Nomenklatuur van Organiese Verbindings - Terme en Definisies

0.0(0)
Studied by 0 people
call kaiCall Kai
learnLearn
examPractice Test
spaced repetitionSpaced Repetition
heart puzzleMatch
flashcardsFlashcards
GameKnowt Play
Card Sorting

1/22

flashcard set

Earn XP

Description and Tags

Woordeskat-flitskaarte vir Fisiese Wetenskappe V2 (Chemie) Graad 12 oor die nomenklatuur, definisies en algemene formules van organiese verbindings.

23 Terms

1
New cards

Alkohol

'n Organiese verbinding waarin H-atome in alkane vervang is met hidroksielgroepe (-OH-groepe). Algemene formule: CnH2n+1OHC_nH_{2n+1}OH

2
New cards

Aldehied

'n Organiese verbinding wat die algemene struktuur RCHO het waar R = H of alkiel. Algemene formule: RCHO (R = alkielgroep)

3
New cards

Alkaan

'n Organiese verbinding wat slegs C-H en C-C-enkelbindings bevat. Algemene formule: CnH2n+2C_nH_{2n+2}

4
New cards

Alkeen

'n Organiese verbinding van koolstof en waterstof wat 'n koolstof-koolstofdubbelbinding bevat. Algemene formule: CnH2nC_nH_{2n}

5
New cards

Alkielgroep

'n Groep wat vorm wanneer een H-atoom uit 'n alkaan verwyder word.

6
New cards

Alkyn

'n Organiese verbinding van koolstof en waterstof wat 'n koolstof-koolstoftrippelbinding bevat. Algemene formule: CnH2n−2C_nH_{2n-2}

7
New cards

Funksionele groep

'n Binding of 'n atoom of 'n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van 'n groep organiese verbindings bepaal.

8
New cards

Funksionele isomere

Verbindings met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende funksionele groepe.

9
New cards

Gekondenseerde struktuurformule

'n Formule wat die manier wys hoe atome in 'n molekuul gebind is, maar TOON NIE ALLE bindingslyne nie.

10
New cards

Haloalkane (Alkielhaliede)

'n Organiese verbinding waarin een of meer H-atome in 'n alkaan met halogeenatome vervang is. Algemene formule: CnH2n+1XC_nH_{2n+1}X (X = F, Cl, Br of I)

11
New cards

Homoloë reeks

'n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word en wat dieselfde funksionele groep het; OF 'n Reeks organiese verbindings waarin die een lid van die volgende verskil met 'n CH2CH_2-groep.

12
New cards

IUPAC-benaming

'n Chemiese nomenklatuur (stel reëls) ontwikkel deur die Internasionale Vereniging van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUPAC) om sistematiese name te genereer vir chemiese verbindings.

13
New cards

Karbonielgroep

Funksionele groep van ketone (>C=O).

14
New cards

Karboksielgroep

Funksionele groep van karboksielsure (-COOH).

15
New cards

Karboksielsuur

'n Organiese verbinding wat 'n karboksielgroep bevat (-COOH-groep). Algemene formule: CnH2n+1COOHC_nH_{2n+1}COOH (of RCOOH)

16
New cards

Kettingisomere

Verbindings met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipes kettings.

17
New cards

Koolwaterstof

Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan.

18
New cards

Molekulêre formule

'n Chemiese formule wat die soort atome en die aantal van elk in elke molekuul aandui, bv. CH4CH_4.

19
New cards

Onversadigde verbindings

Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings voorkom tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings.

20
New cards

Organiese chemie

Chemie van koolstofverbindings.

21
New cards

Posisie-isomere

Verbindings met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies van die syketting, substituente of funksionele groepe op die stamketting.

22
New cards

Primêre alkohol

Die C-atoom wat aan die hidroksielgroep gebind is, is aan EEN ander C-atoom gebind.

23
New cards

Primêre haloalkaan

Die C-atoom wat aan die halogeen gebind is, is aan EEN ander C-atoom gebind.