KLIMATOLOGIE

Tropiese Siklone

Algemene Kenmerke van Tropiese Siklone

  • Ook bekend as:
    • Orkane (VSA)
    • Siklone (Suid-Indiese Oseaan)
    • Tifone (Japan)
    • Willy Willies (Australië).
  • Ontstaan in die Oostewindgordel, nooit nader as 5° Noord of Suid van die ewenaar nie.
  • Vereis 'n see-oppervlaktemperatuur van 26½°C en hoër.
  • Ontstaan oor warm oseane in die tropiese gebiede.
  • Kom meestal voor in die laat somer/herfs.
  • Sterf uit sodra dit die land bereik.
  • Omvang is klein (±\pm 300 - 500 km).
  • Beweeg van oos na wes en weg van die ewenaar.
  • Horisontale lugdrukgradiënt is steil, daarom orkaansterkte winde.
  • Besit 'n stil/kalm oog (±\pm 20 km in deursnee).
  • Sterk stygende lug rondom die oog.
  • Ontstaan aan die oostekant van vastelande.
  • Isobare is min of meer sirkelvormig.
  • Geen fronte.
  • Word alfabeties name gegee gedurende die sikloonseisoen - vroulike sowel as manlike name word gegee.
  • Gaan gepaard met stortreëns, weerlig en donderslae.
  • Vernietigingswerk geskied op drie maniere nl. verwoestende winde, oorstromings en stortsee wat seevlak laat styg.

Gebiede van Ontwikkeling

  • Tropiese siklone word in verskillende gebiede aangetref, insluitend die Noord-Atlantiese Oseaan (orkane), die Suid-Indiese Oseaan (siklone), die gebied rondom Japan (tifone), en Australië (Willy Willies).
  • Skaars in Suid Atlanties

Toestande Nodig vir Ontwikkeling

  • 'n Groot oop see-oppervlak.
  • Warm seetemperature van ten minste 26½ °C en hoër.
  • Baie waterdamp in die atmosfeer om te kondenseer en latent hitte vry te stel.
  • 'n Steil drukgradiënt sodat sterk winde op die laagdruk kan konvergeer en as gevolg van die Corioliskrag begin roteer.
  • 'n Gelyke see-oppervlak sodat winde sterk is en die Corioliskrag winde kan deflekteer.
  • Hoogdruk bokant die tropiese sikloon met sterk winde in bo-lug.
  • Gunstige omstandighede:
    • Seetemperatuur ten minste 26½ºC
    • Hoë humiditeit
    • Corioluskrag nodig
    • Onstabiele lug
    • Min oppervlakte wrywing
    • Ligte veranderlike winde nodig
    • Lugdruk onder 950hPa
    • Divergensie in bolug

Stadiums van Ontwikkeling

A. Wordingstadium:
  • Ontstaan a.g.v. intense oppervlakteverhitting wat 'n versteuring in die algemene sirkulasiepatroon tot gevolg het.
  • Lugdruk begin daal.
  • Lug begin styg.
  • Die oog begin vorm.
  • Winde bereik stormsterkte.
B. Onvolwasse Stadium:
  • Lugdruk daal nog verder - tot onder 1 000 hPa.
  • Winde bereik orkaansterkte.
  • Omvang is nog klein (±\pm 100 km).
  • Die lugdruk neem nog steeds af.
C. Volwasse Stadium:
  • Lugdruk bereik 'n laagtepunt - daal dikwels tot ±\pm 850 hPa.
  • Die omvang brei uit (±\pm 500 km).
  • Storm- en orkaansterkte winde kom voor tot 300 km van die sentrum.
  • Lugdruk aan die oppervlak baie laag (in die oog)
  • Wind en weer die ergste en mees uitgebreide in die linkervoorkwadrant, maar ook aan die regterkant om die "gevaarlike halwe sirkel" te vorm.
D. Ontbindingstadium:
  • Ontstaan sodra lugdruk begin styg.
  • Die omvang neem af.
  • Word in baie gevalle oor land bereik, want die stelsel word afgesny van sy energiebron en ervaar wrywing op land oppervlakte.

Verwante Weerpatrone

  • Voor oog:
    • Windrigting: Suid (SH)
    • Wind: Orkaansterkte
    • Lugdruk neem af
    • Baie swaar reënval
  • In oog:
    • Windloos
    • Reënloos
    • Wolkloos
    • Laagste lugdruk
    • Temp. neem toe
  • Agter oog:
    • Windrigting: Noord (SH)
    • Wind: storm tot orkaan
    • Lugdruk neem toe
    • Swaar reënval
    • Begin ontbind

Impak op Menslike Aktiwiteite en die Omgewing

  • Vernietigingswerk geskied op DRIE maniere nl.
    • verwoestende winde,
    • oorstromings en
    • stortsee wat seevlak laat styg.
  • Inwoners moet waarskuwings ernstig opneem.
  • Bou voedselvoorraad, veral ingelegde kos,
  • Berg watervoorraad
  • Besit battery-aangedrewe flitslig en radio.
  • Moet telefoon nie onnodig gebruik nie.
  • Besit goed toegeruste noodhulptas.
  • Plaaslike ekonomie ly skade.
  • Besighede en nywerhede kom tot stilstand.
  • Kos baie geld om skade te herstel.
  • Infrastruktuur is beskadig en dit benadeel die ekonomie.
  • Hoë versekeringseise.
  • Negatiewe impak op toerisme.
  • Skade aan vervoer- en kommunikasiestrukture.
  • Skade aan persoonlike eiendom/haweloos.
  • Besighede lei skade.
  • Finansiële druk op mense, families en besighede.
  • Versekeringsmaatskappye bestee baie geld aan eise.
  • Skade aan plantegroei, gewasse en lewende hawe.
  • Skade aan verskeping, aflandige en kusstrukture.
  • Duur om te herbou / Vernuwing van geboue en infrastruktuur
  • Negatiewe invloed op die BBP.
  • Werkloosheid.
  • Werkverskaffing in herbouing van geboue en infrastruktuur.
  • Impak negatief op toerisme.
  • Beïnvloed handel en goedere.
  • Voedselonsekerheid.
  • Oorstroming van laagliggende kusgebiede.
  • Kuserosie.
  • Soutwater infiltreer laagliggende grond.
  • Waterdraende siektes soos cholera.
  • Ekosisteme word verbreek.
  • Voedselkettings en voedselwebbe word vernietig.
  • Toeslikking van damme verlaag die waterdrakrag-kapasiteit.
  • Watertafel styg.

Voorsorgmaatreëls en Bestuurstrategieë

  • Stel ontruimingsplanne in plek om mense uit gevaargebiede te kry.
  • Daar moet reddingspanne wees om mense uit vloedgebiede te te red.
  • 'n Goeie voorspellingstelsel is belangrik om die baan van die tropiese sikloon te volg en te voorspel en waarskuwingsuit te reik.
  • Organiseer noodhulpkassies en batterye vir radio's, lampe en flitsligte.
  • Gaar geblikte kos en watervoorrade op.
  • Plaas sandsakke langs riviere en kusgebiede om die impak van oorstromings te verminder.
  • Maak venster toe met houtgrendels en leer mense om van vensters af weg te bly tydens die storm.
  • Sateliete
  • Afstands waarneming
  • Land radar
  • Mediese voorsiening
  • Lugreddingsdienste
  • Seewalle
  • Huise op pale
  • Sterk materiaal
  • Vloedbestand
  • Goeie kommunikasie
  • Ontruimingsroetes

Identifikasie op Sinoptiese Weerkaarte en Satellietbeelde

  • Identifikasie van ontwikkelingstadiums op sinoptiese weerkaarte
  • Interpretasie van weersimbole
  • Laagdruk (<1000hPa)
  • Klokwaartse sirkulasie
  • Wind en weer sterkste by linkervoorkwadrant
  • Wind sterkte

Gevallestudie van EEN Onlangse Tropiese Sikloon wat Suider-Afrika Beïnvloed het

  • Sikloon Idai oor Mosambiek en Zimbabwe
  • 2019 Tropiese Sikloon Idai by Mosambiek
  • Tropical Cyclone Desmond causes widespread flooding in Beira.
  • Residents warned as tropical cyclone Idai intensifies over Mozambique
  • Up to 1,000 Feared Dead in Mozambique, Making Tropical Cyclone Idai Africa's Worst Ever
  • Tropical Cyclone Idai Aims at Mozambique.
  • Tropical Cyclone Idai
  • Tropical Cyclone Idai to make second landfall in Mozambique.
  • Waarom word mense na veiligheid gebring wanneer 'n tifoon nader?
    • Stormvloede veroorsaak oorstromings langs die kuslyn wat mense se lewens bedreig/voorkom lewensverlies
    • Swaar reënvalneerslae kan lei tot oorstromings in laagliggende gebiede en mense se lewens bedreig
    • Verminder skade en beserings
    • Hierdie is vernitigende storms word met sterk winde geassossieer
    • Sterk winde veroorsaak dat verweerde materiaal rondwaai
  • Verduidelik TWEE faktore wat daartoe sou gelei het dat Meranti in 'n super-(uiters sterk)tifoon ontwikkel het.
    • Ontwikkeling van 'n steiler drukgradiënt
    • Sterker windsnelhede
    • Hoë seetemperature sal opheffing en afkoeling van lug verhoog
    • Meer latent verhitting soos wat kondensasie toeneem wat meer energie aan die tifoon voorsien
    • Voortdurende grootskaalse voorsiening van vog
    • Die vinnige opheffing van warm lug intensiveer die laagdrukmiddelpunt
    • Intense atmosferiese onstabiliteit
    • Toename in bolugdivergensie
  • Evalueer die impak van 800 mm reën wat in die bergagtige gebiede van Taiwan neergestort het (in groot hoeveelhede geval het).
    • 'n Groot hoeveelheid reënval sal modderstortings en grondverskuiwings
    • Modderstortings/grondverskuiwings vernietig landbougrond
    • Modderstortings/grondverskuiwings verwoes nedersettings
    • Rotsstortings sal tot lewensverlies lei en skade aan eiendom veroorsaak
    • Brûe sal weggespoel word en toeganklikheid verminder
    • Die streek se onvermoeë om te kommunikeer sal die toeganklikheid van dienste verminder
    • Paaie wat verspoel maak mediese dienste ontoeganklik vir gemeenskappe
    • Onderbreking van elektrisiteitsvoorsiening
    • Bergstrome wat oorstroom sal oppervlakafloop verhoog en waardevolle gewasse vernietig en tot veeverliese lei
    • Swaar reënval sal huise beskadig en mense dakloos laat
    • Groter afhanklikheid van staatshulp, bv. sosiaal/medies
    • Gronderosie/verspoelde vrugbare grond verminder voedselsekuriteit in die streek
    • Gronderosie slik damme toe
    • Versteuring van plantegroei/ekosisteme/verlies aan biodiversiteit
    • Vakansie-oorde word verwoes
    • Verminder toerisme in die omgewing
    • Positiewe impak:
      • Groot bron van water vir riviere/damme
      • Voorsien water vir besproeiing/lewende hawe/huishoudelike/ nywerheidsgebruik
      • Vernuwing/opgradering van vernietigde infrastruktuur
      • Was besoedelingsdeeltjies weg/verbeter die waterkwaliteit