1/24
Looks like no tags are added yet.
Name | Mastery | Learn | Test | Matching | Spaced | Call with Kai | Chat |
|---|
No analytics yet
Send a link to your students to track their progress
Die atmosfeer en klimaatsverandering
Noem die weerkenmerke van die aarde se klimaat
Reenval
Temperatuur
Lugdruk
klimaatsverandering
Klimaatsverandering is enige verandering aan die bestaande klimaatspatroon wat honderde jare lank duur
Aardverwarming
Die huidige , vinnige styging in globale temperatuur
Kweekhuiseffek
Dit is die effek wat verkry word as die stralingsenergie van die son deur die glaspanele van n kweekhuis beweeg , die energie word vasgevang en die hitte binne gehou
Kweekhuis gasse in die atmosfeer tree op as glaspanele van n kweekhuis , wat verhoed dat hitte ontsnap

Oorsake van klimaatsverandering
Natuurlike oorsake
Menslike oorsake
Natuurlike oorsake van klimaatsverandering
1. Aardgas
- aardgas het oor miljoene jare geskuif
2. Aarde se wentelbaan om die son
- a.g.v die verandering is die aarde soms nader of verder aan die Son
3. Hoeveelheid energie wat Son uitstraal
- verander in intensiteit , was oorsaak van ystydperk
4. Seestrome
- versprei hitte om aarde , veranderings kan temperatuur beienvloed
5. Vulkaanuitbarsting
- gas en stof in atmosfeer blokkeer sonlig
6. Kweekhuis gasse
- absorbeer hitte- energie en veroorsaak dat temperatuur styg

Kweekhuiseffek
1. Kortgolfstraling van Son
- UV strale en kortgolfhitte - energie
2. Pad van kortgolfstraling
- deel word teruggekaats na ruimte
- deel dring atmosfeer binne en verwarm lug , land- en wateroppervlaktes
3. Warm land- en wateroppervlaktes stel hitte energie vry as langgolf straling in atmosfeer
4. Kweekhuis gasse absorbeer langgolf hitte energie
5. Langgolf hitte energie weer oor gedra na land en water = oppervlaktes word warmer
6. Deel van lang golf hitte energie ontsnap in ruimte

Menslike oorsake van klimaatsverandering
Kweekhuisgasuitlaatings
Ontbossing

Noem 2 groot ontwikkelings in die mens se geskiedenis wat n styging in kweekhuisgasuitlaatings veroorsaak het
Die industriële revolusie
- ontwikkeling van enjins en masjiene wat fossielbrandstowwe gebruik
Die groen revolusie
- 1950 , ontwikkeling van boerderypraktyke wat plaasmasjiene en chemiese misstof / plaag doders gebruik
Kweekhuis gasse vrygestel:
- plaasmasjiene = CO2 in atmosfeer vry
- mis stowwe = N2O ( distikstofoksied ) in atmosfeer vry
- plaas diere ( beeste , skape ) = CH4 ( metaan ) in atmosfeer vry

Ontbossing se rol in klimaatsveranderin
Woude is koolstofputte
- absorbeer groot hoeveelhede CO2 uit atmosfeer
Bome word afgekap vir :
- brandstof en timmerhout
- landboudoeleindes

Noem voorbeelde van kweekhuisgasse
Waterdamp ( H2O )
CO2
Metaan ( CH4)
Oppervlak osoon ( O3)
Distikstofmonoksied ( N2O )
Noem gevolge van klimaatsverandering
Meer uiterste weerstoestande bv. vloede , droogtes , hittegolwe , tornado's
Stygende seevlakke a.g.v gletsers wat smelt
Ekosisteme verander a.g.v stygende temperature ( 20 tot 30% van spesies gaan uitsterf )
Verwoestyning ( gebied word so droog dat dit in woestyn verander )
Landbou verander bv. gewasse gekweek in gebiede wat voorheen te koud was

Gevolge van klimaatsverandering in SA
Westelike en suid- westelike dele van land ( winter reenval streek ) = warmer en droeer
Oostelike deel ( somer reenval streek ) = warmer en natter
Hoe kan kweekhuisgasse verminder word
Verander na hernubare vorms van energie
- sonkrag , wind krag , hidrokrag
Bespaar elektrisiteit
- minder fossielbrandstowwe word verbrand
Herwin afval
- minder kweekhuisgasse word vrygestel om iets uit nuwe materiaal te maak
Gebruik openbare vervoer
- minder karre op die pad , minder kweekhuisgasse van uitlaat stelsels
Gebruik skoon tegnologie
- bv. chemiese skuurders om CO2 uit uitlaatstelsels te verwyder

Wat is jou koolstofvoetspoor
Dit is die som van alle CO2 - vrystellings a.g.v jou aktiwiteite , in n gegewe tydsduur bv. n jaar

Moontlike aksies om osoonvermindering te beperk
Verminder gebruik van CFK - bevattende produkte
Pas strenger wetgewing toe om die vrystelling van OUS'e ( osoonuitputtingstowwe) te beperk
Verskillende lande wat saamwerk
Die ontwikkeling van alternatiewe chemikaliee en tegnologie wat CFK 's en OUS'e vervang

Hoe word koolstofputte vermeerder
Beskerm bestaande woude en bome
Plant bome

Wat is die oplossings vir Klimaatsverandering
1. Verminder kweekhuisgasse
2. Vermeerder koolstofputte
3. Globale ooreenkomste en samenwerking is nodig - al die lande moet saamwerk
4. Verminder koolstofvoetspoor

Verduidelik wat osoonuitputtingstowwe is en hoe dit osoon uitput
Gasse wat chloor bevat .
Chloorfluoorkoolstowwe ( CFK's)
- gekry in verkoeling stelsels van yskaste, lugreelaars en spuitjies van aerosol kannetjies
Gasse wat broom bevat
- halon en metielbromied
halon in brandblussers
metielbromied as plaagdoder
CFK's is verantwoordelik vir meer as 80 % van die totale stratosferiese osoonvermindering

Watter voordeel hou die natuurlike kweekhuiseffek vir lewe op aarde in
Die aarde word natuurlik so verwarm , sodat lewe op aarde moontlik is , anders sou die aarde se temperatuur -18 grade Celsius wees
Verduidelik die verband tussen die kweekhuiseffek en aardverwarming
Die kweekhuiseffek verhoed dat hitte-energie deur die atmosfeer na die ruimte ontsnap. Die hitte word deur kweekhuis gasse vasgevang en verhit die aarde
Verduidelik hoekom verhoogde CO2 vlakke n bedreiging vir lewe op aarde inhou
Dit lei tot n verhoogde kweekhuiseffek en dus verhoogde aardverwarming , wat uiteindelik lewe op aarde onmoontlik maak
Watter menslike aktiwiteit dra die meeste by tot verhoogde CO2 - vrystellings
Verbranding van fossielbrandstowwe
Noem 3 hoofbronne van CO2 - vrystellings wat deur menslike aktiwiteite veroorsaak word
Elektrisiteit , vervoer , industriee
Noem 4 gevolge van ontbossing vir die ekosisteem
Aardverwarming
Vloede
Verlies aan biodiversiteit
Ontwrigting van waterskiklus