1/48
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Verduidelik die innerlike konflik in hierdie gedig
daar is innerlike konflik tussen die hart en die hoof/verstand van die spreker
Wat is 'n krisis?
dit is 'n situasie wanneer die manier waarop ons altyd probleme hanteer, nie wil werk nie. Dan laat dit ons verward voel en ons dink nie logies nie
Noem 4 (moontlike) gevoelens wat mense ervaar wanneer daar 'n krisis in hul lewens is
verwardheid, woede, hopeloosheid en hulpeloosheid
Vooltooi: Hierdie gedig is 'n ..., want dit bestaan uit ... versreëls in twee strofes: strofe 1 bestaan ... reëls en word 'n ... genoem en strofe 2 bestaan uit ... reëls en is dus 'n ...
Italianse sonnet, 14, 8, oktaaf, 6, sestet
Watter soort spreker is daar in hierdie gedig?
Ek-spreker
3 multiple choice options
Waarna verwys die woorde "ons twee" in reël 1? Wie is "jy" en wie is "ek" en wat verteenwoordig die woord "Hoof" en "Hart" onderskeidelik?
"ons twee" verwys die Hoof en die Hart. Jy is die Hart en ek is die Hoof. Die Hoof verteenwoordig verstand/rede/logika en die Hart verteenwoordig emosies/gevoelens
Wie is die ek-spreker in die gedig? Wie se perspektief kry ons dus in die gedig?
die Hoof
Wat is die funksie van die aandagstreep in reël 1?
Dit vestig die aandag op dit wat volg, naamlik, die twee partye wat skei
Die Hart (met 'n hoofletter) word as mens aangespreek en dit is 'n voorbeeld van...?
personifikasie
Was die Hoof voorbereid en reg om van die Hart te skei? Haal 2 afsonderlike woorde uit reël 2 aan om te motiveer
Nee, "albei" en "onvoorbereid"
Word "die weg" en "die pad" letterlik of figuurlik gebruik? Verduidelik
Figuurlik, dit is nie letterlike paaie waarop motors ry nie, dit verwys na die spreker se lewe
Watter party (hoof of hart) was tot dusver dominant in die neem van besluite? Haal 3 opeenvolgende woorde uit reël 3 aan om jou antwoord te bewys
die Hart, "waarlangs jy gelei't"
Watter stylfiguur vind ons in reël 3?
Alliterasie (en assonansie)
Hoe komplimenteer die Hoof die Hart in reël 3?
Hy sê die hart het hulle op ʼn lieflike pad gelei
Gee 'n sinoniem vir "lieflik" en met watter woorde in reël 9 en 13 skakel "lieflik"?
Mooi/wonderlike. Dit skakel met "fees" en "kermis"
Met watter gevoel, dink jy, staar die hart terug?
verlange (hart verlang terug na wat was)
Wat impliseer die werkwoord "strek" in reël 4?
Die pad vorentoe is lank en eensaam
Hoe word die woorde "staar" en "strek" uitfgelig? Met...
alliterasie
Is die Hoof optimisties oor die pad vorentoe sonder die Hart? Verduidelik
Nee, hy gebruik negatiewe woorde soos "moeras", "kloof" en "afgrond" om dit te beskryf
Die woorde "klowe" en "afgrond" wys dat die pad vorentoe ... gaan wees en die woord "moeras" wys dat dit ... gaan wees
gevaarlik, moeilik
Watter vyf punte kritiek teenoor die hart word in reël 6-8 genoem? (Die redes waarom die hoof/verstand/rede van die hart wil skei)
Die hart is:
1. voortvarend
2. 'n lafaard
3. kan nie besluit nie
4. siek
5. 'n las
Wat doen jy as jy voortvarend is?
Jy doen sonder om te dink, jy is impulsief
Waarom word die hart 'n "lafaard" genoem?
die hart is bang om besluite te neem -> wegloop in tye van gevaar
Hoe voel 'n mens as jou hart "siek" is?
hartseer
Verduidelik wat 'n "las" is
iets wat in jou pad staan om vooruit te gaan
Gee 'n woord om die ek-spreker se toon teenoor die Hart te beskryf in reëls 1, 4 en 8
beslis
Beskryf die stemming in strofe 1
donker/somber
Skryf die rymskema van strofe 1 neer en benoem dit
Omarmende rym: abba, cddc
Waarom is daar elisie in reël 3? Gee twee redes
Vir beide rym en ritme
Verduidelik die paradoks in: "gas" en "gasheer"
'n persoon is óf 'n gas óf 'n gasheer; dit is 'n vaste rol. Jy kan nie albei op dieselfde tyd wees nie
Verduidelik die paradoks in: "seremoniemeester" en "nar"
Die seremoniemeester sorg dat alles mooi en reg verloop en die nar is die grapmaker wat die planne is prober deurmekaar maak. Jy kan nie albei op dieselfde tyd wees nie
Wat is die funksie van die paradokse in strofe 2? Wat sê dit van die hart?
Die paradokse wys die hart het oorgeneem en al die rolle gespeel en dinge deurmekaar gemaak
Wat is die funksie van die dubbelpunt aan die einde van reël 10?
Dit wys ʼn verduideliking van die paradokse volg
Die woorde "dwase" en "raad" staan langs mekaar. Hoe word hulle nog sterker verbind?
Die assonansie van die lang aa-klank
Gee 'n sinoniem vir "dwase"
dom/onverstandige
Waarna verwys "die laaste tree" in reël 12? Met watter woord in reël 13 skakel hierdie frase?
dit wys na die laaste oomblik van die Hart en Hoof saam op die "pad" of "weg." Die woord "laat"
Reël 12: "die laaste tree" is 'n ... vir doodgaan
eufemisme
Waarna verwys "kermis" in reël 13?
Die lieflike tyd toe die Hart en Hoof saam was en die Hart in beheer was
Die woorde "skei" word herhaal, wat wys dit oor die Hoof?
Die Hoof is baie beslis en vasbeslote -> hy wil sterk staan in hierdie besluit
Hoe word die gedig afgerond en tot 'n eenheid verbind met die slotreël?
Die woorde "hier" , "ons" en "skei" van reël 1 word herhaal
Waarom is hierdie gedig eintlik ironies?
ʼn mens se hart en hoof kan nooit eintlik geskei word nie
Watter raad sal jy vir die spreker in die gedig in hierdie krisis gee?
luister altyd na jou hart en jou hoof wanneer jy besluite neem
Waarom is die woord "moet" in reël 14 belangrik?
Dit wys die Hoof wil van die Hart skei, maar is nie seker of hy dit sal regkry nie
Wat is die toon van die hele gedig?
aan die begin is dit beslis, maar aan die einde is dit half in twyfel
Wat is die stemming van die hele gedig?
hartseer/onrustig
Beskryf die inhoud van strofe 1
beskrywing van die pad met die hart in beheer
Beskryf die inhoud van strofe 2
toepassing met die finaliteit van die besluit as gevolg van die ontmoontlike eienskappe van die hart
Wat is die funksie van die retoriese vraag in reël 14?
die spreker beroep haarself direk op die Hart
Wat is die funksie van die enjambement regdeur die gedig?
dit maak die gedig vloeiend en dit kan die tempo van die gedig verander