JK

2025 Gr10 Kernnotas Vraestel 2 Term 2

Graad 10 Ekonomie - Mikro-ekonomie: Dinamika van Markte

Onderwerp 5: Dinamika van Markte

Die Mark as 'n Verskynsel
  • Definisie: 'n Mark is enige plek of omstandigheid waar kopers en verkopers mekaar ontmoet en kommunikeer in verband met die koop en verkoop van goedere en dienste.

  • Aktiwiteite in markte:

    1. Kopers en verkopers ruil inligting uit.

    2. Pryse en hoeveelhede word vasgestel.

    3. Die hoeveelheid goedere en dienste wat gekoop en verkoop word, word vasgestel.

Waarde, Prys en Nut
  • Waarde: Die maksimum hoeveelheid geld wat 'n persoon gewillig en beskikbaar het om te betaal vir goedere en dienste.

    • Word uitgedruk in Rand en sent.

    • Waarde van goedere en dienste = Prys (P) x Hoeveelheid (Q), dus Waarde = P maal Q

    • Faktore wat waarde beïnvloed sluit in ruilwaarde en waarde in gebruik.

  • Prys: Die hoeveelheid wat betaal word vir goedere en/of dienste.

    • Word vasgestel deur vraag en aanbod.

    • Verwantskap tussen nut, waarde en prys.

  • Nut: Die graad van bevrediging wat 'n huishouding of verbruiker ontvang of verwag om te ontvang deur die gebruik van goedere en dienste.

Eienskappe van Nut
  • Nut verskil van persoon tot persoon (smake en voorkeure).

  • Nut verskil van tyd tot tyd (bv. 'n lig in die aand).

  • Nut verskil van plek tot plek (bv. 'n woljas in koue gebiede).

  • Nut kan nie gemeet word nie.

Totale Nut (TN) en Marginale Nut (MN)
  • Totale Nut: Die totale bevrediging verkry uit die verbruik van 'n spesifieke hoeveelheid van 'n produk.

  • Marginale Nut: Die verandering in totale nut as gevolg van die verbruik van een addisionele eenheid van 'n produk.

    Voorbeeld:

    Aantal snye brood

    Totale Nut

    Marginale Nut

    1

    16

    16

    2

    28

    12

    3

    36

    8

    4

    40

    4

    5

    40

    0

    6

    36

    -4

    • Totdat die vierde sny brood geëet word, is marginale nut positief en totale nut neem toe.

    • By die vyfde sny is marginale nut nul, wat die punt van volle versadiging aandui.

    • Ná die sesde sny word marginale nut negatief, en totale nut begin afneem.

Samestelling van Markte

  • Deelnemers: Kopers en verkopers.

  • Kommunikasie: Direk, indirek.

  • Kommoditeit: Goedere of dienste verhandel.

  • Ligging: Plaaslik, streeks, nasionaal, internasionaal, kuberruim.

Tipes Markte

  • Nasionale markte.

  • Wêreldmarkte (internasionale).

  • Volmaakte markte.

  • Onvolmaakte markte.

Nasionale Markte
  • Kopers oor 'n groot geografiese gebied versprei. Verskaffers landwyd.

Wêreldmarkte (Internasionale Markte)
  • Kopers wêreldwyd versprei. Verskaffers wêreldwyd.

Volmaakte Markte

  • 'n Markstruktuur met 'n groot aantal kopers en verkopers wat geen invloed op die prys het nie.

  • Pryse word bepaal deur vraag en aanbod.

  • Geen individuele deelnemer kan die prys beïnvloed nie (prysnemers).

Voorbeelde van Volmaakte Markte
  • Aandelemark

  • Buitelandse valutamark

  • Sentrale graanmark

  • Mark vir landbouprodukte

  • Wolmark

Kenmerke van Volmaakte Markte
  • Aantal kopers en verkopers: Groot aantal, geen individuele invloed op markprys.

  • Aard van die produk: Homogeen (identies) in terme van kwaliteit, voorkoms, grootte, ens.

  • Toetredingsversperrings: Geen beperkinge om die mark te betree of te verlaat nie.

  • Beskikbaarheid van inligting: Volledige kennis van marktoestande vir beide kopers en verkopers.

  • Geen samespanning: Elke koper en verkoper reageer onafhanklik.

  • Ongereguleerde markte: Geen regeringsinmenging.

  • Vermoë van verskaffers om pryse te verander: Geen beheer oor pryse nie (prysnemers).

Onvolmaakte Markte

  • 'n Mark waar geen volmaakte toestande bestaan nie. Een of 'n paar verkopers verkoop heterogene produkte en kan dus die prys van 'n produk beïnvloed.

Kenmerke van Onvolmaakte Markte
  • Aantal kopers en verkopers: Een groot verkoper (monopolie) of 'n paar verkopers (oligopolie).

  • Aard van die produk: Heterogeen of gedifferensieerd (uniek).

  • Vermoë van verskaffers om pryse te verander: Verkoper het beheer oor die pryse (prysmakers).

  • Beskikbaarheid van inligting: Onvolledige inligting vir kopers en verkopers.

  • Toetredingsversperrings: Beperkte of geblokkeerde toegang tot die mark.

Voorbeelde van Onvolmaakte Markte
  • Monopolieë (Eskom, Transnet).

  • Oligopolieë (MTN, Vodacom, Cell C, SAL).

  • Monopolistiese mededinging (Toyota / Ford / BMW, Steers, KFC, Edgars, Foschini).

Wêreldmarkte en die Effek van Elektronika

  • Definisie: Die aktiwiteit van koop en verkoop van goedere en dienste in al die lande van die wêreld.

Voorbeelde van Produkte op die Wêreldmark
  • Koffie, Olie, Goud, Buitelandse valuta.

Die Rol van Tegnologie in Wêreldmarkte
  • Tegnologie in kommunikasie en vervoer verbind die wêreld.

  • Kommunikasiebronne: rekenaars (internet en Wi-Fi), telefone, fakse, selfone (slimfone), ens.

  • Kommunikasie maak handel makliker en inligting vinniger beskikbaar.

Vraag en Aanbod

Prys
  • Die waarde waarteen goedere en dienste gekoop/verkoop word. Bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod.

Vraag
  • Die hoeveelheid goedere en dienste wat voornemende kopers bereid is om teen 'n gegewe prys te koop, binne 'n gegewe tydsperiode.

Tipes Vraag
  • Individuele vraag: Die vraag van een persoon of een besigheid.

  • Markvraag: Die totale hoeveelheid deur verbruikers gevra.

Die Wet van Vraag
  • As die prys van 'n produk verhoog, sal die hoeveelheid vraag na die produk afneem, en as die prys van die produk afneem, sal die hoeveelheid vraag na die produk toeneem, ceteris paribus.

Die Beginsel van Ceteris Paribus
  • Die aanname dat alle ander veranderlikes konstant bly.

Vraagkurwe
  • Dui die hoeveelheid van 'n produk wat teen verskillende pryse gevra word, aan.

  • Die helling loop van links bo na regs onder (negatiewe helling).

Faktore wat Vraag Beïnvloed
  • Die prys van die produk.

  • Die prys van verwante produkte (komplementêre produkte en substitute).

  • Die inkomste van die verbruiker.

  • Die smake en voorkeure van verbruikers.

  • Die grootte van huishoudings.

  • Verwagte veranderinge in pryse.

  • Die weersomstandighede.

Beweging LANGS die Vraagkurwe
  • Toon die prys-hoeveelheid verhouding van vraag.

Verskuiwing van die Vraagkurwe
  • 'n Verandering van enige faktor, buiten prys, sal 'n verskuiwing van die vraagkurwe veroorsaak, na regs of na links.

    • Verskuiwing na regs: hoeveelheid gevra neem toe.

    • Verskuiwing na links: hoeveelheid gevra neem af.

Redes Waarom die Hoeveelheid Gevra Toeneem (Verskuif na Regs)
  • 'n Toename in die inkomste van verbruikers.

  • 'n Toename in die grootte van die bevolking.

  • Hoeveelheid gevra neem toe as gevolg van advertensies, mode, klimaatsverandering, smake en voorkeure van verbruikers.

Redes Waarom die Hoeveelheid Gevra Afneem (Verskuif na Links)
  • 'n Afname in inkomste van verbruikers.

  • 'n Afname in die grootte van die bevolking.

  • Afname van vraag as gevolg van afname van advertensies, modes wat verander, klimaatsverandering, smake en voorkeure van verbruikers.

Aanbod
  • Die hoeveelheid goedere en dienste wat produsente beplan en gewillig is om te verkoop teen elke moontlike prys vir 'n spesifieke periode.

Die Wet van Aanbod
  • As die prys van die produk toeneem, neem die hoeveelheid aangebied van die produk ook toe en as die prys van die produk afneem, sal die hoeveelheid aangebied ook afneem, ceteris paribus.

  • Daar is 'n direkte verhouding tussen die hoeveelheid aangebied en prys.

Aanbodkurwe
  • Dui die hoeveelheid van 'n produk wat teen verskillende pryse aangebied word, aan.

  • Die helling loop van links onder na regs bo (positiewe helling).

Faktore wat die Hoeveelheid Aangebied Beïnvloed
  • Die prys van die goedere of dienste.

  • Die pryse van alternatiewe goedere en dienste.

  • Die prys van die produksiefaktore.

  • Die vlak van tegnologie.

Beweging LANGS die Aanbodkurwe
  • 'n Verandering in die prys van 'n produk lei tot beweging langs die kurwe.

  • Dui verhouding aan van die prys en hoeveelheid aangebied.

Verskuiwing van die Aanbodkurwe
  • 'n Verandering in enige faktor, behalwe prys, sal veroorsaak dat die aanbodkurwe na links of regs verskuif.

    • Verskuiwing na regs: hoeveelheid aangebied neem toe.

    • Verskuiwing na links: hoeveelheid aangebied neem af.

Redes Waarom die Hoeveelheid Aangebied Verhoog (Na Regs Verskuif)
  • Meer besighede betree die mark.

  • Die koste van produksiefaktore neem af (bv. lone, natuurlike hulpbronne).

  • Die gebruik van nuwe kostebesparende en verbeterde tegnologie.

  • Stabiele werksmag met geen politieke en werkonderbrekings.

  • Vrugbare grond, gunstige weersomstandighede.

Redes Waarom Hoeveelheid Aangebied Verlaag (Na Links Verskuif)
  • Besighede verlaat die mark.

  • Die koste van produksiefaktore verhoog (bv. lone, rente, huur).

  • Die gebruik van ou oneffektiewe tegnologie teen hoë koste.

  • Onstabiele werksmag met baie onderbrekings, werkonderbrekings, arbeidsonrus, tekort aan bronne.

  • Uitermatige weersomstandighede, bv. droogtes, storms, vloede.

Prysvorming

  • Die proses waardeur die markprys van 'n goed of diens bepaal word deur die interaksie van vraag en aanbod.

  • Die ewewigspunt is waar die vraag- en aanbodkurwes kruis.

  • Ewewigspunt: Die punt waar die hoeveelheid gevra gelyk is aan die hoeveelheid aangebied.

  • Ewewigsprys: Die prys by die ewewigspunt.

  • Ewewigshoeveelheid: Die hoeveelheid by die ewewigspunt.

Ooraanbod/Surplus
  • Wanneer die hoeveelheid aangebied meer is as die hoeveelheid gevra.

Onderaanbod/Tekort
  • Wanneer die hoeveelheid gevra meer is as die hoeveelheid aangebied.

Funksies van Markte

Markte Bring Vraag en Aanbod bymekaar
  • Kopers verteenwoordig die vraagkant van die mark, en verkopers verteenwoordig die aanbodkant van die mark.

  • Markte help om die basiese probleem van skaarsheid op te los.

Markte Help om Hulpbronne te Herverdeel
  • Pryse dien as 'n rigtingwyser vir die produsent en die verbruiker.

  • Markte is selfregulerend

  • Daar is 'n onsigbare hand wat markte reguleer.

Openbare Sektor Inmenging / Ingryping

Onderwerp 6: Openbare Sektor Inmenging / Ingryping

Regering se Betrokkenheid in die Mark
  • Die regering meng in by die ekonomie omdat die mark misluk en nie mense se behoeftes kan bevredig nie.

  • Die term regering sluit alle aspekte van plaaslike regering, Provinsiale regering en Nasionale (Sentrale) regering in.

  • Die openbare sektor sluit alles in wat deur die regering verskuldig is.

  • Markinmenging: Wanneer die regering ingryp in markverwante besluite rakende prys en hoeveelheid van 'n sekere produk.

Die Samestelling van die Openbare Sektor
  • Sentrale Regering: Werk met landswye sake.

  • Provinsiale Regering: Werk met die administrasie en ekonomiese kwessies van daardie spesifieke provinsie.

  • Plaaslike Regering: Werk met plaaslike kwessies binne 'n dorp in 'n spesifieke munisipale area.

  • Openbare Korporasies: Besighede wat deur die regering besit word en openbare goedere en dienste verskaf.

Redes Waarom Die Regering Inmeng in die Ekonomie
  • Die privaat sektor voorsien nie genoegsame dienste nie.

  • Voorsien openbare dienste soos hospitale en skole.

  • Regering wil verbruikers beskerm teen onregverdige praktyke deur monopolieë.

  • Om regverdige behandeling van werkers aan te moedig en uitbuiting te voorkom.

  • Om strategiese ondernemings te beheer, bv. elektrisiteit & watervoorsiening.

  • Om te waak teen markpryse wat skadelik mag wees vir ‘n gesonde ekonomie.

Impak van Openbare Sektor Betrokkenheid en Intervensie
Waarom Moet Die Openbare Sektor in Die Ekonomie Ingryp?
  • Markte lewer 'n doeltreffende hoeveelheid goedere en dienste wanneer produsente en verbruikers die volle koste en voordele van hul aktiwiteit dra.

  • Die openbare sektor gryp in die ekonomie in wanneer markte nie doeltreffend is nie en wanneer die ingryping doeltreffendheid sal verbeter.

    • Openbare goedere

    • Eksternaliteite of oorvloeisels

    • Onvolmaakte inligting

    • Onvolmaakte mededinging

    • Koördinasieprobleme.

Wat is die Risiko's van Openbare Sektor-Ingryping?
  • Die bestaan van 'n markmislukking is nie 'n voldoende rede vir ingryping nie. Openbare sektor ingryping kom teen 'n koste.

Wanneer en Hoe Moet Die Openbare Sektor Ingryp?
  • Die openbare sektor behoort slegs in te gryp wanneer daar 'n markmislukking is en wanneer ingryping tot 'n verbetering in die ekonomie sal lei.

Maniere Waarop Die Regering Kan Inmeng in Die Ekonomie:
Indirekte Belasting
  • 'n Belasting wat die regering hef op sekere goedere en dienste. Word indirek betaal deur verbruikers deur die koop van goedere en dienste.

  • Voorbeelde sluit in BTW, doeanebelasting, aksynsbelasting/invoerbelasting.

Subsidies
  • Finansiële hulp deur die regering om die produksie en verbruik van goedere en dienste te beïnvloed.

  • Betaal direkt of indirekt aan produsente.

Verskillende Subsidies

  • Verbruikersubsidies: 'n betaling aan die verbruiker vir 'n spesifieke goed of diens.

  • Produsente-subsidie: 'n betaling aan die produsent om die prys van die produk te verlaag.

  • Uitvoersubsidies: Gegee aan produsente om die verskil tussen interne markpryse en wêreldmarkpryse te dek.

  • Inkomste-subsidie: Subsidiëring van mense deur oordragbetalings om hulle in staat te stel om minimum lewenstandaard te handhaaf.

  • Indiensnemingsubsidies: Moedig besighede aan met die skepping van werksgeleenthede.

Maksimumpryse (Prysplafonne)
  • Die regering bepaal ‘n maksimumprys onder die markprys om goedere meer bekostigbaar te maak.

Minimumpryse (Vloerpryse)
  • Die regering bepaal ‘n minimumprys by ‘n punt bokant die markprys om die produsent te beskerm.

Welsyn
  • Maatskaplike toelaes word voorsien om mense te help om in hul basiese behoeftes te voorsien.

Produksie
  • Die regering voorsien goedere en dienste wat nie deur die privaat sektor voorsien word nie.

Minimum Lone
  • Werkers moet ‘n sekere loon betaal word en niks minder nie. Die rede daarvoor is dat werkers lone moet verdien wat genoegsaam is om hulle basiese lewenskostes te betaal.

Debatteer argumente ten gunste van of teen minimum lone

Argumente Ten Gunste Van Minimumloon:- Die toepassing van minimumloonwette is nodig om die herverdeling van inkomste te verbeter
  • Spreek ongelykheid aan (gaping tussen arm en ryk)

  • Die lewenstandaard sal verhoog

  • Die owerheid poog om huiswerkers en plaaswerkers te beskerm – en voorkom dus uitbuiting

Argumente Teen Die Instelling Van ‘n Minimum Loon
  • Minimum loon kan werkloosheid veroorsaak omdat die vraag na arbeid sal daal.

  • 'n Minimum loon kan armoedevlakke in die land verhoog a.g.v werkloosheid.

  • Minimum lone verhoog die produksiekoste van besighede

  • Minimum lone sal die prys van verbruikersgoedere verhoog - Koste druk inflasie – besigheid kan die prys van hul produkte verhoog as gevolg van styging in produksiekoste.

Produksiemoontlikheidskromme

Onderwerp 7: Produksiemoontlikheidskromme

Beskryf Kortliks Die Produksiemoontlikheidskurwe (PMK)
  • Die produksiemoontlikheidskurwe toon die kombinasies van enige twee goedere of dienste wat geproduseer kan word of aangebied word wanneer die beskikbare hulpbronne ten volle en doeltreffend werk.

Aannames
  • Die ekonomie benut al die beskikbare hulpbronne en produseer goedere en dienste teen die laagste koste (produktiewe doeltreffendheid).

  • Die beskikbare produksiefaktore is vas, maar kan, binne perke, hertoegewys word aan verskillende gebruikers (vaste hulpbronne).

  • Die tegnologie verander gedurende die analise nie (vaste tegnologie).

  • Die ekonomie produseer net twee goedere.

Die Doel van Die PMK
  • PMK word gebruik om te bepaal hoeveel van twee verskillende produkte voorsien kan word met die gebruik van dieselfde hoeveelheid insette.

Die Produksiemoontlikheidskurwe illustreer die volgende:

  • Die kurwe illustreer die konsepte ‘skaarsheid’ en ‘keuse’ .

  • Die kurwe illustreer geleentheidskoste.

  • Die kurwe illustreer dat sekere kombinasies nie bereik kan word nie, gegewe die beskikbare hulpbronne.

  • Die kurwe illustreer ook ondoeltreffendhede.

  • Die kurwe illustreer die maksimum moontlike uitset in enige van die kombinasies op die kurwes van die twee goedere.

  • Die maksimum moontlike uitset is slegs van toepassing wanneer alle hulpbronne ten volle en doeltreffend gebruik word.

Die Vorm Van Die PMK
  • Die produksiemoontlikheidskurwe is die grens tussen die bereikbare en onbereikbare uitsetkombinasies.

  • Die produksiemoontlikheidskurwe is konkaaf tot die oorsprong (0).

Die Verskillende Kombinasies

Moontlikhede

Sakke Graan

Sakke Rys

A

600

0

B

575

175

C

275

450

D

0

500

Die kurwe

  • Die produksie van Rys word op die horisontale as gemeet.

  • Die produksie van Graan word op die vertikale as gemeet.

  • Die verskillende kombinasies in die tabel word verteenwoordig by punt A, B, C en D.

  • Wanneer ons beweeg van punt A tot by punt B, van punt B tot by punt C, van punt C tot by punt D, ens. sal opgelet word dat die produksie van Rys, terwyl die produksie van Graan afneem.

  • Indien die besigheid 600 sakke Graan produseer, sal 0 sakke Rys geproduseer kan word.

  • Om die eerste 175 sakke Rys te produseer, sal die besigheid 25 sakke Graan moet opoffer (beweeg van 600 tot 575) (Punt B).

  • Om 450 sakke Rys te produseer, sal die besigheid ‘n verdere 300 sakke Graan moet opoffer (beweeg van 575 tot 275) (Punt C).

  • Indien die besigheid 500 sakke Rys produseer, kan geen (0) sakke Graan geproduseer word nie.

  • Die kurwe wys dat meer sakke Graan slegs geproduseer kan word indien die produksie van sakke Rys opgeoffer word.

Onbereikbare Posisie
  • Produksie by punt H is onmoontlik met die beskikbare bronne.

  • Dit val buite die Produksiemoontlikheidskurwe.

  • Om by H te produseer, het die besigheid meer bronne nodig.

Ondoeltreffende Posisie
  • Produksie by punt G word gereken as ondoeltreffend, omdat dit binne die Produksiemoontlikheidskurwe is.

  • Indien produksie voorkom by punt G, is daar ‘n vermorsing van hulpbronne.

  • Produksie kan verhoog tot enige punt op die Produksiemoontlikheidskurwe.

Beweging Van Die Produksiemoontlikheidskurwe
  • Die hoeveelheid van die beskikbare bronne kan toeneem of produksietegnieke kan verbeter.

  • Indien dit gebeur, sal die PMK uitwaarts skuif.

  • Indien die PMK uitwaarts skuif, dui dit op ekonomiese groei.

1. Toename in die hoeveelheid beskikbare produksiefaktore en ‘n verhoging in produksie van Rys.
  • ‘n Toename in die hoeveelheid van beskikbare produksiefaktore en die verbetering van produksie van Rys, maak dit moontlik om meer sakke Rys te produseer.

  • Dit sal dus moontlik wees om meer sakke Rys te produseer met die beskikbare bronne.

  • Die PMK vir Rys verskuif uitwaarts van AM na AN.

2. Toename in die hoeveelheid beskikbare produksiefaktore en ‘n verhoging in die produksie van Graan.
  • ‘n Toename in die hoeveelheid beskikbare produksiefaktore en die verbetering in produksie van Graan maak dit moontlik om meer sakke Graan te produseer.

  • Dit sal dus moontlik wees om meer sakke Graan te produseer met die beskikbare bronne.

  • Die PMK van selfone verskuif uitwaarts van LO na LP.

3. Toename in die kwaliteit van beskikbare produksiefaktore en ‘n verbetering in produksie om meer sakke Graan en sakke Rys te produseer.
  • ‘n Toename in die kwaliteit van beskikbare produksiefaktore en ‘n verbetering in die produksie, maak dit moontlik om meer sakke Graan en sakke Rys te produseer.

  • Die PMK verskuif uitwaarts van AB na CD.

4. Afname in die hoeveelheid beskikbare produksiefaktore en 'n afname in die produksie van sakke Graan en sakke Rys.
  • 'n Afname in die hoeveelheid beskikbare produksiefaktore en 'n afname in die produksie van sakke Graan en sakke Rys.

  • Die PPC skuif na binne van CD na EF.

Interne Faktore Wat Die Posisie Van Die PMK Bepaal
  • Verbeterde produksietegnieke Fabrieke verander van ‘n arbeidsintensiewe produksieproses na ‘n kapitaalintensiewe produksieproses. (Vervang hande-arbeid met meganiese prosesse.)

  • Nuwe en verbeterde tegnologie Dit lei tot meer doeltreffende produksiemetodes, wat uitset sal verhoog. PMK sal na regs verskuif.

  • Die verbetering van vaardighede van werkers deur opleiding en motivering. Beter opleiding en motivering sal die produktiwiteit verhoog en die PMK na regs verskuif.

Eksterne Faktore Wat Die Posisie Van Die PMK Bepaal
  • Die kwaliteit van die produksiefaktore

  • Effektiewe vervoerdienste

  • Effektiewe kommunikasiestelsels

  • Gesondheidsorg lei tot gesonder werkers

Gevolge Van Ondoeltreffendhede In Die Mark
Beskryf Kortliks die Term ‘Markondoeltreffendheid’
  • Markte funksioneer ondoeltreffend wanneer dit nie die maksimum uitset met die minimum inset lewer nie, of as die inkomste wat in die mark gegenereer word nie regverdig onder die deelnemers as geheel verdeel word nie.

Wanneer is Markte Doeltreffend?
  • ʼn Ekonomie bereik produktiewe doeltreffendheid wanneer alle hulpbronne effektief en produktief aangewend om hoogste uitset teen laagste koste te bereik.

DOELTREFFENDHEID EN ONDOELTREFFENDHEID Pareto-Doeltreffendheid

  • Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart van een persoon te vergroot sonder om die welvaart van 'n ander persoon te benadeel

  • Hulpbronne wat op so 'n wyse toegeken word dat niemand beter daaraan toe is sonder dat iemand anders slegter daaraan toe is

  • 'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welvaart van een person te vergroot sonder om 'n ander een slegter daaraan toe te maak

Pareto-Doeltreffendheid en Pareto-Ondoeltreffendheid
  • Die produksiemoontlikheidskromme (PMK) om Pareto-doeltreffendheid en Pareto-ondoeltreffendheid te illustreer

Pareto-Doeltreffendheid
  • Beide punte B en C is pareto-doeltreffend – hulle lê op die Produksiemoontlikheidskromme.

  • Die beweging van B na C behels dat sakke graan opgeoffer word vir meer sakke rys.

  • Om meer sakke rys te produseer, beteken 'n opoffering van sakke graan.

  • Daar is ‘n geleentheidskoste hier.

Pareto Ondoeltreffend
  • Punt wat onder in die Produksiemoontlikheidskromme lê, byvoorbeeld Punt G (grafiek hierbo) dui ondoeltreffendheid aan

  • Dit toon ook onderbenutting van hulpbronne

Produktiewe Doeltreffendheid en Produktiewe Ondoeltreffendheid
  • Die Produksiemoontlikheidskromme (PMK) kan gebruik word om Produktiewe doeltreffendheid en Produktiewe ondoeltreffendheid te verduidelik

Produktiewe Doeltreffendheid
  • 'n Situasie waar 'n ekonomie in staat is om goedere en dienste teen die laagste moontlike eenheidskoste te produseer.

  • Produktiewe doeltreffendheid stel die samelewing in staat om 'n beter ruil posisie te hê en stel mense in staat om meer goedere en dienste te verbruik.

  • Enige punt op die produksiemoontlikheidskromme toon 'n kombinasie van goedere waar hulpbronne doeltreffend aangewend sal word

  • Enige punt op die PPC dui op produktiewe doeltreffendheid aan.

Produktiewe Ondoeltreffendheid
  • Die produsent produseer nie teen die laagste moontlike eenheidskoste nie.

  • Enige punt aan die linkerkant van die PMK soos E, dui aan dat sommige hulpbronne ongebruik is.

  • As dit gebeur, kan sommige klante van goedere ontneem word.

  • Dit beeld produktiewe ondoeltreffendheid uit.

Toedelingsdoeltreffendheid en Toedelingsondoeltreffendheid
  • Die Produksiemoontlikheidskromme (PMK) kan gebruik word om Toedelingsdoeltreffendheid en Toedelingsondoeltreffendheid te verduidelik.

Toedelingsdoeltreffendheid
  • 'n Situasie waar ondernemings die beskikbare hulpbronne gebruik om die uitset te produseer wat die meeste deur verbruikers/samelewing gevra word

  • Die goedere wat geproduseer word, weerspieël verbruikers se smake.

  • Hulpbronne word in die regte verhoudings toegewys.

  • Die produkmengsel (goedere wat geproduseer word