1/23
Flashcards oor tropiese siklone en verwante konsepte.
Klimatologie
Die studie van klimaat.
Tropiese Sikloon
Ook bekend as Orkaan, Tifoon en Willy Willies.
Algemene kenmerke van Tropiese Siklone
Gebiede van ontwikkeling, toestande nodig vir ontwikkeling, stadiums van ontwikkeling, verwante weerpatrone, impak op menslike aktiwiteite en die omgewing, voorsorgmaatreëls en bestuurstrategieë.
Suidelike Halfrond Hoogdruksel (Antisikloon)
Dalende lug, antikloksgewys, koue, droë lug, divergeer.
Suidelike Halfrond Laagdruksel (Sikloon)
Stygende lug, kloksgewys, warm, vogtige lug, konvergeer.
Noordelike Halfrond SIKLOON
Stygende lug, Oppervlakte konvergensie, Divergensie.
Noordelike Halfrond ANTISIKLOON
Dalende lug, Oppervlakte divergensie, Konvergensie.
Tropiese Sikloon op Sinoptiese Weerkaarte
Laagdruk (<1000hPa), Ooskus Afrika, Klokwaartse sirkulasie, Wind en weer sterkste by linkervoorkwadrant.
Kenmerke van Tropiese Siklone
Ook bekend as Orkane (VSA), Siklone (Suid-Indiese Oseaan), Tifone (Japan) en Willy Willies (Australië).
Tropiese Siklone Ontwikkel
Ontstaan in die Oostewindgordel, nooit nader as 5° Noord of Suid van die ewenaar nie. Vereis 'n see-oppervlaktemperatuur van 26½°C en hoër. Ontstaan oor warm oseane in die tropiese gebiede. Kom meestal voor in die laat somer/herfs. Sterf uit sodra dit die land bereik. Omvang is klein ( 300 - 500 km).
Kenmerke van Tropiese Siklone
Besit 'n stil/kalm oog ( 20 km in deursnee). Sterk stygende lug rondom die oog. Ontstaan aan die oostekant van vastelande. Isobare is min of meer sirkelvormig. Geen fronte. Word alfabeties name gegee gedurende die sikloonseisoen.
Vernietigingswerk van Tropiese Siklone
Verwoestende winde, Oorstromings en Stortsee wat seevlak laat styg.
Stadiums van Tropiese Sikloon Ontwikkeling
Wordingstadium, Onvolwasse stadium, Volwasse stadium, en Ontbindingstadium.
Omstandighede nodig vir ontstaan van Tropiese Siklone
'n Groot oop see-oppervlak, Warm seetemperature van ten minste 26½ °C en hoër, Baie waterdamp in die atmosfeer om te kondenseer, 'n Steil drukgradiënt, 'n Gelyke see-oppervlak, Hoogdruk bokant die tropiese sikloon met sterk winde in bo-lug.
Tropiese Siklone Ontwikkeling - ONTWIKKELING
Lugdruk BO 1000 hpa, Stormsterke winde
Tropiese Siklone Ontwikkeling - ONVOLWASSE
Lugdruk ONDER 1000 hPa, Windspoed neem toe
Tropiese Siklone Ontwikkeling - VOLWASSE
Lugdruk vêr ONDER 1000hpa, Baie sterk winde
Tropiese Siklone Ontwikkeling - ONTBINDING
Lugdruk STYG wees, Winde neem af
Vernietigingswerk van Tropiese Sikloon
Inwoners moet waarskuwings ernstig opneem, Bou voedselvoorraad, Berg watervoorraad, Besit battery-aangedrewe flitslig en radio. Moet telefoon nie onnodig gebruik nie. Besit goed toegeruste noodhulptas. Ekonomiese impak.
Voorkomingsmaatreëls teen siklone
Stel ontruimingsplanne in plek, reddingspanne, 'n Goeie voorspellingstelsel, Organiseer noodhulpkassies en batterye vir radio's, Gaar geblikte kos en watervoorrade op, Plaas sandsakke langs riviere en kusgebiede, Maak venster toe met houtgrendels en leer mense om van vensters af weg te bly tydens die storm.
Ekonomiese impak van siklone
Skade aan vervoer- en kommunikasiestrukture, Skade aan persoonlike eiendom/haweloos, Besighede lei skade, Finansiële druk, Versekeringsmaatskappye bestee baie geld aan eise, Skade aan plantegroei, gewasse en lewende hawe.
Omgewings-impak van siklone
Oorstroming van laagliggende kusgebiede, Kuserosie, Soutwater infiltreer laagliggende grond, Waterdraende siektes soos cholera, Ekosisteme word verbreek, Voedselkettings en voedselwebbe word vernietig, Toeslikking van damme verlaag die waterdrakrag-kapasiteit, Watertafel styg.
Tropiese Sikloon Idai (2019)
Het Mosambiek getref en groot verwoesting veroorsaak.
Tropiese Siklone - Impak van reënval
Modderstortings en grondverskuiwings vernietig landbougrond, Rotsstortings sal tot lewensverlies lei en skade aan eiendom veroorsaak, Brûe sal weggespoel word en toeganklikheid verminder.