1/26
Looks like no tags are added yet.
Identifiseer die rympatroon in hierdie gedig. (x1)
Vrye vers (geen vaste rympatroon nie).
Verduidelik die gebruik van die kort versreëls. (x1)
Dit boots die vorm van die krokodil na (lank en laag) en skep 'n stadige, dreigende ritme.
Watter deel steek bo die water uit? Haal DRIE AGTEREENVOLGENDE woorde aan. (x1)
“sy gemmer oë”
Watter dele van die krokodil is onder die water weggesteek? Haal TWEE aparte woorde aan. (x1)
“romp” en “pote”.
Wat word in die versreël “Die krokodil hang aan sy gemmer oë” beskryf? (x1)
Net die oë van die krokodil is bo die water sigbaar; die res is versteek
Verduidelik die gebruik van die woord “gemmer”. (x1)
Dit verwys na die kleur (oranjebruin) van die krokodil se oë.
Identifiseer die beeldspraak in versreël 4 (oë van 'n kat) / Die beeldspraak in versreëls 4–5 is ('n metafoor / personifikasie) – kies korrek. (x2)
Metafoor
Waarmee word die krokodil in die water vergelyk? (x1)
'n Boomstomp
Watter EEN WOORD beskryf hoe die krokodil in die water lyk? (x1)
Roerloos (of “dryf”).
Haal TWEE reëls aan wat die krokodil se bewegings in die water beskryf. (x1)
“beweeg hy dan trappel die stert en pote” en “'n ligvoetse onderwaterse ballet”.
Verduidelik die metafoor in versreël 24–25 (onderwaterse ballet). (x1)
Die krokodil beweeg grasieus en ligvoets in die water, soos 'n balletdanser.
Wat noem 'n mens 'n dier wat ander diere jag? (x2)
'n Roofdier
Wat jag die krokodil in hierdie gedig? (x1)
Wulp, ekster, kikvors, rietpadda (enige twee).
Noem DRIE diere in die gedig wat die krokodil se prooi is. (x1)
Wulp, ekster, kikvors, rietpadda (enige drie).
Verduidelik die kontras tussen die krokodil se bewegings in die water en op land. (x2)
In die water is hy grasieus en doeltreffend (soos 'n balletdanser); op land is hy lomp en komieklik (waggel, maak laag teen die sand).
Haal TWEE reëls aan wat die krokodil se beweging op land beskryf. (x1)
“krink sy hakke in 'n komieklike lomp waggel” en “sy maag laag teen die sand”.
Beskryf die krokodil se bewegings wanneer dit uit die water is. (x1)
Lomp, komieklik, waggelend.
Watter kenmerk van die krokodil word deur “antieke” en “tydlose” beklemtoon? (x1)
Dat hy oor duisende jare nie verander het nie (hy is 'n oerdier).
Wat word met die woorde “met sy antieke tydlose gryns” beklemtoon? (x1)
Die krokodil se onveranderlike, primitiewe aard.
Hoekom lê die krokodil haar eiers in die grond? (x1)
Om hulle weg te steek teen roofdiere soos die maraboe.
Identifiseer die stylfiguur in versreëls 41–44. (x1)
Alliterasie (die “s”-klank: “sluwe maraboe met sy snoeperige snawel”).
Verduidelik die funksie van die alliterasie in reëls 42–44. (x2)
Dit beklemtoon hoe skelm die maraboe is.
Rangskik die gebeure in die gedig in die korrekte VOLGORDE. (x1)
1) Krokodil dryf bewegingloos in die water.
2) Krokodil se bewegings in die water en op land word beskryf.
3) Krokodil steek haar eiers weg vir die maraboe.
4) Krokodil word die prooi (word 'n handsak).
Verduidelik die wending van die gedig in jou eie woorde. (x3)
Die krokodil begin as die roofdier (jagter), maar later word hy self die prooi – hy word gejag, doodgemaak en sy vel word 'n luukse handsak.
Hoe word die krokodilvel in 'n handsak omskep? (x3)
Dit word opgesnipper, uitgeknip, gepoleer, gepatroon en fyn gestik
Identifiseer die beeldspraak in strofe 3 (personifikasie). (x1)
Personifikasie – die handsak “sluk” allerhande kleinighede.
Noem TWEE voordele van die gebruik van dierprodukte en TWEE nadele. (x1)
Voordele – luukse mode, werkgeleenthede; Nadele – diere word doodgemaak, spesies kan uitsterf (enige relevante antwoord aanvaarbaar).