1/18
Looks like no tags are added yet.
Betekenis van die titel "Talle tonge"
Dit verwys na die verskeie tale wat mense praat en die verskillende maniere waarop mense met mekaar kommunikeer.
Drie soorte tonge in strofe 2 van "Talle tonge"
Heuningtong, bitter tong en stomp tong.
Beeldspraak in "Klap soos 'n sweep" ("Talle tonge")
Vergelyking.
Klanknabootsing (onomatopeë) in "Talle tonge"
Die woord "klap".
Funksie van die herhaling van "klap" en "brand" in "Talle tonge"
Dit beklemtoon die pynlike impak en aksie van die skerp tong en suurtong.
Tema van die gedig "Talle tonge"
Mense praat verskillend in verskillende situasies; dieselfde tong wat mooi praat en heelmaak, kan ook snyende woorde gebruik om groot skade te doen.
Herkoms en betekenis van die titel "Here Be Dragons"
Dit verwys na ou landkaarte waar seemonsters gevaarlike, onbekende gebiede aangedui het; in die gedig dien dit as metafoor vir die gevare van die internet.
Spreker en aangesprokene in "Here Be Dragons"
'n Jong seun wat met sy pa praat.
Betekenis van "draf ek in 'n oogwink kaf" in "Here Be Dragons"
Om iets baie vinnig te bemeester, soos om sy pa se wagwoord vinnig uit te werk.
Voorbeeld van alliterasie in strofe 1 van "Here Be Dragons"
"my muis surf dwingend" (die herhaling van die m-konsonant).
Die betekenis van "religie" in versreçl 6 van "Here Be Dragons"
Dit toon hoe uiters belangrik en sentraal die internet in die seun se lewe is.
Beeldspraak in "ons keyboards is wyser" ("Here Be Dragons")
Personifikasie (menslike wysheid word aan rekenaarsleutelborde toegeskryf).
Wending in strofe 6 van "Here Be Dragons"
Die woord "maar" lei die oorgang in van die seun se oormatige selfvertroue na onsekerheid en sy behoefte aan sy pa se ondersteuning.
Benaming vir 'n strofe met vier versreçls
Kwatryn.
Twee maniere hoe "los my, pa, laat my gaan" in reçl 16 beklemtoon word
Alleenplasing en herhaling.
Metafoor van die pa as 'n "USB" in strofe 8 van "Here Be Dragons"
Die pa se luisterende oor dien as 'n veilige plek waar die seun sy emosies en gedagtes kan ontlaai en hulp kan kry.
Betekenis van "Google Earth my kaart" in "Here Be Dragons"
Die seun beskou die internet as sy gids of padkaart vir die lewe.
Vorm en bou van "Here Be Dragons"
Vrye vers (dit het geen vaste rympatroon nie en die versreçl- en strofelengtes wissel).
Tema van die gedig "Here Be Dragons"
Die verkenning en gevare van die internet teenoor 'n jongmens se soeke na vryheid en uiteindelike behoefte aan ouerlike leiding.