1/38
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Resultante vektor
Vektorsom van twee of meer vektore
Normale krag (FN)
Krag of komponente van ń krag wat ń oppervlak op ń voorwerp uitoefen wat daarmee in kontak is, en wat loodreg op oppervlak is, uitoefen.
Wrywingskrag (Ff)
Krag wat beweging van ń voorwerp teenwerk en wat parallel aan oppervlak werk.
Statiese wrywingskrag (fs)
Krag wat neiging van beweging van ń stilstaande voorwerp relatief tot oppervlak teenwerk.
Kinetiese wrywingskrag (fk)
Krag wat beweging van ń voorwerp relatief tot ń oppervlak teenwerk.
Newton se eerste wet van beweging
ń Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging teen konstante snelheid volhard tensy ń nie-nul resulterende/ netto krag daarop inwerk.
Newton se tweede wet van beweging
Wanneer ń resulterende/ netto krag op ń voorwerp inwerk, sal voorwerp in die rigting van die krag versnel teen ń versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massavan die voorwerp.
Newton se derde wet van beweging
Wanneer voorwerp A ń krag op voorwerp B uitoefen, oefen voorwerp B gelyktydig ń krag van gelyke grootte in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uit.
Newton se Universele Gravitasiewet
Elke deeltjie in die heelal trek elke ander deeltjie aan met ń gravitasiekrag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en omgekeerd eweredig is aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.
Traagheid
Weerstand van ń voorwerp teen enige verandering in sy toestand van beweging.
Gewig
Die gravitasiekrag wat die Aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak
Gewigloosheid
Lineêre Momentum
Die vektorgrootheid met dieselfde rigting as die snelheid van die voorwerp
Newton se Tweede wet van beweging in terme van momentum
Die netto (of resulterende) krag wat op ‘n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
Impuls (Fnet∆t)
Die produk van die resulterende/netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk en die tyd wat die nettokrag op die voorwerp inwerk
Geïsoleerde sisteem (In Fisika)
‘n Sisteem waarop die ekstrene krag nul is
Die Beginsel van Behoud van Lineêre Momentum
Die totale lineêre momentum in’n geïsoleerde sisteem bly konstant (behoue)
Projektiel
‘n Voorwerp waaraan ‘n beginsnelheid gegee is en wat dan slegs onder die invloed van gravitasiekrag beweeg
Vryval
Beweging waartydens die enigste krag wat op ‘n voorwerp inwerk, die gravitasiekrag is.
Arbeid
Die arbeid verrig op ‘n voorwerp deur ‘n konstante krag F as F∆xcosθ, waar F die grootte van die krag, ∆x die grootte van die verplasing en θ die hoek tussen die krag en die verplasing is. (Arbeid word verrig deur ‘n krag — die gebruik van die term ‘arbeid word verrig teen ‘n krag’, bv. arbeid verrig teen wrywing, moet vermy word.)
Konserwatiewe Krag
'n Krag waarvoor die arbeid verrig om 'n voorwerp tussen twee punte te beweeg, onafhanklik is van die roete wat gevolg word. Voorbeelde is gravitasiekrag, die elastiese krag in 'n veer en elektrostatiese kragte (coulombkragte).
Nie-konserwatiewe
‘n Krag as 'n krag waarvoor die arbeid verrig om 'n voorwerp tussen twee punte te beweeg, afhanklik is van die roete wat gevolg word. Voorbeelde is wrywingskrag, lugweerstand, spanning in 'n tou, ens.
Beginsel van behoud van meganiese energie
Die totale meganiese energie (som van gravitasie- potensiële energie en kinetiese energie) in 'n geslote sisteem bly konstant. LET WEL: 'n Sisteem is geslote wanneer die netto eksterne krag (uitsluitend die gravitasiekrag) wat op die sisteem inwerk, nul is.
Doppler-effek
Die verandering in frekwensie (Of toonhoogte) van die klank waargeneem deur ‘n luisteraar omdat die klankbron en die luisteraar verskillende snelhede relatief tot die medium waarin die klank voortgeplant word, het.
Coulomb se Wet
Die grootte van die elektrostatiese krag wat deur twee puntladings (Q1 en Q2) op mekaar uitgeoefen word, is direk eweredig aan die produk van die grootte van die ladings en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand ( r ) tussen hulle.
Elektriese veld
ń gebied in die ruimte waarin ń elektriese lading ń krag ondervind. Die rigting van die elektriese veld by ń punt is die rigting waarin ń positiewe toetslading sal beweeg indien dit by daardie punt geplaas word
Elektriese veld by ń punt
Die elektriese veldsterkte by ń punt is die elektrostatiese krag ondervind per eenheid positiewe lading wat by daardie punt geplaas word
Faraday se wet
Die grootte van die geïnduseerde emk oor die ente van ń geleier is direk eweredig aan die tempo van verandering van die magnetiese vloedkoppeling met die geleier
Ohm se wet
Die potensiaalverskil oor ń geleier is direk eweredig aan die stroom in die geleier by konstante temperatuur
Drywing
Die tempo waarteen arbeid verrig word of energie oorgedra word
emk
Die maksimum energie wat 'n battery lewer per eenheidslading wat daardeur vloei.
wgk
'n wissel(stroom)spanning/wisselstroom
wgk potensiaalverskil
Dit is die WS-potensiaalverskil wat dieselfde hoeveelheid energie verbruik/oordra as 'n ekwivalente GS-potensiaalverskil.
Foto-elektriese effek
Die proses waardeur elektrone uit 'n metaaloppervlak vrygestel word wanneer lig van geskikte frekwensie invallend op die oppervlak is.
Drumpelfrekwensie,
As die minimum frekwensie lig benodig om elektrone uit 'n sekere metaaloppervlak vry te stel.
Werkfunksie
Die minimum energie benodig om 'n elektron uit die oppervlak van 'n metaal vry te stel.
Atoomabsorpsiespektrum
Vorm wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese straling, wat deur 'n stof beweeg, geabsorbeer word.
Atoomemissiespektrum
Vorm wanneer sekere frekwensies van elektromagnetiese straling uitgestraal word as gevolg van 'n atoom wat 'n oorgang van 'n hoër energietoestand na 'n laer energietoestand maak.