stuff

Ingestie - voedsel word ingeneem en gaan die spysverteringskanaal binne.

  • Vertering - soliede, onoplosbare voedsel word deur fisiese en chemiese
    prosesse na eenvoudiger, oplosbare stowwe verander.

  • Absorpsie - die eindprodukte van vertering word in die bloedstroom
    opgeneem.

  • Assimilasie - die selle neem die voedingstowwe uit die bloed op en gebruik

dit om nuwe selstrukture en verbindings op te bou.

• Egestie - die proses waartydens daar van onverteerde reste in die vorm van

feses, ontslae geraak word.