Verduidelik totale gehaltebeheer (TGB) as deel van die gehaltebeheerstelsel.
Verduidelik die betekenis van produksiekoste.
Bespreek die komponente van produksiekoste.
Gee voorbeelde van primêre- en oorhoofse koste.
Verduidelik die betekenis van totale- en vaste koste.
Bereken die totale-, vaste- en veranderlike koste.
Bereken eenheidskoste, verkoopprys en wins.
Verduidelik die betekenis van die gelykbreekpunt.
Bereken die gelykbreekpunt.
Kernbegrippe
Stelsel: ‘n georganiseerde rangskikking van dele om ‘n spesifieke uitkoms te bereik.
Produksiebeplanning: die plan wat koste en tyd verminder en uitset vermeerder.
Produksiebeheer: die bestuur van elke taak in die produksieproses vir die beste resultate.
Roetebepaling: die proses om die beste en goedkoopste volgorde vir bedrywighede te bepaal.
Skedulering: die proses om die tyd benodig vir elke produksie taak te beraam.
Lading: die proses om werk tussen werkers en masjiene te verdeel.
Uitreiking: omskakeling van beplanning in aksie, met instruksies en toesighouding.
Opvolg: seker maak dat skedulering en produksieprosesse volgens plan verloop.
Inspeksie: kontrole van die gehalte van die proses en die finale produk.
Regstellende maatreëls: aanpassing in die beplanningsproses.
Veiligheidsbestuur: voorsorgmaatreëls om veiligheid in die werkplek te verseker.
Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid: rol van gesondheid en veiligheid.
Gehaltebeheer: inspeksies van die finale produk om aan standaarde te voldoen.
Gehalte-bestuursisteme: ‘n raamwerk om sleutelprosesse te bestuur.
SABS: die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde.
Produksiestelsels
Die produksiefunksie behels die aanwending van organisatoriese hulpbronne om uitsette te lewer.
Die vervaardigingsfunksie behels die omskakeling van grondstowwe in voltooide produkte.
Besighede moet ‘n goeie produksie bestuurstelsel in plek stel.
Kriteria vir die Keuse van ‘n Produksiestelsel:
Die verskeidenheid van die produk
Die volume van die produk wat vervaardig moet word.
Die masjinerie en toerusting wat gebruik gaan word.
Tipes Produksiestelsels
Ononderbroke produksiestelsel
Massaproduksie
Onderbroke produksiestelsel
Lotproduksie
Stukproduksie
Massaproduksie
Groot hoeveelhede gestandaardiseerde produkte vloei deur die sisteem.
Produkte is identies en gaan deur dieselfde prosesse.
Produkte beweeg op die monteerbaan.
Elke werker is opgelei om ‘n spesifieke taak te verrig.
Die toerusting en masjinerie is hoogs gespesialiseerd en duur.
Massaproduksie maak die produksieproses vinniger en verminder produksiekoste.
Die eenheidskoste van produkte is goedkoper.
Die massaproduksiestelsel is nie aanpasbaar vir nuwe produkte nie.
Die hoeveelheid produkte is dieselfde en gehaltebeheer kan beplan word.
Voordele van massaproduksie.
Die produksieproses is vinniger, wat die omsettyd vinniger sal maak.
Die eenheidskoste van produkte is goedkoper.
Die gehalte van produkte is gestandaardiseer.
Werkers spesialiseer in hulle taak.
Werk kan deurlopend gedoen word deur gebruik te maak van skofte.
Nadele van massaproduksie.
Die oprigtingskoste van ‘n fabriek is baie duur omdat gespeisaliseerde masjinerie gebruik word.
Die massa produksieproses is nie aanpasbaar nie.
Indien een masjien onklaar raak, word die hele produksieproses onderbreek.
Werkers kan verveeld raak, omdat hulle dieselfde taak die hele tyd verrig.
Die toerusting vereis dikwels gespesialiseerde operateurs wat hoër salarisse verdien.
Lotproduksie
Produkte gaan deur die produksieproses in lotte (bondels).
Produkte word vanaf begin tot einde voltooi, voordat daar met ‘n nuwe lot (bondel) begin word.
Elke lot (bondel) se kenmerke verskil effens van die vorige.
Kenmerke
Produkte word nie deurlopend vervaardig nie, maar eerder in bondels.
Daar is meer aanpasbaarheid vir ‘n verskeidenheid van produkte.
Die masjinerie wat gebruik word is nie so duur as by massaproduksie nie.
Werkers spesialiseer in ‘n sekere deel van die proses wat hulle produktiwiteit verhoog.
Die hoeveelheid van die bondels kan maklik aangepas word en sal dus vermorsing verminder.
Nuwe produkte kan maklik ingesluit word in die produksieproses.
Die koste kan hoër wees as by massaproduksie, maar nie te hoog nie, omdat groot bondels van dieselfde produkte vervaardig kan word.
Groter hoeveelhede grondstowwe en voltooide produkte moet opgeberg word om verskillende produkte van die kliënte te akkommodeer.
Daar kan vertragings voorkom as daar gewag word om een bondel te voltooi voordat daar met ‘n nuwe bondel begin word.
Voordele Lotproduksie
Die oprigtingskoste is laer, omdat die masjinerie nie so duur is as vir massaproduksie nie.
Die hoeveelhede van die bondels kan beheer word, wat vermorsing sal verminder.
Die stelsel is meer aanpasbaar en dit is makliker om oor te skakel na nuwe produkte.
Koste is laer, omdat groot bondels soortgelyke produkte gelyktydig geproduseer kan word.
Besighede kan die voordeel van grootskaalse aankope benut.
Nadele Lotproduksie
Dit is nie altyd maklik om gehalte van elke produk te beheer nie en daarom voldoen dit nie altyd aan al die kliënte se standaarde nie.
Soms word tyd verspil as daar gewag moet word om eers een bondel te voltooi, voordat daar met die volgende een begin kan word.
Meer opbergspasie is nodig om voltooide produkte te berg.
Lotproduksie vereis dikwels verskillende masjinerie, wat duur kan wees vir die besigheid.
Sommige werkers raak ongemotiveerd as hulle slegs spesialiseer in een taak.
Stukproduksie
Met stukproduksie is elke taak uniek en vereis gespesialiseerde werkers, met kreatiewe idees en verskillende tegnieke.
Kenmerke.
Elke kliënt sal unieke voorskrifte gee wat in die finale produk ingesluit moet word.
Die masjiene wat gebruik word stem ooreen met algemene masjiene wat vir verskillende produkte gebruik kan word.
Die koste van items sal hoër wees omdat dit gemaak word volgens kliënte se voorskrifte.
Die gehalte van produkte is uitstekend omdat produkte verrvaardig word volgens voorskrifte.
Werkers is vaardig en die koste van die werk sal hoër wees.
Die proses neem langer omdat elke item uniek is.
Grondstowwe kan nie op grootmaat gekoop word nie en sal duurder wees.
Voordele Stukproduksie
Werknemers sal nie verveeld raak nie, aangesien elke taak uniek is.
Die vraag na unieke produkte is dikwels hoër.
Die gehalte van elke individuele produk is hoog en gehaltebeheer word deurlopend deur die proses uitgevoer.
Die oprigtingskoste is nie so hoog nie, omdat gestandaardiseerde masjinerie dikwels gebruik word.
Die besigheid kan hoër pryse vra, omdat produkte volgens spesifieke spesifikasies gemaak word.
Nadele van stukproduksie
Arbeidskoste is hoog, omdat werkers oor baie hoë vaardighede moet beskik.
Grondstowwe is duur en kan nie op grootmaat aangekoop word nie.
Die vervaardigsproses neem lank, omdat elke item volgens spesifikasies vervaardig moet word.
Die koste per item is gewoonlik hoër.
Dit is nie moontlik om die proses te outomatiseer nie.
Produksiebeplanning
Doelwitte moet gestel word vir die produksieafdeling en beleide moet ontwikkel word om hierdie doelwitte te bereik.
Hulpbronne moet georganiseer word om die effektiwiteit van die werkplek te maksimeer, koste en tyd te verminder en uitset te verbeter.
Beplanning van die rolle van elke individuele werkenemr, bestelling van voorraad, ens. Alles – tot by die finale lewering van die produkte – moet beplan word.
Aangesien daar altyd veranderinge in die produksieproses voorkom, moet beplanning baie deeglik en versigtig gedoen word
Aspekte ingesluit Produksiebeplanning
Werklike produksie
Inventaris/voorraad
Uitleg van fabriek
Produksiekoste.
Stappe in Produksiebeplanning
Beplanning
Roetebepaling
Skedulering
Lading
Beplanning
Die proses sluit in die uitleg van die fabriek om te pas by die produksiestelsel.
Dit moet die vloei van materiale bepaal vir optimale resultate.
Dit sluit besluite soos die aankoop van materiale, masjinerie en toerusting in.
Die proses moet begrotings, masjiene en berekening van hoeveel werkers benodig word om die verlangde uitset te kan lewer.
Roetebepaling
Bestuur moet bepaal wat die beste goedkoopste volgorde in die produksieproses sal wees.
Watter gehalte en tipe grondstowwe gaan gebruik word?
In watter volgorde gaan die produksieproses geskied?
Wat is die spesifikasies, byvoorbeeld, die grootte van die finale produk?
Wat is die koste-ontleding van die hele proses?
Skedulering
Die roete en lading van beide arbeid en masjinerie.
Berekening van die tyd wat vereis word om elke aktiwiteit in die vervaardigingsproses af te handel.
Bepaling wanneer elke aktiwiteit moet begin, en daarna die berekening van hoeveel tyd nodig is om die hele proses te voltooi.
Bepaling van die tyd wat nodig is vir voorbereiding van grondstowwe, tot en met die tyd wat nodig is vir vervaardiging van voltooide produkte.
Bepaling van die tyd benodig vir die aflewering van grondstowwe, en lewering van voltooide produkte, ens.
Skedulering word deur verskeie faktore beïnvloed soos die kapasiteit en grootte van die besigheid, beskikbaarheid van personeel, masjiene en materiale.
‘n Skedule met volledige besonderhede sal verseker dat hulpbronne beter gebruik word en dat daar effektiewe beheer oor die proses uitgeoefen word.
Lading
Die beplanning van wie verantwoordelik sal wees vir elke aktiwiteit soos geïdentifiseer gedurende die proses van roetebepaling.
Die toedeling van elke persoon aan ‘n masjien.
Tydens lading word die hoeveelheid tyd bereken wat elke masjien nodig het vir produksie gedurende die dag.
Dit dui ook aan watter masjiene nie tot volle kapasiteit gebruik word nie.
Lading word gekoppel aan die uitset wat verlang word om bestellings te kan uitvoer en ‘n oorlading van werknemers en masjiene te voorkom.
Voordele van produksiebeplanning
Beplanning stel die besigheid in staat om te verseker dat elke masjien en werker tot hul volle kapasiteit benut word en nie ledig gelaat word nie.
‘n Besigheid kan verseker dat daar die regte hoeveelheid benodigdhede en voorraad op ‘n gegewe tyd is.
Beplanning verminder vermorsing en onnodige koste vir vir opberging.
Beplanning sal voorkom dat tyd verspil word en die aantal voltooide produkte vermeerder.
Die beplanningsproses sluit gehaltekontroles in en verseker dat die korrekte gehalte gelewer word en dat produksietyd afneem.
Produksiebeheer
Produksiebeheer sal elke individuele taak en aktiwiteit gedurende die produksieproses beheer. Dit sal ook die aanvang en voltooiing van elke taak vasstel.
Stappe in Produksiebeheer
Uitreiking
Inspeksie
Opvolg
Regstellende maatreëls
Uitreiking
Opdragte uitgereik word vir die beweging van materiale, gereedskap en toerusting na die verlangde plekke
Kontrole van die tyd en koste wat betrokke is in die proses
Kontrole of die vloei van werk geskied volgens die roetebepaling
Toesighouding oor die hele proses.
Inspeksie
Ewekansige seleksie en toetsing van produkte
Ondersoek van produkte
Monsterneming en toesing van produkte.
Opvolg
Onbeplande kwessies of probleme.
Enige misverstande in terme van werksprosesvereistes.
Aanduideing of aktiwiteite volgens plan verloop.
Regstellende Maatreëls
Onderhoud en herstel van masjiene
Aanpassings aan roetebepaling, skedulering en lading.
Opleiding van werkers en hantering van ander kwessies met personeel
Oorplasing van werknemers na ander afdelings.
Veiligheidsbestuur
Werkplekongelukke kan beserings en selfs dood veroorsaak wat moontlike finansiële implikasies vir die besigheid kan inhou.
Werkplekongelukke kan ‘n negatiewe impak uitoefen op die beeld van die besigheid.
Gereelde en ernstige werkplek ongelukke mag selfs veroorsaak dat beleggers besluit om hulle geld te onttrek en in ‘n ander onderneming te belê.
Werknemers kan dalk vertroue in die besigheid verloor en skuif na ander ondernemings.
Potensiële werknemers kan dalk besluit om eerder ‘n werksaanbod van ‘n ander onderneming te aanvaar, as as daar te veel ongelukke voorkom.
Vereistes vir ‘n veilige omgewing
‘n veiligheidsbeleid
Sigbare waarskuwingstekens
Noodhulptoerusting
Veilige werksomgewing
Voorkomende maatreëls vir die hantering van masjinerie.
Veiligheidsbeleid
Die veiligheidsbeleid moet uitlig hoe veiligheid bestuur word, wie dit bestuur en hoe dit gemeet word.
Aspekte wat ingesluit moet word in die werkplek veiligheidsbeleid
Die reg wat elke werker het om in ‘n veilige en gesonde omgewing te werk, moet erken word.
Dit moet sigbaar vertoon word aan werkers.
Daar moet die voorneme wees om te voldoen aan die minimum standaarde van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.
Dit moet veiligheid as prioriteit met ander doelwitte en beleide van die onderneming stel.
‘n Datum moet gegee word wanneer die beleid hersien sal word.
Die beleid moet deur die HUB onderteken word.
Dit moet die verantwoordelikhede van die bestuur ten opsigte van beroepsgesondheid en veiligheid uitspel.
Voorkomende maatreëls wanneer masjinerie hanteer word
Elke werknemer moet bekend wees met die veiligheidsprosedures van die besigheid.
Bestuur moet daarna streef om ‘n kultuur van veiligheid in die werkplek te kweek.
Die besigheid moet verseker dat alle masjinerie korrek geïnstalleer word en veilig is vir gebruik.
Alle werknemers moet behoorlik opgelei word oor hoe om masjinerie te gebruik, asook gewaarsku word oor die gevare van die gebruik van masjinerie.
Gereelde veiligheidskontroles moet uitgevoer word, en masjinerie moet gereeld onderhou en gediens word.
Werkers moet die nodige beskermende klere en toerusting dra. Dit sluit in items soos oorpakke, veiligheidshelms, swaardiens veiligheidskoene en sweisbrille as hulle werk met masjinerie en toerusting.
Harde hoede moet altyd gedra word op konstruksiepersele deur alle persone op die perseel.
Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV) (No. 85 van 1993)
Beskerm die gesondheid, veiligheid en welstand van werknemers
Lig die rolle en verantwoordelikhede van werkgewers, werknemers, vervaardigers en verskaffers uit wat betref gesondheid en veiligheid in die werkplek.
Maniere waaarop die besigheid kan voldoen aan WBGV
Voorsien werkers met die nodige beskermingsklere en toeusting om hulle te beskerm teen potensiële gevare.
Verseker dat noodhulpstelle beskikbaar is in die werkplek en die fabriek.
Sorg dat brandblussers in die werkplek of fabriek beskikbaar is. Dit moet ook gereeld en deeglik gediens word.
Masjinerie moet op ‘n gereelde basis gediens word en behoorlike herstelwerk moet gedoen word.
Gehaltebeheer
Die proses waarmee verseker word dat goedere en dienste deurlopend met ‘n hoë standaard vervaardig word.
Die inspektering van die finale produkte word gedoen om te verseker dat dit voldoen aan die vereiste standaarde.
Totale Gehaltebeheer (TGB)
Total Gehaltebeheer sluit elke deel van die besigheid in en gehalte word almal – insluitend elke afdeling en werknemer – se verantwoordelikheid.
Die hoofdoel van TGB is om die gehalte van produkte en dienste te verbeter om te voldoen aan die verwagtinge van die kliënte.
Totale Gehaltebeheer is ‘n integrale sisteem waarvan die metodologie toegepas word deur die hele organisasie.
Rol van gehaltebeheerliggame by die stel van gehaltestandaarde
Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS)
Stel en publiseer nasionale standaarde.
Voorsien opleiding oor alle aspekte van standaardisering.
Voorsien inligting oor internasionale en nasionale standaarde.
Toets en sertifiseer produkte en dienste gemeet aan sekere standaarde.
Moniteer en dwing wetlike regulasies af.
Bevorder ontwerp uitnemendheid.
Internasionale Organisasie vir Standaardisering (ISO)
ISO9000 is ‘n stel internasionaal erkende standaarde gestel vir verskillende industrieë.
Industrieë kan hul gehaltebeheer-sisteem toets teen internasionale standaarde.
Gehaltesirkels
Gehaltesirkels is groepe werknemers wat in verskillende afdelings werk, byvoorbeeld produksie, bemarking, aankope en finansiering, maar wat direk of indirek betrokke is by dieselfde produkte of diens.
Hulle vergader gereeld om te bespreek hoe gehalte, effektiwiteit en produktiwiteit verbeter kan word.
Hulle analiseer probleme in die produksieproses en hou ‘n dinkskrum oor oplossings.
Werknemers is dikwels die beste toegerus met kennis oor hoe om gehalte te verbeter.
Tipise onderwerpe wat deur gehaltesirkels bespreek sal word, sluit in die verbetering van veiligheid, verbeterde produkontwerpe asook produksieprosesse.
Die ideale grootte van ‘n gehaltesirkel is tussen drie tot twaalf lede.
Gehaltesirkels vorm deel van die TGB van ‘n besigheid.
Evaluering van produksiekoste
Die totale prys wat betaal word vir grondstowwe, arbeid en ander wat gebruik word om ‘n produk te vervaardig of ‘n diens te skep, word produksiekoste genoem.
Die betekenis van totale koste: Hierdie koste sluit in alle koste wat aangegaan is in die besigheid. Dit sluit in grondstowwe, die bemarking en die produksie van goedere en dienste.
Die betekenis van vaste koste: Hierdie koste is nie gekoppel aan die aantal produkte of eenhede wat vervaardig word nie. Vaste koste word bereken or ‘n week of ‘n maand.