1/67
'n Omvattende woordelys van rekenaarhardeware-terme en hul definisies in Afrikaans.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Aspek-verhouding (Aspect ratio)
Die verhouding tussen die wydte en die hoogte van die skerm, bv. 16:9.
Biometriese identifikasie
Die gebruik van tegnologie wat 'n unieke biologiese eienskap van 'n mens, soos 'n vingerafdruk of die irispatroon van 'n oog kan skandeer vir identifikasie.
Bluetooth
'n Koordlose tegnologie wat toestelle soos muise, drukkers en slimfone toelaat om oor 'n kort afstand met mekaar te kommunikeer.
Blu-Ray
'n Optiese formaat wat ontwerp is om hoë-definisie-video (HD) op te skryf, te herskryf en terug te speel, asook om groot hoeveelhede data te stoor (meer as op 'n DVD).
Laai (Boot)
Hierdie term word gebruik om die proses te beskryf waardeur 'n rekenaar gaan wanneer dit aangeskakel word.
Kasgeheue
Hoëspoedgeheue wat gebruik word vir data wat gereeld of onlangs gebruik is, sodat daar vinniger toegang tot daardie data verkry kan word.
Kleurdiepte
Die aantal bisse wat gebruik is om die kleur vir elke beeldpunt of pixel in 'n prentjie te verteenwoordig.
Kontras-verhouding (Contrast ratio)
Die verhouding tussen die donkerste swart en die helderste wit wat die skerm kan weergee.
Konvergensie
Die neiging waar afsonderlike tegnologieë en funksies waarvoor mens in die begin verskillende toestelle nodig gehad het, nou gekombineer word in een enkele toestel, bv. die slimfoon en die tablet.
Core
'n Enkele fisiese verwerker. Skyfies wat as 'Dual…' beskryf word, het twee verwerkers, dié wat as 'Quad…' beskryf word het vier verwerkers, ens.
Verstek-drukker (Default printer)
Die drukker wat gebruik sal word tensy die gebruiker spesifiek aandui dat 'n ander drukker gebruik moet word.
Ergonomie
Die studie en ontwerp van die werkplek en die toerusting wat in die werkplek gebruik word vir die gemak en veiligheid van mense in hul werksomgewing.
GHz
'n Meeteenheid waarin die spoed van die SVE weergegee word. Hoër is beter.
GPS-toestel
'n Toestel wat bereken waar jy op die aarde se oppervlakte (breedtegraad en lengtegraad) is, gebaseer op 'n sein wat dit van ten minste drie GPS-satelliete af kry.
Hardekopie
Afvoer op papier (in teenstelling met sagtekopie - visuele uitvoer op 'n skerm).
HDMI
'n Koppelvlak wat video en klank van 'n hoë kwaliteit met net een kabel oordra. Dit verskaf beelde van 'n beter kwaliteit omdat dit met digitale seine werk.
ISO-gradering
'n Digitale kamera se sensitiwiteit vir lig. Hoër is beter.
Lumen
Dit meet die helderheid van die beeld wat 'n dataprojektor projekteer. Hoe hoër, hoe meer effektief sal die projektor wees.
Micro-USB
'n Kleiner tipe USB-poort, gewoonlik op mobiele toestelle soos slimfone.
Mobiele gebruikers
Gebruikers (nie noodwendig in 'n aparte kategorie nie) wat net hulle rekenaartoestelle by hulle wil hê waar hulle ook al reis, bv. verkoopspersoneel en konsultante.
Pentoevoer
'n Toevoertoestel wat saam met 'n druksensitiewe grafikablad (digitising tablet) gebruik word.
Pixel density
Die Aantal beeldpunte van die beeld wat in 'n 1" horisontale lyn inpas. Hoër is beter.
POS (Point Of Sale)
'n Betaalpuntstelsel wat ontwerp is om die verkoop van goedere en dienste vinniger en makliker te maak.
Krag-gebruiker / Super-gebruiker (Power user)
Kategorie gebruiker wat die kragtigste en mees moderne hardeware en sagteware nodig het om hul take te verrig, bv. argitekte en ingenieurs. Hulle maak ook gewoonlik gebruik van al die gevorderde funksies van die betrokke sagteware waarmee hulle werk.
bpm (ppm)
Die aantal bladsye wat 'n drukker per minuut kan druk, d.i. die 'spoed' van die drukker.
Druk-waglys (Printer queue)
'n Plek op die hardeskyf waar take vir die drukker tydelik gestoor word totdat die drukker gereed is om hulle te druk. Elke drukker het sy eie een.
QR-kode
'n Tweedimensionele vierkantige tipe 'strepieskode' (barcode) wat baie meer data as 'n konvensionele strepieskode kan stoor. Dit kan met behulp van die kamera op 'n mobiele toestel geskandeer word.
Verfrissings-tempo (Refresh rate)
Hoe dikwels of hoe vinnig die beeld op die skerm verfris word. Hoe hoër, hoe beter.
Resolusie
Vertoontoestel: Die maksimum resolusie is die hoogste aantal beeldpunte wat deur die beeld ondersteun word (bv. 1920×1080). Skandeerder: Die getal kolletjies per duim (dpi). Digitale kamera: Totale aantal beeldpunte waaruit die foto bestaan. Drukker: Aantal kolletjies op een horisontale lyn (dpi).
RFID
Maak van klein radiotoestelle (kleiner as 'n ryskorrel) gebruik om data te stoor en te versend.
Rpm
Eenheid waarin die rotasiespoed van 'n hardeskyf gemeet word, bv. 7200rpm.
Safe Mode
Windows laat jou toe om jou rekenaar in hierdie manier te (her)laai om te help om verskeie sagtewareprobleme reg te maak. In die manier word net noodsaaklike stelselprogramme en dienste gelaai.
Skerm-sluitpatroon (screen lock pattern)
'n Manier om 'n draagbare toestel te sluit, waar jy dan met jou vinger 'n patroon op die skerm moet 'teken' om die toestel weer oop te sluit.
Sensor-grootte
Die grootte van die sensor in 'n digitale kamera. Hoe groter, hoe beter is die kwaliteit van die beeld.
Bediener (Server)
'n Rekenaar wat dienste of hulpbronne aan ander rekenaars (kliënte) wat aan die netwerk gekoppel is, verskaf.
SOHO-gebruiker
Kategorie gebruiker wat 'n rekenaar gebruik vir 'n besigheid wat die gebruiker bestuur.
Spooling
Die proses waartydens 'n druktaak tydelik na die hardeskyf toe gestuur word totdat die drukker beskikbaar is om die drukwerk te doen.
Stelsel-vereistes
Die minimumvereistes (soos die hoeveelheid stoorplek, verwerkingspoed en hoeveelheid geheue) waaraan 'n rekenaar moet voldoen om die sagteware te kan uitvoer.
Virtuele geheue
Die ongebruikte skyfspasie van 'n hardeskyf, wat die bedryfstelsel in staat stel om te werk asof dit toegang het tot meer RAM as die hoeveelheid RAM wat fisies in die rekenaar teenwoordig is.
Onbestendige (volatile) geheue
Geheue (RAM) verloor sy inhoud as die krag afgeskakel word.
Digitale zoom
Soos wat jy 'nader' gaan en die prentjie groter word, word dit ook minder skerp, en op die ou end sien mens net kolletjies.
Optiese zoom
Gebruik lense op die kamera om 'nader' aan die objek wat afgeneem word, te kom. Gebruik dit as jy foto's van goeie kwaliteit wil hê.
3D-drukker
'n Drukker wat dit moontlik maak om fisiese driedimensionele voorwerpe te skep van ontwerpe wat op 'n rekenaar met behulp van CAD- of 3D-modelleringsagteware geskep is.
Versnellings-meter (Accelerometer)
Toevoertoestel in slimfone en tablette, wat gebruik word om vas te stel hoe die toestel vasgehou of beweeg word.
Kaartleser
Toestel waarin mens 'n geheuekaart kan inprop. Data kan dan tussen die geheuekaart en die rekenaartoestel waaraan die toestel gekoppel is, oorgedra word.
SVE (CPU)
Hardewarekomponent wat al die data verwerk en al die instruksies uitvoer.
Toegewyde toestel
Toestelle wat ontwerp is om net een spesifieke taak te verrig, soos Outomatiese Tellermasjiene (OTM's), GPS-toestelle en huishoudelike gebruikstoestelle soos mikrogolfoonde en wasmasjiene.
DIMM
'n Gestandaardiseerde 'stokkie' RAM wat ontwerp is om in sy spesifieke gleuf op die moederbord in te prop.
Dongle
Toestel wat in 'n USB-poort ingeprop word om 'n koordlose sleutelbord of muis met die rekenaar te laat kommunikeer, of om 'n rekenaar deur 'n sellulêre netwerk (3G/4G) internettoegang te gee.
DSLR-kamera
'n Tipe kamera ontwerp vir meer professionele gebruik. Dit laat jou toe om verskillende lense te gebruik, en jy het ook meer beheer oor die tegniese instellings van die kamera.
Intreevlak-rekenaar
'n Rekenaar wat die goedkoopste is in 'n reeks (bv. tafelrekenaars), en wat redelike lae hardewarespesifikasies het.
GPU
Word gevind op die videokaart (soortgelyk aan die SVE op die moederbord), wat by sekere soorte sagteware (CAD, 3D-grafika, speletjies, ens.) die rekenaar se werkverrigting kan verbeter.
Hibried-rekenaar / 2-in-1
Skootrekenaar / tablet met 'n skerm wat mens kan omdraai (of selfs kan afhaal), saam met 'n gewone sleutelbord. Kan óf as gewone skootrekenaar óf as tablet gebruik word.
Inkspuit-drukker
'n Tipe drukker wat mikroskopiese klein kolletjies ink op die papier spuit, wat relatief goedkoop is om aan te koop, maar relatief duur is om te gebruik.
Laserdrukker
'n Soort drukker wat soos 'n fotostaatmasjien werk, en toner in plaas van ink gebruik. Relatief duur om aan te koop, maar goedkoper om te gebruik vir groot maat drukwerk.
Geheue (RAM)
'n Nie-permanente stoorarea vir programme en data wat deur die rekenaar verwerk word. Geheue verloor sy inhoud as die krag afgeskakel word.
Geheuekaart
Elektroniese stoormedia wat in digitale kameras en slimfone gebruik word.
Moederbord
'n Groot reghoekige bord in die rekenaarkas wat stroombane bevat met gleuwe en konnekteerders waaraan die SVE, RAM, stoortoestelle en randtoestelle gekoppel kan word.
Multifunksie-drukker
'n Alles-in-een toevoer/afvoer-toestel wat tipies kan druk, skandeer, foto-kopieer en faks.
Multi-touch (raakskerm)
'n Skerm wat twee of meer vingers wat tegelyk op die skerm druk, kan waarneem, bv. vir 'n knyp-aksie.
Phablet
'n Slimfoon met 'n skerm groter as 5". In grootte is dit iewers tussen 'n slimfoon en tablet.
Wyserstokkie (Pointing stick)
'n Alternatief vir 'n muis by skootrekenaars. Dit bestaan uit 'n klein knoppie tussen die sleutels van die sleutelbord wat beweeg word om die muismerker te stuur.
ROM
'n Spesiale skyfie op die moederbord wat die instruksies bevat om die rekenaar aan die gang te kry en die bedryfstelsel te laai wanneer dit aangeskakel word.
SATA
Die interne hardeskyf-koppelvlak of koppelstuk - die manier waarop die hardeskyf aan die moederbord gekoppel is.
Skandeerder (Scanner)
'n Toevoertoestel wat beelde in 'n rekenaar invoer, bv. gedrukte teks, grafika, strepieskodes, QR-kodes en selfs dele van die menslike liggaam.
SSD
'n Heeltemal elektroniese alternatief vir die hardeskyf wat dieselfde tegnologie as flash-skywe gebruik.
Tablet
'n Draagbare rekenaar met 'n raak- of pensensitiewe skerm, met die voordeel van 'n groter skerm en langer batterylewe as slimfone.
Raakskerm (Touch screen)
'n Skerm wat als beide toevoer- en afvoertoestel gebruik word in toestelle soos slimfone en tablette.