1/67
Looks like no tags are added yet.
Potensiaalverskil
Die potensiaalverskil oor n geleier is die energie oorgedra per eenheidslading (1C) wat daardeur vloei.
EMK
Die arbeid verrig per eenheidslading deur die bron (battery).
Terminaalpotensiaalverskil
Die potensiaalverskil wat oor die terminale (pole / ente) van 'n battery gemeet word wanneer ladings in die stroombaan vloei.
Stroom
Die tempo van die vloei van lading.
Weerstand
Die verhouding van die potensiaalverskil oor 'n weerstand tot die stroom in die weerstand.
Puls
'n Enkele versteuring in 'n medium.
Golf
'n Herhalende versteuring in die medium aan beide kante van die rusposisie.
Periode (T):
Die tyd wat dit neem vir een volledige golfpuls.
Golflengte (λ)
Die afstand tussen twee opeenvolgende in-fase-punte.
Frekwensie (f)
Die getal golfpulse per sekonde.
Golfspoed (v)
Die afstand wat 'n punt op die golf per eenheidstyd beweeg.
Transversale puls
'n Puls waarin die deeltjies van die medium reghoekig tot die bewegingsrigting van die puls beweeg.
Longitudinale puls
'n Puls waarin die deeltjies van die medium parallel tot die bewegingsrigting van die puls beweeg
Amplitude
Die maksimum verplasing van 'n deeltjie vanaf sy rusposisie.
Konstruktiewe interferensie
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die kruin van 'n ander puls oorvleuel om 'n puls van verhoogde amplitude te vorm.
Destruktiewe interferensie
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die trog van 'n ander puls oorvleuel om 'n puls van verlaagde amplitude te vorm.
In fase
Twee in-fase-punte word geskei deur 'n heelgetal-veelvoud van volledige golflengtes.
Uit fase
Punte wat nie deur 'n heelgetal-veelvoud van volledige golflengtes geskei word nie.
Kruin
Die hoogste punt op 'n golf
Trog
Die laagste punt op 'n golf.
Golfspoed/Pulsspoed
Die afstand wat 'n punt op die golf (of die puls) per eenheidstyd beweeg.
Transversale golf
'n Golf waarin die deeltjies van die medium reghoekig tot die bewegingsrigting van die golf vibreer.
Longitudinale golf
'n Golf waarin die deeltjies van die medium parallel aan die bewegingsrigting van die golf vibreer.
Superponering
Die algebraïese som van die amplitudes van twee pulse wat in dieselfde ruimte op dieselfde tyd is.
Eggo vs. Weergalming
'n Eggo is 'n aparte klank wat na 'n stilte gehoor word. Weergalming vind plaas as die oppervlak te naby is en dit net die klank verleng.
Foton
Kwanta van energie waarin EM strale voortgeplant word.
Magneetveld
Die gebied of ruimte waar 'n ander magneet of 'n ferromagnetiese stof 'n nie-kontak krag sal ondervind.
Ferromagnetiese materiaal
n Materiaal wat sterk deur 'n magneet aangetrek word en maklik gemagnetiseer word (bv. yster, nikkel en kobalt).
Magnetiese domeine:
Klein groepies atome met hul magneetvelde almal in dieselfde rigting.
Magneetveldlyne
Denkbeeldige lyne wat die vorm aanneem van die patroon wat ystervylsels maak rondom 'n permanente magneet.
Hoek van deklinasie
Die hoek tussen die geografiese en magnetiese pole (ongeveer 11,5°).
Geografiese noordpool
Die punt in die noordelike halfrond waar die rotasie-as van die aarde die oppervlak ontmoet.
Sonwind
'n Stroom radioaktiewe en gelaaide deeltjies wat teen hoë spoed die ruimte ingestuur word as gevolg van reaksies in en op die son.
Magnetosfeer
'n Gebied rondom die Aarde waarin gelaaide deeltjies afkomstig van sonwinde vasgevang en afgeskerm word.
Tribo-elektriese lading
'n Kontak-elektrifisering waarin sekere materiale elektries gelaai word wanneer hulle gevryf word teen ander materiale en dan geskei word.
Die wet van behoud van lading:
Die netto lading van 'n geïsoleerde sisteem bly konstant gedurende enige fisiese proses.
Polarisasie
Die gedeeltelike of volledige skeiding van positiewe en negatiewe elektriese lading in 'n sisteem.
Die beginsel van ladingkwantisering
Alle ladings in die heelal bestaan uit 'n integrale (heelgetal) veelvoud van die lading op een elektron.
Meganika
Meganika is die studie van die beweging van voorwerpe onder die invloed van kragte
Skalaar
'n Skalaar is 'n fisiese hoeveelheid met slegs grootte en 'n eenheid (geen rigting)
Vektor
'n Vektor is 'n fisiese hoeveelheid met grootte en rigting en 'n eenheid.
Netto / resultant
'n Resulterende (netto) vektor is 'n enkele vektor wat dieselfde effek het as twee of meer vektore saam.
Verwysingsraamwerk
'n Sisteem koördinate wat gebruik word om eienskappe van voorwerpe voor te stel.
Een dimensionele beweging
Beweeg langs 'n reguit lyn.
Posisie
Die plek waar 'n voorwerp hom bevind soos waargeneem vanaf 'n verwysingspunt.
Afstand
Die totale padlengte beweeg.
Verplasing
Die verandering in 'n voorwerp se posisie.
Gemiddelde spoed
Die totale afstand gereis gedeel deur die totale tyd.
Gemiddelde snelheid
Die tempo van verandering in posisie.
Oombliklike snelheid
Die tempo van verandering in posisie, bv. die verplasing gedeel deur 'n baie klein tydsinterval, of die snelheid by 'n spesifieke tyd.
Oombliklike spoed
Die grootte van die oombliklike snelheid.
Versnelling
Die tempo waarteen 'n voorwerp se snelheid verander.
Dinkafstand
Die afstand wat die motor beweeg voordat die rem getrap word terwyl die bestuurder nog besig is om te reageer, m.a.w. terwyl die brein reageer.
Remafstand
Die afstand wat beweeg word van die oomblik dat die rem getrap word totdat die motor tot stilstand kom.
Gravitasie potensiële energie
Die energie wat 'n voorwerp het as gevolg van sy posisie in die gravitasieveld met betrekking tot 'n verwysingspunt.
Kinetiese Energie
Die energie wat 'n voorwerp besit as gevolg van sy beweging.
Meganiese Energie
Die som van 'n voorwerp se gravitasie potensiële energie en sy kinetiese energie.
Die wet van die behoud van energie
Die totale energie van 'n geïsoleerde sisteem sal konstant bly.
Geïsoleerde sisteem
'n Sisteem wat geen interaksie het met die omgewing nie, d.i. daar is geen oordrag van energie of massa tussen die sisteem en sy omgewing nie.
Die wet/beginsel van behoud van meganiese energie
Die totale meganiese energie in 'n geïsoleerde sisteem is konstant in die afwesigheid van eksterne kragte soos wrywing of lugweerstand.
Massa
Die hoeveelheid materie waaruit 'n voorwerp bestaan.
Gravitasie-versnelling
Die tempo waarteen 'n voorwerp se vertikale snelheid verander op aarde.
Hoogte
Vertikale afstand of posisie.
Energie
Die vermoë om werk te doen / arbeid te verrig.
Potensiële energie
Energie wat 'n voorwerp besit as gevolg van sy posisie, toestand of vorm. Dit is gestoorde energie.
Gravitasieveld
Die ruimte rondom 'n voorwerp met 'n groot genoeg massa waar 'n gravitasiekrag ondervind sal word deur 'n ander voorwerp met massa.
Gravitasiekrag
Die aantrekkingskrag tussen twee voorwerpe as gevolg van hul massa en die afstand tussen hulle.
Meganiese energie
Die verlies aan gravitasie potensiële energie is gelyk aan die wins in kinetiese energie.