DEEL 2: Die oor

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/33

encourage image

There's no tags or description

Looks like no tags are added yet.

Last updated 6:47 AM on 5/30/26
Name
Mastery
Learn
Test
Matching
Spaced
Call with Kai

No analytics yet

Send a link to your students to track their progress

34 Terms

1
New cards

Orgaan van Corti

Reseptor vir gehoor

2
New cards

Krista

Reseptor wat veranderinge in die spoed en rigting van die kop waarneem

3
New cards

Makula

Rseptore wat veranderinge in die posisie van die kop waarneem

4
New cards

Halfsirkelvormige kanala

Vloeistofgevulde kanale wat reseptore bevat

5
New cards

Ampulla

Swelsel aan die basis van die halfsirkelvormige kanale wat die kristas bevat

6
New cards

Vestibulum

Struktuur wat uit die sakkulus en utrikulus bestaan, dit bevat die makulae

7
New cards

Grommet

Klein struktuur wat in die timpanum geplaas word, het ‘n klein gaaitjie in die middel wat die vloei van lug moontlik maak

8
New cards

Pinna:

  • Struktuur

  • Funksie

  • Struktuur: Kraakbeenflappe gelee aan die buitekant van die oor

  • Funksie: Rig klankgolwe op die gehoorkanaal

9
New cards

Gehoorkanaal

  • Struktuur

  • Funksie (3)

  • Struktuur: Buis wat strek van die pinna na die timpanum membraan

Funksie:

  1. Dra klankgolwe oor na die timpanum membraan

  2. Het klein haartjies wat verhoed dat vreemde liggaame die oor binnedring

  3. Het oorwas wat verhoed dat die timpanum uitdroog

10
New cards

Timpaniese membraan def

(trommelvlies) dun membraan wat die uitwendige oor van die middeloor skei

11
New cards

Timpaniese membraan:

  • Funksie (2)

  1. Klankgolwe wat deur die gehoorkanaal beweeg veroorsaak dat dit vibreer

  2. Gelei klankgolwe na die middeloor

12
New cards

Gehoorbeentjies

  • Funksie (2)

  1. Gelei vibrasies na inwendige

  2. Versterk die vibrasies

13
New cards

Gehoorbeentjies

  • Drie onreelmatige-gevormde beentjies\

  1. hamer (malleus) –grootste, verbind aan timpanum

  2. aambeeld (incus) – middelste beentjie, verbind die malleus aan die stapes

  3. stiebeuel (stapes) – kleinste, verbind aan die ovale venster

14
New cards

Ovale venster:

  • Struktuur

  • Funksie

  • Struktuur: Membraan wat die middeloor van die inwendige oor skei

  • Funksie: Gelei vibrasies van die middeloor na die inwendige oor

15
New cards

Ronde venster:

  • Struktuur

  • Funksie

  • Struktuur: Membraan wat onder die ovale venster gelee is

  • Funksie: Absorbeer oortollige drukgolwe van die inwendige oor - verhoed dat vibrasies eggo

16
New cards

Eustachius buis

  • Struktuur

  • Funksie

  • Dun buis wat die middeloor met die agterkant van die keel verbind

  • Hou die druk aan weerskante van die timpanum gelyk

17
New cards

Die inwendige oor

  • Waaruit bestaan dit?

Die inwendige oor lê in die benige skedel en bestaan uit die halfsirkelvormige kanale, vestibulum (sakkulus en utrikulus) en die koglea en is aaneenlopend met mekaar

18
New cards

Waaruit bestaan die inwendige oor se strukture?

  • Hierdie strukture bestaan uit benige holtes en word die benige labirint genoem.

  • Hierdie labirint word met ‘n vloeistof, wat perilimf genoem word, gevul.

  • Gesuspendeer in die perilimf is ‘n stelsel van membrane wat die membraanlabirint genoem word.

  • Hierdie labirint bevat ‘n vloeistof, wat endolimf genoem word.

19
New cards

Halfsirkelvormige kanale:

  • Struktuur (4)

  • 3 halfsirkelvormige kanale is reghoekig ten opsigte van mekaar gerangskik.

  • Hulle lê bokant die vestibulum. 

  • Elke kanaal het aan een punt ‘n verwyding wat ‘n ampulla genoem word.

  • Daar is reseptore in elke ampulla (kristae)

20
New cards

Halfsirkelvormige kanale

  • Funksie

Kristae neem veranderinge in spoed en rigting waar en wek impulse op wat na die serebellum gestuur word

21
New cards

Vestibulum:

  • Struktuur

  • Bestaan uit twee membraansakkies wat die sakkulus en utrikulus (beide met endolimf gevul) genoem word; in elkeen is daar reseptore wat makulae genoem word.

  • Makulae het klein haarselletjies wat met ‘n jellieagtige stof en klein kalsiumkarbonaatkristalletjies bedek word.

22
New cards

Vestibulum:

  • Funksie

Reseptore (makulae) neem veranderinge in die posisie van die kop met betrekking tot swaartekrag waar

23
New cards

Waarin word die inwendige oor verdeel?

Word in drie kanale verdeel:

  1. Die boonste en onderste kanale is met perilimf gevul

  2. Die middelste kanaal is met endolimf gevul en bevat die orgaan van Corti

  3. Die orgaan van Corti bevat haartjies wat in ‘n membraan ingebed is

24
New cards

Die orgaan van Corti: Funksies (2)

  1. Reseptor verantwoordelik vir die interpretasie van klank

  2. Skakel klankstimilus om in ‘n senuwee-impuls

25
New cards

Werking van die menslike oor (11 Stappe)

  1. Die pinna vang klankgolwe op en lei dit na die gehoorkanaal.

  2. Die klankgolwe tref die timpaniese membraan (trommelvlies).

  3. Die timpaniese membraan vibreer.

  4. Die gehoorbeentjies begin vibreer.

  5. Die hamer, aambeeld en stiebeuel versterk die vibrasies.

  6. Die stiebeuel druk teen die ovaalvenster.

  7. Drukgolwe beweeg deur die endolimf in die koglea.

  8. Die orgaan van Corti word gestimuleer.

  9. Haarselle skakel die stimulus om na senuwee-impulse.

  10. Die gehoorsenuwee gelei die impulse na die serebrum.

  11. Die serebrum interpreteer die impulse as klank.

26
New cards

Balans def.

Balans is die proses waartydens reseptore in die inwendige oor veranderinge in die posisie van die kop waarneem en op swaartekrag, sowel as veranderinge in spoed en rigting van die liggaam, reageer.

27
New cards

Wat in die oor is verantwoordelik vir balans?

  1. Die kristae ampullaris van die halfsirkelvormige kanale (Roterend)

  2. Makulae in die sakkulus en utrikulus (Kop vorentoe buig)

28
New cards

Sakkulus en utrikulus

  • Beskryf die werking daarvan om balans te ondersteun wanneer die kop vorentoe gebuig word (5)

  1. Die sakkulus en utrikulus bevat spesiale reseptore wat mens die makulae noem

  2. Die makulae word gestimilueer wanneer die posisie van die kop verander a.g.v swaartekrag

  3. Sensoriese haarselle in die makulae word gestimilueer om impulse op te wek

  4. Die impulse word na die Serebellum gestuur

  5. Die Serebellum stuur impulse na die skeletspiere om die balans te herstel

29
New cards

Ampulla:

  • Beskryf die werking daarvan om balans te ondersteun wanneer die liggaam roterende bewegings ervaar (7)

  1. Die ampulla kom voor in die basis van elke harfsirkelvormige kanaal

  2. Die ampulla bevat kristae

  3. DIe halfsirkelvormige kanale is op drie verskillende vlakke gerangskik

  4. Skielike veranderinge in die spoed en rigting van die liggaam laat endolimf in minstens een halfsirkelvormige kanale beweeg

  5. Beweging van die endolimf stimilueer die kristae om impulse op te wek

  6. Impulse word na serebbelum gestuur

  7. Die serebellum stuur impulse na die skeletspiere om die balans te he

30
New cards

Middeloorontsteking

  • Wat is dit?

  • Waardeur word dit veroorsaak?

  • Middeloorontsteking is die gevolg van vloeistof (vog) wat in die middeloor opbou.

  • Dit word veroorsaak deur patogene wat toegang verkry deur die buis van Eustachius. Die vog kan, as gevolg van die infeksie deur die patogeen, nie deur die buis van Eustachius gedreineer word nie en dit veroorsaak ontsteking

31
New cards

Behandeling vir Middeloorontsteking

  • Medikasie

  • Grommets

32
New cards

Wat is grommets?

‘n Grommet is ‘n dreineringsbuisie wat tydens ‘n operasie in die timpanum geplaas word en wat dit moontlik maak vir vog, agter die timpanum, om uit die oor te dreineer (loop).

33
New cards

Doofheid

  • Waarna verwys dit?

  • Deur wat word dit veroorsaak?

  • Verwys na die totale of gedeeltelike gehoorverlies

  • Besering van dele van die oor, senuwees of dele van die brein wat verantwoordelik is vir verhoor

  • Verharding van weefsels van die oor soos die gehoorbeentjies (ossikels)

34
New cards

Behandeling vir Doofheid

  • Gehoorapparaat

  • Kogleere inplantings