GH

Basiese Ekonomiese Konsepte -Deel 1

Definisie

  • Ekonomie verwys na lande se ekonomiese aktiwiteite, alle ekonomiese aktiwiteite waarmee mense hulself besig hou om hulpbronne te verkry in die produsering en verbruik van produkte en dienste

  • Bestudering van ekonomie verwys na die gesamentlike litertuur wat oor eeue ontwikkel is en wat formeel as ‘n geïntegreerde dissipline aangebied word

  • Die dissipline fokus op skaarsheid van hulpbronne en die implikasies daarvan op die produksie van goedere en dienste

    • Almal word beïnvloed deur die gesamentlike bewegings in die toenames en afnames wat in die ekonomie plaasvind

    • Inflasie, rentekoers, wisselkoerse

Behoeftes en begeertes

  • Goedere en dienste is nie tot oorlewing beperk nie

  • Soek gereeld na goedere en dienste wat ons lewens meer gerieflik of lekkerder maak

  • Behoefte: ‘n Produk of diens wat nodig is vir oorlewing

  • Begeerte: ‘n Produk of diens wat nie nodig is vir oorlewing nie, maar steeds die verbruiker se gedrag beïnvloed

Eksternaliteite

  • Aksies wat geneem word deur twee of meer ekonomiese rolspelers wat ‘n derde party beïnvloed

Negatiewe eksternaliteit:

  • Wanneer ekonomiese aktiwiteit tussen twee of meer ekonomiese akteurs ‘n ander persoon, wat buite die aktiwiteit staan, negatief beïnvloed

  • Koste implikasies wanneer daar ‘n negatiewe effek is want die ekonomiese aktiwiteit word nie ingesluit in die koste van die produk nie

  • Die produk is goedkoper as wat dit sou wees as die negatiewe koste ingesluit is

Positiewe eksternaliteit:

  • Wanneer ekonomiese aktiwiteit tussen twee of meer ekonomiese akteurs ‘n ander persoon, wat buite die aktiwiteit staan, positief beïnvloed

  • Koste implikasies wanneer daar ‘n positiewe effek is want die ekonomiese aktiwiteit word nie ingesluit in die koste van die produk nie

  • Die produk is duurder as wat dit sou wees as die positiewe koste ingesluit is

Produksiemoontlikheidskromme

  • Illustreer wat die effek van keuses op ‘n ekonomie is

  • Die effek sal wees van beleidsveranderinge en die effek sal wees van positiewe of negatiewe uitwerkings op die ekonomie

  • Die effek van besluite wat deur die mark gemaak word

  • Model = vereenvoudiging van die werklikheid

Redes waarom die PMK kan skuif
  • Verandering in tegnologie/tegniek

  • Verandering in hulpbronne

  • Verandering in produktiwiteit

  • Verandering in indiensname/werkloosheid

Geleentheidskoste

  • Weens skaarsheid moet jy ‘n keuse maak: Een keuse sal terwille van ‘n ander een opgeoffer moet word

  • Die koste van die ander geleentheid wat nie gekies word nie

Skaarsheid

  • Skaarsheid kan gedefinieer word as die tekort wat alle individue in hul daaglikse lewe beleef

  • Selfs ryk mense beleef skaarsheid, want hulle kan steeds nie alles kry wat hulle wil hê nie

  • Skaarsheid bepaal hoeveel produkte geproduseer gaan word en hoeveel dit sal kos

  • Skaarsheidprobleem sluit in:

    • Natuurlike hulpbronne - Huur

    • Arbeid - Lone

    • Kapitaal - Rente

    • Ondernemerskap/Entrepreneurskap - Wins

    • Tegnologie

  • Ekonomiese beleide (mikro en makro)

  • Fiskale beleid (uitbreidend en beperkend)

  • Monetêre beleid (uitbreidend en beperkend)

  • Batalingsbalans beleid

  • Lone en prys beleid

  • Volmaakte markte

  • Onvolmaakte market

    • Markmislukking (market failure)

    • Markmislukking (openbare goedere, onvolmaakte kompetisie, eksternaliteite).

    • Monolopie en kartel

    • Eksternaliteite

  • Ekonomiese probleem:

    • Daar is beperkte hulpbronne, maar onbeperkte behoeftes en begeertes

    • Skaars hulpbronne optimal gebruik

    • Wat moet geproduseer word

    • Hoe om dit te produseer

    • Hoeveel gaan geproduseer word

Keuse

  • Kan slegs uitgeoefen word wanneer daar twee of meer alternatiewe is om uit te kies, anders kan ʼn keuse nie gemaak word nie

    • Hulpbronne is beperk en behoeftes is onbeperk

    • Skaarsheid probleem is die sentrale probleem in ekonomie

    • Beteken hulpbronne nie genoeg nie om aan alle eindes te voldoen soos behoeftes nie

  • Beter keuse beteken:

    • Bevredig meer behoeftes met beperkte hulpbronne

    • Bevredig dieselfde behoeftes met minder hulpbronne

  • Afruiling/verruiling (trade-off)

    • Die opoffering van een ding vir die wins van ʼn ander

    • Die verruiling tussen 2 goedere

  • Geleentheidskoste (opportunity cost)

    • Die geleentheidskoste van ʼn keuse is, die waarde van die beste alternatief wat die besluitnemer kon gekies het, maar nie gekies het nie.

    • DUS, geleentheidskoste van ʼn keuse is die waarde van die beste (kleinste) geleentheid wat verbeur moes word

    • Goeie keuse = kleinste geleentheidskoste

Oorsake en gevolge

  • Verband tussen gebeure waar een gebeurtenis ‘n ander gebeurtenis veroorsaak

  • Ekonomiese veranderlikes beïnvloed mekaar in ‘n kettingreaksie

  • Is megabisties en is in meeste gevalle voorspelbaar

    • Oorsaak: Ekonomiese omgeweing verander

    • Gevolg: Mense reageer op die verandering

  • Intensiteit van kettingreaksie is nie altyd voorspelbaar nie en is nie altyd moontlik om te weet hoe groot die reaksie in die ekonomie sal wees nie

  • Onvoorspelbaarheid wat vooruitskatting moeilik maak

  • Akkurate onvoorspelbaarheid wat vooruitskatting waardevol maak

Mikro en Makro – Ekonomie

  • Mikro – ekonomie: Gefokus op die kleiner aspekte van die ekonomie soos die individu en spesifieke market in die ekonomie

  • Makro – ekonomie: Gefokus op die groter aspekte van die mark soos ekonomiese veranderlike arbeidsmarkte, inflasie en investering

Vrye Mark

  • Mark – verwys na ‘n geval of verskeie gevalle waar twee of meer mense bymekaar kom om handel te dryf met mekaar

  • Vrye mark – diegene wat aan die mark deelneem self besluite kan neem wat nie deur die owerheid beïnvloed word nie

  • Skaarsheid dryf die vervaardiger om met beperkte hulpbronne so effektief as moontlik te funksioneer

  • Die verbruiker maak keuse rondom hoeveel produkte hulle koop en teen watter pryse

  • Vervaardigers kompeteer met mekaar vir die besigheid van verbruikers

  • Dit word natuurlik of organiese regulasie wat die mark self bepaal

  • Onsigbare hand – mark se vermoëns om sonder sentrale beheer die beste besluite te kan neem

  • Tipe markte

    • Produktemark

    • Faktormark

    • Finansiële mark

    • Buitelandse valuta mark

Kapitalisme

  • Denkers observasies gemaak van hoe mense ekonomiese besluite neem op grand van wat in die samelewing plaasvind

  • Verskeie idiale kondisies is geïdentifiseer en mense het beter gedoen soos die samelewing dit toelaat – Vryheid van individdue om hul eie besluite te maak vir hulself, hul families en hul gemeenskap

  • Staat se mag en staatsinmenging te verminder

  • Individu self in die posisie is om die problem van skaarheid op die beste manier op te los

  • Adam Smith: het die eerste amptelike of strukturele fondasies gelê wat die modern ekonomiese teorie ontwikkel het

  • Hoofdoelwit is om ekonomiese welvaart te laat geskied of om van ekonomiese probleme ontslae te raak

    • Netto-effek om armoede regoor die wêreld uit te wis

    • Moet eers produksiefaktore (land, kapitaal entrepreneurskap, arbeid) optimaal struktureer sodat private ondernemings soveel as moontlik uitsette kan genereer met die oog op wins

  • Prysontdekking: Verskaffers en verbruikers moet die beste pryse en hoeveelhede produkte self in die mark kan vind

  • Goedere te duur word verkoop minder van die produk

    • Moedig die verbruiker aan om alternatiewe produkte te koop of minder van die produk

    • Stoot pryse weer na ‘n punt wat meer aanvaarbaar is vir die mark

  • Goedere te goedkoop sal die mark vinnig alle beskikbare voorraad opkoop

    • Verbruikers wat winsgedrewe is besef daar is geleentheid om op die volgende rondte van verkope pryse op te stoot

    • Die mark sal na ‘n meer aanvaarbare prys beweeg

  • Vir die mark om te funksioneer moet daaar ekonomiese Vryheid wees waar mense self besluite kan neem en hulself bestuur en reguleer sonder die hulp van ‘n ekserne mag

    • Daar moet ‘n mate van sekerheid oor die toekoms wees

    • Produksiefaktore het tyd nodig om goedere en dienste te produseer dus moet kapitaal beskerm word

  • Private eiendomsreg is die dryfkrag agter die sukses van ‘n wêreld en sonder dit is die ekonomiese omgewing een van onsekerheid, met verminderde uitsette

Kontemporêre Kapitalisme

  • Gemengde ekonomie

    • Die regering invloed daarop uitoefen

  • Meerderheid lande het besef dat kapitalisme ‘n beter alternatief is as sosialisme

    • Nie alle lande is ideale kapitalistiese stelsels nie

  • Verskeie lande is skuldig aan intense regulatoriese druk op vryemarkte

    • Te veel regulasies laat besighede fokus op die voldoening eerder as aan die veretering van hul produkte en prosesse

  • Rol van die regering in 'n gemengde ekonomie:

    • Regeringsbesteding (uitputtende uitgawes, oordragte, subsidie)

    • Belasting (direk teenoor indirekte belasting, progressiewe belasting, regressiewe belasting, proporsionele belasting, privatisering)

    • Nasionale begroting (begroting surplus, begrotingstekort, skuldstrik)

  • Owerheidsrol in gemengde ekonomieë:

    • Owerheidspandering

    • Oordragte

    • Subsidies

    • Belasting

    • Nasionale begroting

Sosialisme, kommunisme en Marxisme

  • Sosialisme – Verwys na ‘n ekonomiese en politiese stelsel waarin alle produksiegoedere deur die staat beheer en bestuur word

  • Marxisme – Verwys na die teorieë van Karl Marx rondom hoe ons die samelewing op ‘n sosialistiese wyse moet herverpak

  • Kommunisme – Verwys na die politiese en ekonomiese stelsel wat ‘n klaslose samelewing deur geweldadige of vreedsame revolusie wil skep

  • Breë idee agter ekonomiese stelsel is dat die produksiefaktore (land, kapitaal, arbeid) deur die kollektiewe sameleweing besit en bestuur word

  • Die staat besluit wat die behoeftes van elke individu is en besluit hoe, waar en wanneer om elkeen van die behoeftes van individue te bevredig

  • Die teorieë verskil intens - ongelykheid

    • Sosialistiese denkers dat die samelewing in terme van ekonomiese ongelykheid aangespreek of beïnvloed moet word

  • Baie arm mense en ‘n paar wat “ryk” is (vryemark van kapitalisme)

    • Ryk mense (Bourgeoisie) – Produksiefaktore soos kapitaal, land en innovasie meer waarde tot die ekonomie toevoeg

    • Arm mense (Proletariat) – Nie met hulle arbeid maak soos “ryk mense” nie

  • Sonder arbeid is die samelewing van goedere en dienste nie moontlik nie

  • Mense wil vergoed word vir die hoeveelheid tyd en energie wat aan ‘n taak spandeer word, maar dit gaan eerder oor hoeveel uitsette jy kan genereer

    • Produksiefaktore soos logistiek, aankope

  • Sosialisme veronderstel om die problem van ongelykheid te verwyder deur die opbrengste van produksie so te verdeel dat almal se behoeftes bevredig word

    • Nie meer ryk en arm nie, want almal sal gelyk en min of meer in dieselfde klas en inkomstegroep wees

  • Marx argumenteer dat ‘n werksrewolusie die kapitale magte van die ekonomie eers sal moet omverwerp

  • Beheer van alle produksiefaktore sal in die hande van die regering geplaas word

    • Hulle sal besluit: wat en hoeveel geproduseer word, die pryse, hoeveelhede en waar dit verkoop sal word

    • Dit was nie veronderstel om ‘n permanente oplossing te wees nie en dat die regering oor tyd die beheer van die produksiefaktore terug gee aan die mens

Sosialisme in praktyk

  • ‘n Meer feitlike ontleding van regte ekonomiese aktiwiteite wat toe geformaliseer en toegepas is

  • Owerhede het baie magte gekry oor populasies

    • Afnames in produksie en welvaart beleef soos die sosialistiese ekonomie misluk het

    • Kompeterende, selfregulerende vryemarkte verwyder

  • Besluite was verkeerd en gelei tot intense toenames in armoede en gereelde hongersnood in die Sowjeyunie as gevolg van tekorte in die voorsieningsketting

  • As gevolg van tekort aan ekonomiese vryheid het dit ook na beperkte of afwesige politieke vryheid gelei

  • Politiese weerstand teen neerdrukkende state was nie moontlik nie en ‘n politieke elite nie verantwoordelik gehou hoef te word nie

  • Die Sowjetunie stort in een, maar daar is vandag nog armoede en swaarkry

  • Sosialistiese stelsel help nie om die ekonomiese problem van beperkte hulpbronne en onbeperkte begeertes op te los nie

Ekonomiese Doelwitte

1. Ekonomiese groei

  • Doelwit van die regering

  • ‘n Regering kan nie self ekonomiese waarde toevoeg nie, maar kan die regte ekonomiese omgewing skep vir besighede om te floreer

  • Word bereken deur die BBP (Bruto Binnelandse Produk) van die land te meet

2. Volle indiensname

  • Geen werkloosheid

  • Dit skep ekonomiese en sosiale probleme

  • Regering se verantwoordelikheid om die regte ekonomiese omgewing te skep sodat besighede produksie kan uitbrei en so meer werksgeleenthede skep

3. Betalingbalansstabiliteit

  • Verwys na die lopende en finansiële rekeninge

  • Te veel fluktuasie het ‘n negatiewe effek op die wisselkoers en ‘n onstabiele wisselkoers maak besluite vir die verskillende ekonomiese rolspelers moeiliker

4. Regverdige verdeling van inkomste

  • Gelyke inkomsteverdeling beteken dat almal dieselfde inkomste verdien

  • Regverdige inkomste verdeling beteken dat werknemers ‘n billike salaris ontvang vir die bepaalde werk wat hulle doen

5. Prysstabiliteit

  • Hoë inflasie is problematies, want dit verminder mense se koopkrag

  • Word bestuur deur stabiele monetêre beleid

  • SARB en regering onafhanklik van mekaar moet wees

Fundamentele Ekonomiese Probleme

  • Kategrorieë bepaal of inligting ‘n feit of iemand se mening is

  • Normatiewe stellings is nie noodwendig verkeerd nie, maar eensydig

Positiewe stelling

  • Oordrag van inligting sonder ‘n opinie wat bygevoeg is

    • Objektie, feitlik, kan getoets word

    • Inligting is gemeet en geen ruimte vir interpretasie nie of dat die stelling verkeerd bewys word nie

Normatiewe stelling

  • Gebaseer op iemand se opinie

    • Subjektief en is oop vir debate n interpretasie

    • Gebaseer op iemand se opinie van bepaalde inligting

Ekonomiese Modelle

Ekonomiese objekte

  • Goedere teenoor dienste

  • Reële bates teenoor finansiële bates

  • Kapitaal goedere

  • Finansiële instrumente (spaarrekening, effektetrusts, aandele, dividende, kapitaalwins, staatseffek, volwassenheidsdatum, koeponbetaling)

  • Werklike sektor teenoor monetêre sektor

Ekonomiese subjekte

  • Huishoudings (nie-duursame teenoor duursame verbruikersgoedere, nut, wet van die vermindering van marginale nut)

  • Maatskappye (eksplisiete teenoor implisiete koste, finale teenoor intermediêre produkte)

  • Finansiële tussengangers

Grafieke

Liniêre verwantskap:

  • Twee veranderlikes ‘n konstante verhouding het

  • Grafiek word deur ‘n reguitlyn aangedui

Nie-liniêere verwantskap:

  • Nie ‘n konstante verhouding tussen veranderlikes nie

  • Word nie deur ‘n reguitlyn aangedui nie

Positiewe verwantskap:

  • Beide veranderlikes saam toeneem of afneem (beweeg saam)

Negatiewe verwantskap:

  • Veranderlikes in teenoorgestelde rigtings beweeg

  • Een veranderlike toeneem sal die ander veranderlike afneem

Groeikoerse

  • Tempo waarteen veranderlikes oor tyd verander

(huidige waarde-oorspronkilke waarde)/(oorspronklike waarde)*100=% %

Verminderende Marginale Opbrengste

  • Verskil tussen ‘n reguit kromme en die konvekse kromme

    • Konvekse kromme neem verminderende marginale opbrengste in ag

  • Verteenwoordig verskillende ekonomiese voorstelle

  • Beide toon ‘n verwantskap wat ‘n verruiling tussen die twee produkte veroorsaak

  • Elke bykomende eenheidvan opbrengs sal lei tot al hoe Kleiner toenames in opbrengste

  • Totale hoeveelheid uitsette neem toe, maar die hoeveelheid opbrengste van een inset tot die volgende daal

  • Neem die hoeveelheid uitsette toe, maar ‘n mens baat minder soos wat meer gerpoduseer word

 

Sirkulêre Vloeidiagram

 

  • Verhouding tussen alle huishoudings en alle firmas in die ekonomie

    • Huishoudings spandeer meerderheid van hul geld op produkte en dienste wat hulle aansakf by alle firmas

    • Firmas gebruik dan die geld om alle goedere te produseer en arbeiders te betaal

    • Vind op twee markte plaas:

    • Goedere- en dienstemark: Firmas verkoop hul goedere en dienste aan huishoudings

    • Arbeidsmark: Huishoudings verkoop hul arbeid aan firmas

    • Albei is afhanklik van mekaar

  • Spare vloei na finansiële middelgangers (banke) toe

  • Vloei van geld vanaf huishoudings en firmas na die regering

  • Plaaslike ekonomie is deel van die groter, globale ekonomie

     

  • Lekkasies – Geld wat uit die ekonomie ontsnap

    • Geld nie terugvloei na die siklus tussen firmas en huishoudings nie

    • Dit verminder die hoeveelheid geld wat in die ekonomie beskikbaar is

    • Invoere want geld moet verruil word om invoere te betaal

  • Inspuitings – Geld wat die ekonomie binnekom

    • Banke leen die “gespaarde” geld aan huishoudings en firmas en dan is dit in die siklus terugvloei

    • Owerheidsbesteding want dit sit hulpbronne terug in die ekonomie in

    • Uitvoere want ander lande moet die plaaslike ekonomie geld gee in ruil vir die produk of diens wat ons produseer