1/28
Hierdie flitskaarte dek die prosesse van fotosintese en selrespirasie, insluitend blaarstruktuur, eksperimentele metodes, die verskillende fases (lig/donker en aërobies/anaërobies) en die rol van ATP.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Wat is die twee groot biochemiese prosesse wat in plante en organismes voorkom?
Fotosintese en Respirasie.
In watter organel vind fotosintese plaas?
Die Chloroplast.
Wat is die chemiese vergelyking vir Fotosintese?
Water+KoolstofdioksiedSonligChlorofilGlukose+Suurstof
Waarom word fotosintese as 'n anaboliese proses beskryf?
Want dit behels die opbou van glukose.
Noem die vyf hoofvereistes vir fotosintese.
CO2, Water, Ensieme, Chlorofil en Stralingsenergie (Sonlig).
Wat is die funksie van die wasagtige kutikula op 'n blaar?
Dit beperk waterverlies en laat sonstrale deur.
Hoe is palissade selle aangepas vir fotosintese?
Hulle is regop rangskik om soveel as moontlik selle in te pas en bevat baie chloroplaste.
Wat is die funksie van intersellulêre lugruimtes in die sponsagtige selle?
Dit maak die beweging van gasse (gasswisseling) deur diffusie maklik.
Wat vervoer water vanaf die wortels na die blaar?
Die Xileem.
Wat vervoer glukose vanaf die blaar na ander dele van die plant?
Die Floeëm.
In watter vorm word glukose in plante gestoor?
Stysel.
Wat is die rede vir Stap 1 van die stysel-toets (kook blaar in water vir 2min)?
Dit maak die blaar sag en die selle dood (maak selle deurlatend vir alkohol en jodium).
Waarom word 'n blaar in etanol (alkohol) geplaas tydens die stysel-toets?
Chlorofil is oplosbaar in alkohol; dit onttrek die groen kleur sodat kleurveranderinge duidelik gesien kan word.
Waarom moet die Bunsenbrander afgedraai word voordat alkohol gebruik word?
Alkohol is baie vlambaar en moenie direk oor 'n vlam verhit word nie.
Wat is die kleurverandering van jodiumoplossing as stysel teenwoordig is?
Dit verander van geelbruin na blou-swart.
Noem drie faktore wat die tempo van fotosintese beïnvloed.
CO2-konsentrasie, temperatuur en ligintensiteit.
Waarom neem die tempo van fotosintese af as dit te warm word?
Die stomata sluit (geen CO2 kom in nie) en die ensieme denatureer.
Waar in die chloroplast vind die Ligfase plaas?
In die Grana.
Waar in die chloroplast vind die Donkerfase (Calvin-siklus) plaas?
In die Stroma.
Wat is die produkte van die Ligfase?
Suurstof, ATP en NADPH.
Wat is selrespirasie?
'n Reaksie waar glukose in die teenwoordigheid van suurstof deur ensieme afgebreek word om CO2, H2O en ATP te vorm.
Noem die drie fases van aërobiese respirasie.
Glikolise, Krebssiklus en Oksidatiewe fosforilasie.
Waar in die sel vind Glikolise plaas?
In die sitoplasma (sitosol), buite die mitochondria.
Wat is die netto wins van ATP tydens Glikolise?
2×ATP.
In watter deel van die mitochondrion vind die Krebssiklus plaas?
In die matriks.
Wat is die finale waterstofontvanger in oksidatiewe fosforilasie?
Suurstof (O2).
Wat is die produkte van alkoholiese fermentasie in plante?
Etanol (alkohol), Koolstofdioksied (CO2) en 'n klein hoeveelheid energie (ATP).
Waar vind melksuur-fermentasie in diere plaas?
In spierselle tydens uitputtende oefening wanneer daar 'n tekort aan suurstof is.
Wat gebeur met ATP wanneer 'n sel energie benodig?
ATP word afgebreek in ADP+P en energie word vrygestel.