Wet op Vaardigheidsontwikkeling

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/8

flashcard set

Earn XP

Description and Tags

WVA

9 Terms

1
New cards

DOEL VAN DIE WET

  • Ontwikkel Suid-Afrikaners se vaardighede om produktiwiteit in die werkplek te verbeter.

  • Moedig besighede aan om nuwe en bestaande werkers se vaardighede te verbeter.

  • Belê in die onderwys en opleiding van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag.

  • Herstel wanbalanse van die verlede doelbewus deur onderwys en opleiding.


2
New cards

IMPAK VAN DIE WET

POSITIEF

  • Vermeerder die aantal werkers met skaars vaardighede.

  • Verbeter produktiwiteit in die werkplek, omdat werknemers deur opleidingsprogramme bemagtig word en meer kundig raak.

NEGATIEF

  • Die implementering van die WVO is tydrowend, duur, voorskriftelik en administrasie-intensief.

  • Die heffing op vaardigheidsontwikkeling (VOH) plaas ’n bykomende finansiële las op besighede wat finansieel sukkel.


3
New cards

Optredes wat nie voldoen aan die WVO nie

  • Verhoed werknemers se toegang tot leerlingskappe op grond van diskriminasie, soos swangerskap, ouderdom, posisie, taal, geslag, seksuele oriëntasie, kultuur of geloof.

  • Vervalsing van inligting in dokumente, soos werksplekvaardigheidsplanne en belastingdokumentasie wat by die SAID ingedien word.

  • Verskaf indiensnemingsdienste vir wins sonder om as ’n werkgewer of by die betrokke SOOO (SETA) geregistreer te wees.

  • Verskaf verkeerde en ontoepaslike inligting oor ’n leerlingskap om werknemers doelbewus te mislei.


4
New cards

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WVO

  • Besighede wat nie aan die WVO voldoen nie, kan ’n nakomingsbevel van die Arbeidshof ontvang wat hulle dwing om aan die WVO te voldoen.

  • Besighede kan groot boetes of gevangenisstraf kry, afhangend van die erns van die oortreding.

  • Besighede wat nie die VOH betaal nie, mag nie leerlingskappe aanbied of toelaes van die WVO eis nie.

  • ’n Arbeidsinspekteur mag bedrywighede onbepaald staak, of die besigheid se lisensie kan teruggetrek word indien dit aan onwettige praktyke skuldig bevind word.


5
New cards

Maniere waarop besighede vereistes van die WVO kan nakom

  • Vertoon ’n opsomming van die WVO waar alle werknemers dit kan sien.

  • Gee alle werknemers geleenthede om hul vaardighede te verbeter.

  • Evalueer werknemers se vaardighede om vas te stel waar vaardigheidsontwikkeling nodig is.

  • Bevorder en moedig werknemers aan om hul vaardighede te verbeter en aktief aan leerlingskappe deel te neem.


6
New cards

Die rol en funksie van ‘n SETA

  • Registreer verskillende leerlingskappe en leerprogramme.

  • Ontwikkel vaardigheidsplanne wat in lyn is met die doelwitte van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS).

  • Ontwikkel vaardigheidsontwikkelingsplanne vir verskillende ekonomiese sektore.

  • Bevorder leerlingskappe en leerprogramme deur geskikte werkplekke vir praktiese werksondervinding te identifiseer.


7
New cards

Befondsing van SETAs

  • Vaardigheidsontwikkelingsheffings (VOHs) word deur werkgewers aan die SAID betaal, wat dit namens die regering invorder.

  • Die SETAs ontvang 80% van die heffing vir organisatoriese uitgawes, en 20% gaan aan die Nasionale Vaardigheidsfonds.

  • Skenkings en toelaes word van die publiek, besighede en KMI-programme ontvang.

  • Fondse word ontvang uit die lewering van hul dienste.


8
New cards

Nasionale vaardigheidsontwikkelingstrategie

  • Verhoog toegang tot opleidingsprogramme.

  • Spreek die tekort aan taal- en wiskundige vaardighede onder die jeug en volwassenes aan.

  • Verbeter die gebruik van werkplekgebaseerde vaardigheidsontwikkeling.

  • Verbeter die vaardighede van die openbare sektor om dienslewering te verbeter.


9
New cards

Menslike hulpbron ontwikkelingstrategie

  • Verbeter die verskaffing van vaardighede wat die land direk bevoordeel.

  • Bevorder maatskaplike ontwikkeling/sosiale geregtigheid en help om armoede te verminder.

  • Spreek vaardigheidstekorte in die Suid-Afrikaanse werkplek aan.

  • Bevorder vinniger ekonomiese groei en hoër indiensnemingsvlakke, en verlaag armoede in Suid-Afrika.