1/27
Looks like no tags are added yet.
Verduidelik wat die woord "palimpses" in die titel beteken?
Dit is ʼn antieke perkamentrol en kan meer as een keer gebruik word.
Benoem die beeldspraak in versreëls 1-2.
Personifikasie
Waarna verwys die woord "blou" in versreël 1?
Die lug / die blou hemel
Wat word met die woorde "kreukellose lug" geïmpliseer?
Dit is 'n mooi, *wolklose* dag
Verduidelik hoe dit vir die bome moontlik is om te 'skryf'?
Soos die takke waai, lyk dit of hulle skryf
Haal 'n voorbeeld van assonansie uit strofe 1 aan.
"Meulens saag en maal"
Haal ʼn voorbeeld van alliterasie uit die gedig aan.
"en pulp en plet die hout."
Herhaling van die "p" klank
Watter funksie het die meulens in die gedig?
Die meulens verwerk die hout. Dit word gemaal, verpulp en platgedruk om papier te maak.
Haal die woord aan wat dieselfde beteken as platpers.
"Plet"
Verduidelik wat die woord "pulp" beteken?
Dit is 'n apperige massa van plantaardige materiaal wat fyngemaak is.
- "It is a pulpy mass of crushed plant material"
Hoe skakel die "palimpses-idee" met die inhoud van die gedig?
Die bome word *hergebruik* in die vorm van papier wat kommunikasie skep wat vir ewig sal voortbestaan (continue).
Die digter laat die bome simbolies weer herleef met sy gedigte oor bome.
Hoekom is die bome nou stil in versreël 8?
Hulle is afgekap en weggeneem.
Hulle bestaan nie meer nie.
Hoe word die woord "bome" in die gedig beklemtoon?
Die strofe begin met 'bome' en eindig met 'bome' - bindingselement.
Kies die korrekte antwoord. Versreël 8 is 'n voorbeeld van: Metafoor, Vergelyking, Inversie en Personifikasie
Inversie
Wat is die funksie van die kommapunt (;) aan die einde van versreël 8?
Die kommapunt wys dat die sin *aangaan* in die volgende strofe, maar dit is die begin van 'n nuwe idee
Haal 'n woord uit strofe twee aan wat met die woord 'stil' kontrasteer.
"kletterend"
Verduidelik op wie of wat in elke strofe gefokus word?
In strofe 1 word daar op die bome gefokus
In strofe twee fokus dit op die skrywer wat sy storie op die produk (papier) van die bome tik.
Gee ʼn voorbeeld van klanknabootsing/onomatopee in strofe 2.
"kletterend" boots die geluid wat die tikmasjien maak na.
Waaruit kan jy aflei dat hierdie gedig nie ʼn moderne gedig is nie?
Die spreker gebruik 'n tikmasjien in plaas van 'n rekenaar om sy storie te tik
Wat is volgens strofe 2 die digter/skrywer se rol?
*Dit wat die bome wou sê, word nou deur die digter gesê.*
Dit is asof die skrywer 'vertaal' wat die bome geskryf het.
Haal die woord aan wat dui op die derde letter in die Griekse alfabet.
"gamma"
Verduidelik versreël 12 in jou eie woorde.
Gamma verwys na die hele alfabet, omdat "gamma" die derde letter van die Griekse alfabet is.
Dit kan ook verwys na hoe mens die helderheid van 'n foto aanpas - dit beklemtoon dat die woorde word helderder/duideliker
Verduidelik die woordkeuse van "ring op ring" in versreël 13.
"Ring op ring" verwys na die ringe van 'n boom se stam waarmee mens die boom se ouderdom kan bepaal. Dit is soos 'n argief van die boom se ervaring wat vernietig is.
Dui aan 'n stadige aksie van 'n boom met 'n byl afkap en soos dit deur die ringe van die stam geklief het.
Watter ander betekenis kan "ring op ring" hê? Dink aan water.
Die rimpel-effek van iets wat uitkring.
Die storie *versprei* en bereik mense
Wanneer skryf die digter?
In die oggend
Hoe sluit die titel by die inhoud van die gedig aan?
Die bome word hergebruik in die vorm van papier wat kommunikasie skep wat vir ewig sal voortbestaan. Die digter laat die bome simbolies weer herleef met sy gedigte op papier.
Die skrywer skryf die palimpses vol sodat jý dit kan lees en verstaan (vertel die storie van bome wat ons nie kon verstaan nie).
Wat is die stemming van die gedig? Hoekom sê jy so?
Somber. Dit handel oor die *vernietiging van die natuur*
Wat is die tema van die gedig? Verduidelik
Vernietiging en herskepping:
Die papier waarop ons skryf, was eens ʼn boom. Bome word afgekap om papier te maak (vernietiging van natuur) en dan word iets nuuts weer geskep op die papier