Graad 12 Chemie Definisies

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
Locked
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/52

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Last updated 5:56 PM on 9/12/26
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai
Chat

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

53 Terms

1
New cards

Organiese molekules

Molekules wat koolstofatome bevat

2
New cards

Funksionele groep

ń Binding of ń atoom of ń groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van ń groep organiese verbindings bepaal

3
New cards

Koolwaterstof

Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan

4
New cards

Homoloë reeks

ń Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word of waarin die een lid van die volgende verskil met ń CH2-groep

5
New cards

Versadigde verbinding

Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie

6
New cards

Onversadigde verbinding

Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings voorkom

7
New cards

Molekulêre formule

ń Chemiese formule wat die element en die aantal atome van elk in ń molekuul aandui

8
New cards

Struktuurformule

ń Struktuurformule van ń verbinding toon aan watter atome in die molekuul aan mekaar gebind is. Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om alle bindings wat atome bymekaar hou, aan te toon

9
New cards

Gekondenseerde struktuurformule

Hierdie notasie toon die wyse aan waarop atome aan mekaar gebind is in die molekuul, maar toon nie alle bindingslyne nie

10
New cards

Struktuur isomeer

Organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuurformules

11
New cards

Ketting isomeer

Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings

12
New cards

Posisionele isomeer

Dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting

13
New cards

Kraking

Die chemiese proses waarin langer kettingkoolwaterstof-molekule afgebreek word in korter meer bruikbare molekules.

14
New cards

Kookpunt

Die temperatuur waarby die dampdruk gelyk is aan die atmosferiese druk

15
New cards

Smeltpunt

Die temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van ń stof in ewewig is

16
New cards

Dampdruk

Die druk uitgeoefen deur ń damp in ewewig met sy vloeistof in ń geslote sisteem

17
New cards

Reaksiewarmte

Die energie geabsorbeer of vrygestel in ń chemiese reaksie.

18
New cards

Eksotermiese reaksie

Reaksie wat energie vrystel.

19
New cards

Endotermiese reaksie

Reaksie wat energie absorbeer.

20
New cards

Aktiveringsenergie

As die minimum energie benodig vir ń reaksie om plaas te vind.

21
New cards

Geaktiveerde kompleks

Die onstabiele oorgangstoestand van reaktante na produkte.

22
New cards

Tempo van reaksie

Die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte per eenheid tyd.

23
New cards

Positiewe katalisator

ń Stof wat die tempo van ń chemiese reaksie verhoog sonder om self ń permanente verandering te ondergaan.

24
New cards

Oop sisteem

Een wat voortdurend interaksie met sy omgewing het.

25
New cards

Geslote sisteem

Een wat geïsoleerd is van sy omgewing.

26
New cards

Chemiese ewewig

Dit is ń dinamiese ewewig waar die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie.

27
New cards

Le Chatelier se beginsel

Wanneer die ewewig in ń geslote sisteem versteur word, stel die sisteem ń nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring teenwerk, te bevoordeel.

28
New cards

Suur (Arrhenius teorie)

ń Stof wat waterstofione (H+) in water vorm.

29
New cards

Basis (Arrhenius teorie)

ń Stof wat hidroksiedione (OH-) in water vorm.

30
New cards

Suur (Lowry-Brønsted teorie)

ń Proton- (H+ ioon) skenker.

31
New cards

Basis (Lowry-Brønsted teorie)

ń Proton- (H+ ioon) ontvanger.

32
New cards

Sterk suur

Ioniseer volledig in water om ń hoë konsentrasie H3O+-ione te vorm.

33
New cards

Swak suur

Ioniseer onvolledig in water om ń lae konsentrasie H3O+-ione te vorm.

34
New cards

Sterk basis

Dissosieer volledig in water om ń hoë konsentrasie OH--ione te vorm.

35
New cards

Swak basis

Dissosieer/ ioniseer onvolledig in water om ń lae konsentrasie OH--ione te vorm.

36
New cards

Gekonsentreerde suur/ basis

Bevat ń groot hoeveelheid (mol) suur/ basis in verhouding met die volume water.

37
New cards

Verdunde suur/ basis

Bevat ń klein hoeveelheid (mol) suur/ basis in verhouding met die volume water.

38
New cards

Amfoliet (amfiprotiese stof)

ń Stof wat as óf ń suur óf ń basis kan reageer.

39
New cards

Hidroliese

Die reaksie van ń sout met water.

40
New cards

Ekwivalente punt (van ń titrasie)

Die punt waar die suur/ basis volledig met die basis/ suur gereageer het.

41
New cards

Einpunt (van ń titrasie)

Die punt waar die indikator van kleur verander.

42
New cards

Outo-ionisasie van water

Die reaksie van water met homself om H3O+-ione en OH--ione te vorm.

43
New cards

Kw

Die ewewigskonstante vir die ionisasie van water of die ioniese produk van water of die ionisasiekonstante van water [formule] teen 298 K.

44
New cards

Oksidasie

Verlies aan elektrone, oksidasiegetal neem toe

45
New cards

Reduksie

Wins van elektrone, oksidasiegetal neem af

46
New cards

Oksideermiddel

ń Stof wat gereduseer word/ elektrone opneem

47
New cards

Reduksie middel

ń Stof wat geoksideer word/ elektrone verloor

48
New cards

Anode

Die elektrode waar oksidasie plaasvind

49
New cards

Katode

Die elektronde waar reduksie plaasvind

50
New cards

Elektroliet

ń Stof waarvan die oplossing in water ione bevat

51
New cards

Elektrolise

Die chemiese proses waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie

52
New cards

Galvaniese sel

ń Sel waarin chemiese energie omgeskakel word na elektriese energie

53
New cards

Elektrolitiese sel

ń Sel waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie