Stalin en die Sowjetunie: Ekonomiese Beleid en Politieke Beheer

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/24

flashcard set

Earn XP

Description and Tags

Woordeskatflitskaarte oor Stalin se bewind in die USSR, insluitend die vyfjaarplanne, kollektivisering, politieke beheer en kernbegrippe rakende kommunisme en ekonomiese beleid.

25 Terms

1
New cards

Stalin se uitgangspunt

Stalin se idee dat die USSR selfstandige sosialisme moes opbou sonder om van kapitalistiese lande afhanklik te wees.

2
New cards

Doelwitte van die vyfjaarplanne

Die uitbreiding van swaarnywerhede, insluitend staal, steenkool, energie, vervoer en masjienproduksie, deur middel van sentrale produksieteikens.

3
New cards

Kollektivisering

Die samevoeging van individuele plase in groot kollektiewe plase onder beheer van die staat.

4
New cards

Kolkhoze

Kollektiewe plase waar boere saam gewerk en geproduseer het.

5
New cards

Sovkhoze

'n Staatsplaas wat direk deur die regering besit en beheer is.

6
New cards

Kulaks

Ryk boere in Rusland.

7
New cards

Dekulakisering

Stalin se beleid om die kulaks as 'n klas uit te skakel deur hul grond en besittings af te neem en baie van hulle te deporteer.

8
New cards

Gedwonge kollektivisering

Die proses waardeur boere gedwing is om hul individuele plase te verlaat en by kollektiewe plase aan te sluit.

9
New cards

Hongersnood (1932–1933)

'n Ernstige tekort aan voedsel wat veral Oekraïne in die jare 1932–1933 swaar getref het.

10
New cards

Eerste vyfjaarplan (1928–1932)

'n Plan met die fokus op die ontwikkeling van swaar nywerhede en hoë produksieteikens (yster, staal, elektrisiteit, vervoer en steenkool), wat gelei het tot groot druk op werkers en strawwe vir mislukking.

11
New cards

Tweede vyfjaarplan (1933–1937)

'n Plan gefokus op die ontwikkeling van militêre nywerhede (lugvaart, skeepsbou, ammunisie en wapenvervaardiging) ter voorbereiding vir oorlog teen die bedreiging van fascistiese lande.

12
New cards

Stalin se metodes van politieke beheer

Die handhawing van beheer deur middel van propaganda, sensuur, die geheime polisie, suiwerings en vrees.

13
New cards

Kommunisme

'n Stelsel waar die staat of gemeenskap beheer oor die produksiemiddele het en ekonomiese gelykheid nagestreef word.

14
New cards

Kapitalisme

'n Ekonomiese stelsel waar private mense ondernemings besit, handel dryf en wins maak.

15
New cards

Sosialisme

'n Stelsel waar die staat of gemeenskap die belangrikste produksiemiddele beheer om groter gelykheid te bevorder.

16
New cards

Bolsjewiste

Kommunistiese groepe onder leiding van Lenin wat in 1917 in Rusland aan bewind gekom het.

17
New cards

Marxisme-Leninisme

Karl Marx se kommunistiese idees soos aangepas en in die praktyk toegepas deur Lenin.

18
New cards

Oorlogskommunisme

Lenin se streng ekonomiese beleid tydens die burgeroorlog met omvattende staatsbeheer oor die ekonomie en voedsel.

19
New cards

NEB (Nuwe Ekonomiese Beleid)

Lenin se beleid vanaf 1921 wat beperkte private handel en die bedryf van klein ondernemings toegelaat het.

20
New cards

Ekonomiese beleid

'n Regering se planne en doelgerigte optrede om die land se ekonomie te beheer en te bestuur.

21
New cards

Sentrale beplanning

'n Stelsel waarin die regering self bepaal wat, hoeveel en hoe goedere geproduseer moet word.

22
New cards

Industrialisering

Die ontwikkeling en uitbreiding van fabrieke en nywerhede in 'n land.

23
New cards

Deportasie

Die gedwonge verwydering van mense na ander gebiede.

24
New cards

Propaganda

Inligting wat deur die regering versprei word met die doel om mense se opinies en gedrag te beïnvloed.

25
New cards

Suiwering

Stalin se veldtog om vermeende politieke teenstanders en ander vyande van die staat uit te skakel.