1/34
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced |
---|
No study sessions yet.
Wat is 'n aandeelhouer? Verduidelik kortliks.
Iemand wat aandele besit in 'n maatskappy/besigheid
Wie is die "aandeelhouer" binne die konteks van die gedig? Motiveer jou antwoord.
Die spreker
-> Tienerseun
-> Jongeheer
-> Pa moontlike aandeelhouer
-> Mag aandele wat sy ouers in sy naam aangeskaf besit
Watter bewyse is daar dat die spreker in strofe 1 nie die "jongheer" (r. 1) direk aanspreek nie?
"Hy" en "sy", nie "jy" en "jou" -> Impliseer dat hy praat met die seun se ouers.
Die woord (jongedame - teenoorgestelde) suggereer dat die (tienermeisie - teenoorgesteld) uit 'n (ander woord vir "welgestelde") familie kom. Die spreker in strofe 1 vra twee (vraag - meervoud). Reëls 1 en 2 is (een woord vir "sinne in die vraagvorm"). Dit word aangedui deur die (question mark - verskaf meervoud in Afrikaans).
-Jongeheer
-Tienerseun
-Ryk
-Vrae
-Vraagsinne
-Vraagtekens
"Meneer" is die spreker in strofe 1. Wat beteken die selfstandige naamwoord "Meneer"?
Manlike persoon/volwasse man
Die "jongeheer" is die spreker in strofe 2. Wat beteken die selfstandige naamwoord "jongeheer"?
- Manlike kind (nog nie volwaase nie)
- Rykmanskind, ansienlike/beskaafde gesin
Wat is die doel van al die Engelse woorde in strofe 2?
- Informeel
- Beklemtoon jongheid
- Spreker wil ouer generasie irriteer
- Rebelleer
Vergelyk kortliks die taalgebruik en die inhoud van die twee strofes
Strofe 1:
- 2 reëls, vraagtekens
- Formeel/beleefd taalgebruik
-> "Jongeheer"
--> outydse aanspreekvorm
-> Leestekens
--> Hoofletters
--> Vraagtekens
- Tradisionele idees
-> Kinders dieselfde werk as ouers
Strofe 2:
- Sestien reëls, antwoord
- Informal/moderne taalgebruik
-> Humoristies
-> Engels
--> "No ways"
--> "Rate nie baie hoog"
--> "Sport"
--> "Muscles"
--> "Girls"
--> "Who cares"
-> Geen punktuasie
--> Versnel tempo
-> Enjambment
- Tiener se inhoud
-> "Sport", "muscles", "krieket"
-> "Girls"
Moderne/individualistiese idees
-> Volg eie pad
Wat beteken die uitdrukking "(in) iemand se voetspore/voetspoor volg"?
Iemand se voorbeeld te volg
-> In die gedig: kinders wat dieselfde werk as hulle ouers kry
Die spreker in strofe 1 vra uit oor die "jongeheer" (r. 1). Wat wil hy weet? Omskryf sy woorde.
Hy wil weet of hy (die seun) dieselfde werk as sy pa (as 'n aandeelhouer) wil kry
Die "jongeheer" se "pa" (r. 2) is 'n beroepspersoon. Watter tipe beroep dink jy volg hy?
Hy werk in finansies
- Rekenmeester
- Sakeman
- Ekonoom
Wat word geïmpliseer met die gebruik van die bywoord "ook" (r. 2)?
-Die tienerseun het broers of susters wat alreeds in hulle se pa se voetspore gevolg het.
-Die tienerseun se pa het in sy eie pa se voetspore gevolg het
"No ways" is 'n (interjection - verskaf Afrikaans). Dis is dus 'n (part of speech - verskaf Afrikaans) wat gebruik word om 'n emosie/gevoel uit te druk. Dit dui op 'n (negative reaction - verskaf Afrikaans).
- Tussenwerpsel
- Woordsoort
- Negatiewe reaksie
Waarom word "Meneer" (r. 3) met 'n hoofletter geskryf? Waarmee vorm "Meneer" 'n kontras?
Hoofletter:
- Titel vir spesifieke persoon
Kontras:
- Met "Jongeheer"
Waarom dink jy is die meeste van die finansiële terme aan die begin van versreëls geplaas?
Beklemtoning
- Terme (en belangrikheid)
Binding
- Gedig met title
Hoe kry die digter dit reg om die finansiële terme aan die begin van versrëels te plaas?
Enjambment
Haal VIER woorde aan wat aan die begin van versreëls geplaas is en te doen het met finansies.
- "Interest"
- "Rate"
- "Beurs"
- "Invest"
- "Bates"
- "Effekte"
- "Lopies"
Haal SES agtereenvolgende woorde aan as bewyse dat die "jongeheer" nie belangstel in finansies nie.
"My / interest is nie in finance"
Die Engelse woord/term "interest" (r. 4) is die finansiële term vir "rente". Waarna verwys die "jongeheer" met die woord "interest" (r. 4)? (Verskaf die Afrikaanse woord(e)/term(e))
Belangstellings
Die Engelse woord "rate" (r. 5) het twee moontlike vertalings in Afrikaans. Verskaf albei.
-Evalueer
-Rentekoers
Verduidelik dié woorde: "ek rate nie baie hoog woorde soos inflasie resessie aandele" (r. 4-6)
- Die spreker het finansies en finansiële terme evalueer, en hy heg nie baie waarde aan hulle nie
- Geen belangstelling vir finansies nie
Die Afrikaanse woord "beurs" (r. 7) het twee moontlike betekenisse. Verskaf albei.
-Effektebeurs
-> Plek waar aandele verhandel word
-Geldsak
-> "in my sak"
Verskaf die Afrikaanse woord vir "invest" (r. 8) en verduidelik kortliks die finansiële term.
Belê
-> Geld waarop 'n mens rente kan verdien/'n profyt maak
Waarna verwys die "jongeheer" met die woord "invest" (r. 8)? Waarin "invest" hy?
Hy verwys na dinge waarop hy sy tyd/energie spandeer om goeie resultaat te kry
Noem minstens EEN ding waarin die "jongeheer" meer belangstel as in geld of finansies?
-Sport (soos "krieket")
-Spiere
-Meisies
Waarom is die "jongeheer" se spiere juis sy "bates" (r. 10)?
-Moet hard probeer/oefen om spiere te kry
- Effek op meisies
-Voordele om meisies te beïndruk
Die finansiële term "opwaarts neig" (r. 12) verwys na "aandele wat groei in waarde". Hoe gebruik die "jongeheer" die woorde "opwaarts neig" (r. 12)? Waarna verwys die woorde?
"Effekte op die girls (meisies)"
-> Opgewonde raak
-> Beïndruk hulle
Waarom is die "jongeheer" se "risko's... magtig" (r. 13)? Verduidelik kortliks.
As die meisies se bloeddruk nie styg nie, verloor hy nie sy spiere nie
Die frase "stewige lopies" (r. 13-14) het twee moontlike betekenisse. Verskaf albei.
-Positiewe styging in die waarde van aandele
-Punte wat mense in krieket kry
Vertaal die frase "anyway who cares" in Afrikaans (r. 15) - verskaf hoofletters en leestekens.
In elk geval, wie gee om
Hoe (en waarom) word reël 16 uitgehef?
Alleenplasing
-> Beklemtoning
--> Fokus op geld/finansies in gedig
Wat het koring, mielies en sonneblom in gemeen? Verskaf minstens EEN antwoord
- Stapelvoedsel
- Verhandelbaar is op aandelemark
Waarom is die prys van "koring mielies en sonneblom" belangrik?
Prys op aandelemark het effek op ekonomie (stapelvoedsel)
Waarom is die ironies dat die "jongeheer nie in geld belangstel nie?
Al die dinge waarin hy belangstel is geld nodig
Onder watter omstandighede sou/sal die "jongeheer" tog in geld belangstel?
- Nie gehad nie/nie so maklik nie
-As hy volwasse is en hy moet werk/vir homself moet sorg