1/33
Flashcards oor die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) en die menslike hulpbronfunksie.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced |
---|
No study sessions yet.
Noem maniere waarop besighede die WVB kan nakom.
Vertoon die naam van die besigheid op alle besigheidsdokumentasie, laat verbruikers 'n vyf dae afkoel-periode in die verkoopsooreenkoms toe, maak die pryse van alle produkte wat te koop is bekend, verseker dat die gehalte van die goedere en dienste gestandaardiseer en identies is vir alle verbruikers, voldoen aan vereistes rakende die vertoning van inligting op etikette/ verpakking, en voer opleiding op die WVB met alle personeellede en belanghebbendes uit.
Wat is die regte van verbruikers in terme van die NKW?
Reg om te kies, reg op regverdige en eerlike handelinge, reg op inligting oor produkte en ooreenkomste, reg op billike bemarking, reg tot aanspreeklikheid van verskaffers, reg op billike bepalings en voorwaardes en reg op gelykheid in die verbruikersmark.
Gee twee doelwitte van die WVB.
Versekering dat krediet op gelyke grondslag beskikbaar is vir alle kwalifiserende verbruikers en bevordering van verantwoordelike verbruikersgedrag.
Noem optredes wat as 'n oortreding van die WVB beskou word.
Vals inligting aan verbruikers verskaf, fisieke geweld gebruik om verbruikers te dwing om produkte te koop, piramideskemas bevorder en doelbewus verbruikers mislei oor pryse.
Wat is die negatiewe impak van die WVB op besighede?
Implementeringsprosedures is tydrowend, voorskriftelik en duur, besighede kan hul mededingende voordeel verloor en die nakoming van die wet kan addisionele koste meebring, soos die opleiding van personeel.
Identifiseer VIER wette waaraan DHV nie voldoen nie.
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging en Wet op Verbruikersbeskerming.
Wat is die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO)?
Om die vaardighede van werknemers te verbeter en om die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) te implementeer.
Verduidelik ouerskapverlof as 'n bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
Ouers is geregtig op ouerskapverlof, aannemingsverlof en gesinsverantwoordelikheidsverlof.
Bespreek die negatiewe impak van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) op besighede.
Verhoogde opleidingskoste, mag ongeskikte kandidate aanstel en die implementeringsprosesse kan rigied voorkom.
Wat is die doelstellings van die menslike hulpbronfunksie?
Werwing, keuring, induksie, plasing, salarisbepaling en byvoordele.
Wat is die betekenis van werwing?
Die proses wat deur 'n besigheid gebruik word om sekere vakatures in die besigheid te identifiseer en geskikte kandidate daarvoor te lok.
Wat is die twee komponente van posontleding?
Posbeskrywing en posspesifikasie.
Watter stappe moet gevolg word in die werwingsprosedure?
Die menslike hulpbronbestuurder moet die pos evalueer en 'n posontleding voorberei, die MHB moet die posspesifikasie aandui, kies die metode van werwing, adverteer die vakature intern, indien onsuksesvol, sal eksterne werwing oorweeg word en plaas die advertensie in die geselekteerde media.
Gee raad aan besighede oor die impak van eksterne werwing op hul bedrywighede.
Nuwe kandidate bring nuwe idees in die besigheid, dit kan die besigheid help om regstellende aksie te bereik en daar is 'n groter aantal kandidate om uit te kies.
Wat is die betekenis van keuring?
Die doelgerigte keuse van die beste kandidaat vir 'n beskikbare pos gebaseer op die vereistes van die posontleding.
Wat is die doel van siftingsonderhoude?
Om aansoekers te identifiseer wat nie vir die pos geskik is nie, al voldoen hulle aan al die vereistes.
Wat is die doel van 'n onderhoud?
Om 'n geleentheid te skep waar inligting oor die besigheid en aansoeker uitgeruil kan word, om inligting oor die sterkpunte en swakpunte van elke kandidaat te versamel en die vaardighede/persoonlike eienskappe van die aansoeker te evalueer.
Wat is die besonderhede/aspekte/inhoud van 'n indiensnemingskontrak?
Persoonlike besonderhede van die werknemer, besonderhede van die werkgewer, postitel, posbeskrywing, posspesifikasie, datum van indiensneming, plek waar die meeste van sy werkstyd sal spandeer, werksure, vergoeding, voordele/byvoordele/toelaes, verlof, salarisaftrekkings, kontraktydperk, handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer en 'n lys van dokumente wat deel vorm van die kontrak.
Wat is redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak?
Ontslag/wangedrag, oortolligheid/herstrukturering, bedanking, aflegging, aftrede, gesondheidsonbevoegdheid, wedersydse ooreenkoms en tydperk van kontrak.
Wat is die betekenis van induksie?
Die proses om nuwe werknemers aan 'n besigheid/ werksomgewing/organisasie bekend te stel.
Wat is die doel van induksie?
Nuwe werkers aan bestuur/kollegas bekend te stel, nuwe werkers inligting te gee oor die uitleg van die kantoor en/of geboue en geleenthede te skep vir nuwe werkers om verskillende afdelings te verken en te ervaar.
Gee voorbeelde van aspekte wat by die induksieprogram ingesluit moet word.
Veiligheidsregulasies en -reëls, oorsig van die besigheid, toer deur die perseel/besigheid, inligting oor die besigheid se produkte/dienste, vergadering met senior bestuur en inleiding tot sleutelpersone en onmiddellike kollegas.
Wat is die voordele van induksie vir besighede?
Nuwe werknemers wat vertroud is met die besigheid se beleid en prosedures kan maklik by hul nuwe werksomgewing aanpas, produktiwiteit verhoog en nuwe werknemers voel dalk deel van die span wat positiewe moraal/motivering tot gevolg het.
Wat is die betekenis van plasing?
Geselekteerde kandidate word geplaas/geposisioneer waar hulle optimaal sal funksioneer en waarde tot die besigheid sal toevoeg.
Wat is die stappe in die plasingsprosedure?
Die besigheid moet spesifieke verantwoordelikhede, verwagtinge en vereistes van die nuwe pos uiteensit, bepaal die suksesvolle kandidaat se sterkpunte, swakpunte, vaardighede, belangstellings en bevoegdhede deur die kandidaat aan verskeie psigometriese toetse te onderwerp en bepaal die verhouding tussen die pos en die bevoegdhede van die nuwe werknemer.
Wat is die verskil tussen stukwerk en tydsverwante salarisbepalingsmetodes?
Stukwerk: Werkers word betaal volgens die aantal items / eenhede wat geproduseer word / aksie wat uitgevoer is. Tydsverwante: Werkers word betaal vir die hoeveelheid tyd wat hulle by die werk/aan 'n taak spandeer.
Wat is die verband tussen salarisbepaling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV)?
Die WBDV stel voorwaardes uiteen wat verseker dat billike arbeids- en menslike hulpbronpraktyke ten opsigte van vergoeding binne die besigheid plaasvind en reguleer die minimum loonkoerse per sektor.
Gee voorbeelde van werknemersvoordele.
Mediese fonds, pensioenfonds, voorsorgfonds, begrafnisvoordele, motor-/reis-/behuising-/selfoon-/kleretoelae, prestasie-gebaseerde aansporings, uitreiking van bonusaandele personeelafslag, gratis of lae-koste etes en kantiengeriewe
Noem positiewe en negatiewe impakte van byvoordele op besighede.
Positiewe/Voordele: Aantreklike byvoordeelpakkette kan lei tot hoër werknemerbehoud en dit kan werknemers se werkstevredenheid verhoog. Negatiewe/Nadele: Byvoordele is bykomende koste wat tot kontantvloeiprobleme vir die besigheid kan lei en die administratiewe koste neem toe aangesien voordele korrek aangeteken moet word vir belastingdoeleindes.
Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as ‘n voordeel wat deur die wet vereis word.
WVF bied korttermyn finansiële bystand aan werkers wanneer hulle werkloos word of nie kan werk nie weens siekte/kraam-/aannemingsverlof en moet werknemers 1% van hul basiese salaris tot WVF bydra.
Wat moet die MHF verseker in terme van die implikasies van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV)?
Raamwerk vir bilaterale vergaderings, die regte van werknemers beskerm word en ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid en geskied en dat daar arbeidsvrede gehandhaaf word.
Hoe moet die MH verseker in terme van die implikasie van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV)?
Verseker dat werknemers kontrakte voldoen aan die bepalings van die WBDV, werknemers korrek vergoed word vir oortyd en geen kinderarbeidspraktyke nie.
Wat is die implikasie van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) op die menslike hulpbronfunksie?
Gelyke geleenthede bevorder en voorsien, gelyke indiensnemingsplanne saamstel wat aandui hoe hulle regstellende aksie sal implementeer en verseker dat regstellende aksie diversiteit in die werkplek bevorder.
Hoe moet die menslike hulpbronfunksie die implikasie van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) toepas?
Die doelwitte en vereistes van die WVO interpreteer, opleiding wat deur die besigheid uitgevoer word nakom en verseker dat die besigheid 1% van hul salarisrekening tot die VOH bydra.