1.1) Teken ʼn vraag en aanbod kromme grafiek waarin jy die onderstaande geval grafies voorstel
Gebruik slegs een verskuiwing
Gedurende die somer maande is daar ʼn toename in die vraag na roomys (5)
1.2) Teken ʼn vraag en aanbod grafiek waarin jy die onderstaande geval grafies voorstel
Gebruik slegs een verskuiwing
Daar is ʼn toename in die nominale lone van werknemers in ʼn gegewe industrie wat beteken dat insetkostes toeneem (5)
1.3) Teken ʼn vraag en aanbod grafiek waarin jy die onderstaande geval grafies voorstel
Gebruik twee verskuiwings
Daar is ʼn toename in die aanvraag vir ʼn spesifieke produkte
Na die aanvraag toeneem, reageer die mark deur meer produkte te produseer (5)
1.4) Teken ʼn vraag en aanbod grafiek waarin jy die onderstaande geval grafies voorstel
Gebruik twee verskuiwings
Daar is ʼn toename in die aanvraag vir ʼn spesifieke produkte
Terselfdertyd is daar ʼn drastiese afname in die produsering van ʼn produk weens regulatoriese druk (5)
Geval 1:
Die onderstaande inligting verwys na ʼn vraag- en aanbod- kromme
QD = 200 000 - 500P
QS = -10 000 + 1 000P
2.1) Bereken die ewewigprys in die mark in geval 1 (1)
QD=QS
200 000 - 500P = -10 000 + 1 000P
P = 140
2.2) Bereken die ewewighoeveelheid in die mark in geval 1 (1)
QD = 200 000 - 500(140)
QD = 130 000
QS = -10 000 + 1 000(140)
QS = 130 000
Geval 2:
Daar is ʼn afname in die vraagkromme in die mark
Die mark lyk nou as volg
QD = 140 000 - 500P
QS = -10 000 + 1 000P
2.3) Bereken die nuwe ewewigprys in die mark in geval 2 (1)
QD = QS
140 000 - 500P = -10 000 + 1 000P
P = 100
2.4) Bereken die nuwe ewewighoeveelheid in die mark in geval 2 (1)
QD = 140 000 - 500(100)
QD = 90 000
QS = -10 000 + 1 000(100)
QS = 90 000
2.5) Wat is die verandering in prys tussen geval 1 en 2 (1)
140 - 100 = 40
2.6) Wat is die verandering in hoeveelheid tussen geval 1 en 2 (1)
130 000 - 90 000 = 40 000
2.7) Gee ʼn grafiese voorstelling van die bostaande inligting deur die oorspronklike posisie (geval 1) en die nuwe posisie (geval 2) voor te stel in ʼn vraag- en aanbod- grafiek
Gee die waardes van die ewewigsposisies in elke geval (4)
Punte toekenning
Twee punte vir die korrekte kromme
Een punt vir die korrekte waardes op die asse in elke posisie