai
Chat

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

47 Terms

1
New cards

Stafies

Reseptorselle wat in die retina van die oog aangetref word en sensitief is vir dowwe lig en help om tussen swart en wit te onderskei

2
New cards

Keeltjies

Reseptorselle wat in die retina van die oog aangetref word en sensitief is vir helder lig en help om tussen verskillende kleure te onderskei

3
New cards

Stafies + Keeltjies - Samevattende term

• Reseptore wat lig waarneem

• Aangetref in RETINA aan die agterkant van die oogbal

4
New cards

Wat maak binokulere en sterioskopiese visie van die oog moontlik? (2)

• Een paar oe aan die voorkant van die skedel

• Gesigveld van beide oe oorvleul: Verskillende beeld van dieselfde voorwerp, vanaf elke oog

5
New cards

Stereoskopiese visie def.

Die vermoë om driedimensionele beelde te vorm wat ‘n mens in staat stel om die afstand, diepte en die grootte van ‘n voorwerp te skat

6
New cards

Binokulere visie def.

Oorvleulende gesigsvelde wat gebruik word sodat afsonderlike beelde saamgevoeg word en as een beeld deur die brein geïnterpreteer word.

7
New cards

Pupil

Sentrale opening in die iris waardeur lig binnedring

8
New cards

Pupilmeganisme

Regulering van die grootte van die pupil om die hoveelheid lig wat die oog binnedring te beheer

9
New cards

Akkommodasie

Die vermoe van die lens om van vorm te verander vir duidelike visie, wanneer daar na naby of ver voorwerpe gekyk word

10
New cards

Gesigsveld

Die area (gebied) wat deur een oog gesien kan word

11
New cards

Konveks

‘n Vorm wat uitwaarts krom, dikker in middel as aan die kante

‘n Vorm wat uitwaarts krom, dikker in middel as aan die kante

12
New cards

Konkaaf

‘n Vorm wat inwaarts krom, dunner in die middel as aan die kante

‘n Vorm wat inwaarts krom, dunner in die middel as aan die kante

13
New cards

Struktuur van die oog:

• Waar gelee?

• Hoe beskerm teen meganiese besering?

• Hoe verhoed die oog dat vreemde deeltjies dit binnedring?

• Die oogbal is geleë in ‘n benige oogholte.

• Bindweefsel en vet omring die oogbal om dit teen meganiese besering te beskerm.

• Aan die voorkant word die oog beskerm deur ooglede met wimpers wat verhoed dat vreemde deeltjies die oog binnedring.

14
New cards

Sklera:

• Struktuur

• Aanpassing (Struktuur)

• Funksie (2)

• Struktuur: Taai, wit, onelastiese laag wat die oog aan die agterkant bedek

• Aanpassing (Struktuur): Beskerming van die oog omdat dit onelasties is

Funksie:

• Beskerm die strukture binne die oog, laat die oog sy vorm behou

• Laat die oog sy vorm behou

15
New cards

Kornea:

• Struktuur

• Aanpassing (Struktuur) (2)

• Funksie (2)

• Struktuur: Deursigtige voortsetting van die sklera aan die voorkant van die oog, dit is konveks (bult uitwaarts)

Aanpassing (Struktuur):

• Deursigtigheid laat lig toe om oog binne te dring

• Konvekse vorm veroorsaak ligbreking, wat die buiging van die inkomende ligstrale is

Funksie:

• Laat lig deur na die oog

• Veroorsaak breking van die inkomende lig om ‘n beeld op die retina te vorm

16
New cards

Choriod:

• Struktuur

• Funksie (2)

• Struktuur: ‘n Donkerkleurige laag wat bloedvate en pigment bevat

Funksie:

• Pigmente absorbeer lig om die weerkatsing van lig te verhoed

• Bloedvate voorsien voedingstowwe en suurstof aan die retinaselle

17
New cards

Silliaarliggaam:

• Struktuur

• Funksie

• Struktuur: Bevat die silliaarspier en is die verdikte voorste gedeelte van die choroied

• Funksie: Silliaarspier trek saam/ontspan om die trekkrag op die suspensoriese ligamente te verander

18
New cards

Suspensoriese ligament:

• Struktuur

• Funksie (2)

• Struktuur: Ligamente wat aan die silliaarliggaam verbind is

Funksie:

• Hou die lens in posisie tydens akkommodasie

• Trekkrag (spanning) op die suspensoriese liggamente verander om die vorm van die lens te verander

19
New cards

Iris:

• Struktuur (2)

• Funksie

Struktuur:

• Die gekleurde deel van die oog, met ‘n opening in die middel, wat die pupil genoem word

• Bevat twee soorte spiere om die grootte van die pupil te beheer

• Funksie: Beheer die hoveelheid lig wat die oog binnedring d.m.v. pupilmeganisme

20
New cards

Retina:

• Struktuur

• Funksie (3)

• Struktuur: Binneste laag van die oog wat stafies en keeltjies, wat ligsensitief is, bevat

Funksie:

• Stafies reageer wanneer die ligintensiteit laag is - Verantwoordelik vir nagvisie + Periferale visie

• Keeltjies reageer op helder lig - Verskaf skerp, duidelike kleurvisie

• Neurone gelei impulse van die Stafies en Keeltjies deur die optiese senuwee na die SEREBRUM

21
New cards

Geelvlek:

• Struktuur

• Funksie

• Struktuur: Klein induiking aan die agterkant van die oogbal, bevat die meeste keeltjies

• Funksie: Area met die duidelikste (skerpste) visie

22
New cards

Blinde vlek:

• Struktuur (3)

• Funksie (3)

Struktuur:

• Klein area op retina, onder die geelvlek, bevat geen stafies/keeltjies nie, dus is geen visie moontlik nie

• Area waar die bloedvate die oog binnedring

• Area waar die optiese senuwee die oog verlaat

Funksie:

• Area van geen visie

• Binneste dele van die oog word van suurstof en voedingstowwe voorsien

• Impulse word na die SEREBRUM geneem vir interpretasie

23
New cards

Lens:

• Struktuur (3)

• Funksie (2)

Struktuur:

• Elastiese, bikonvekse struktuur agter die pupil van die iris

• Word deur suspensoriese ligamente in posisie gehou

• Deurskynend

Funksie:

• Verandering van vorm van die oog om oog toe te laat om op naby- en verafgelee voorwerpe te fokus

• Laat lig deur

24
New cards

Hoe is die Lens aangepas om sy funksie te verrig? (3)

• Die lens is deursigtig om lig deur te laat

• Dit is elasties sodat dit van vorm kan verander tydens akkommodasie

• Dit is bikonveks om ligstrale te breek en op die retina te fokus

25
New cards

Watervog:

• Struktuur

• Funksie (2)

• Struktuur: Waterige vloeistof wat in die ruimte tussen die kornea en die lens aangetref word

Funksie:

• Behou die vorm van die kornea

• Speel ‘n klein rol in die breking van die inkomende lig

26
New cards

Hoe speel die Watervog ‘n klein rol in die breking van inkomende lig?

Die Watervog help om inkomende ligstrale effens te breek (refrakteer) sodat hulle beter op die Retina gefokus kan word

27
New cards

Glasvog:

• Struktuur

• Funksie (2)

• Struktuur: Jellieagtige stof wat agter die lens aangetref word

Funksie:

• Behou die vorm van die oogbal

• Speel ‘n klein rol in die breking van die inkomende lig

28
New cards

Hoe speel die Glasvog ‘n klein rol in die breking van die inkomende lig?

Die glasvog breek inkomende ligstrale effens en help om hulle op die retina te fokus

29
New cards

Watter dele van die oog speel die grootste rol in die breking van inkomende lig?

• Kornea - Verrig die meeste van die breking van inkomende lig.

• Die Lens - Verander vorm om die lig presies op die retina te fokus.

• Die Watervog & Glasvog - Speel ‘n klein rol in die breking van lig: Breek die lig effens verder en help om dit op die Retina te fokus

30
New cards

Proses van Akkommodasie: Naby visie - Minder as 6m (6)

1. Siliaarspier trek saam

2. Suspensoriese Ligamente ontspan

1. Spanning op die Lens verminder

2. Lens word meer konveks (bult uit)

3. Dit veroorsaak dat ligstrale meer gebuig word

4. ‘n Duidelike beeld word op die Retina gefokus

31
New cards

Proses van Akkommodasie: Ver visie - Meer as 6m (6)

1. Siliaarspier ontspan

2. Suspensoriese Ligamente trek styf

1. Spanning op die Lens verhoog

2. Lens word minder konveks (platter), maar steeds konveks

3. Dit veroorsaak dat ligstrale minder gebuig word

4. ‘n Duidelike beeld word op die Retina gefokus

32
New cards

Word die Lens konkaaf by Ver visie?

Nee, dit word slegs platter. Dit is steeds na buite gebuig en dikker in die middle as aan die kante (Konveks)

33
New cards

Akkommodasie def.

Die vermoë van die oog om die vorm van die lens te verander en te verseker dat daar ‘n duidelike beeld altyd op die retina val, ongeag of die voorwerp ver of naby is.

34
New cards

Pupilmeganisme def.

Die proses waardeur die deursnit van die pupil verander word om die hoeveelheid lig wat die oog binnedring te beheer. Ligintensiteit is die stimulus vir die pupilmeganisme.

35
New cards

Pupilmeganisme:

• Die Iris se rol

• Kring- en radiale spiere

• Die Iris beheer die hoveelheid lig wat die pupil binnedring

• Kring- en radiale spiere werk ANTAGONISTIES om die grootte van die pupil te verander

36
New cards

Die Pupilmeganisme proses: Helder lig toestande (4)

1. Radiale spiere van die Iris ontspan

2. Kringspiere van die Iris trek saam

3. Die Pupil vernou (word kleiner)

4. Die hoeveelheid lig wat die oog binnedring verminder

37
New cards

By Helder lig toestande, is die Pupil groot of klein?

Die Pupil is klein

38
New cards

Die Pupilmeganisme proses: Dowwe lig toestande (4)

1. Radiale spiere van die Iris trek saam

2. Kringspiere van die Iris ontspan

3. Die Pupil verwyd (word groter)

4. Die hoeveelheid lig wat die oog binnedring vermeerder

39
New cards

By Dowwe lig toestande, is die Pupil groot of klein?

Die Pupil is groot

40
New cards

Visuele gebrekke: Bysiendheid

• Wat is dit?

• Hoe word dit veroorsaak?

• Ver voowerpe is uit fokus uit

• Ver voorwerpe se fokuspunt le onder dit retina, veroorsaak onduidelike beeld

41
New cards

Hoe word Bysiendheid behandel? (2)

1. Bril met Konkawelense: Lens versprei die ligstrale voordat dit die oog binne gaan. Ligstrale kan nou op Retina fokus en duidelike beeld word gevorm

2. Laserchirurgie: Vorm van Kornea word veranderen platter gemaak

42
New cards

Visuele gebrekke: Katarakte

• Wat is dit?

• Hoe word dit veroorsaak?

• Wat is die effek daarvan?

• Verdowwing van oog se normale, helder deursigtige Lens

• Lens bestaan uit water & proteiene. Proteien kan klonte vorm om ‘n area van die lens te verdof

• Verhoed dat lig die Retina bereik

43
New cards

Hoe word Katarakte behandel/reggestel? (4)

Behandel:

1. Bril

2. Sterker beligting

3. Vergrootglas

Reggestel:

1. Oogchirurgie - Lens word verwyder en vervang met kunsmatige Lens

44
New cards

Visuele gebrekke: Versiendheid

• Wat is dit?

• Deur wat word dit veroorsaak? (2)

• Naby voorwerpe is uit fokus uit

• Veroosaak deur ‘n korter oogbal of abnormale plat kornea.

• Naby voorwerpe se fokus punte le agter die Retina

Naby voorwerpe is uit fokus uit

Veroosaak deur ‘n korter oogbal of abnormale plat kornea.

Naby voorwerpe se fokus punte le agter die Retina

45
New cards

Hoe word Versiendheid behandel? (2)

1. Bril met Konvekselense: Konvekse lense breek die ligstrale meer voordat dit die oog binne gaan

2. Laserchirurgie: Kornea weefsel word verdik en meer rond gemaak

Bril met Konvekselense: Konvekse lense breek die ligstrale meer voordat dit die oog binne gaan

Laserchirurgie: Kornea weefsel word verdik en meer rond gemaak

46
New cards

Visuele gebrekke: Astigmatisme

• Waardeur word dit veroorsaak?

• Wat is die effek darvan?

• Veroorsaak deur Kornea met onreelmatige vorm (rugby bal vorm)

• Veroorsaak dat lig op meer as een punt fokus en dowwe beeld vorm

47
New cards

Hoe word Astigmatisme reggestel? (3)

1. Bril

2. Kontaklense

3. Laserchirurgie