Plant Anatomie & Fisiologie Notas
Deel 1: Plant Anatomie & Fisiologie
Deel 1.1: Plantselle
Selstrukture en Funksies:
Intersellulêre Ruimte: Beweging van gasse en water tussen selle.
Chloroplast: Fotosintese.
Selwand: Sterkte en vorm aan die sel.
Growwe Endoplasmiese Retikulum (ER): Versamel en vervoer proteïene.
Ribosome: Maak proteïene.
Sitoplasma: Liggaam van die sel waar chemiese reaksies plaasvind.
Vakuool: Stoor water, metaboliese afvalprodukte en pigmente.
Gladde Endoplasmiese Retikulum (ER): Vervoer proteïene.
Plasmalemma: Beheer toegang van stowwe na die sel.
Mitochondrion: Maak energie deur sellulêre respirasie.
Diktiosoom: Versamel en vervoer proteïene.
Kern: Beheer metabolisme en bevat gene.
Kernmembraan: Vorm die kern en beskerm DNA.
Nukleolus: Streek waar DNA RNA maak vir proteïenvervaardiging.
Chromatiennetwerk en Nukleoplasma: Chromatiennetwerk van DNA gemaak, bevat gene (oorerflike inligting); nukleoplasma omring DNA in kern.
Nukleoporie: Beweging van stowwe in en uit die kern.
Plantsel vs. Diersel:
Selwand word slegs by plantselle aangetref.
Funksie: Verskaf sterkte en beskerming; kommunikasie en vervoer.
Selmembraan
Alle inhoud van lewende selle word deur die selmembraan as ‘n eenheid bymekaar gehou.
Vloeistofmosaïekmodel.
Funksie: Kommunikasie en vervoer; omring en beskerm sitoplasma-inhoud van sel.
Selkern
Alle lewende selle bevat ‘n kern.
Waar DNA/RNA aangetref word.
Funksie: Beheer hoe en watter proteïne en ensieme gemaak word; beheer wanneer die sel sal verdeel; omring en beskerm chromatiennetwerk.
Endoplasmiese Retikulum
Gladde ER: ‘n netwerk van membraanagtige buise.
Growwe ER: ‘n netwerk van buise met ribosome aangeheg.
Funksie: Verbind die selmembraan en kernmembraan; vir die vervoer van stowwe; growwe ER & Ribosome maak proteïne vir vervoer.
Selsitoplasma
Vorm die vloeibare liggaam van selle, dit bestaan uit baie stowwe en strukture, en die deurlopende beweging daarvan help om hulle in die sel rond te beweeg.
Organelle
Bstaan uit membrane; hulle verrig spesifieke metaboliese funksies; party word net in dierselle aangetref en ander word net in plantselle aangetref.
Ribosome
Word deur sitoplasma versprei of is aan ER geheg en is die plek waar selle proteïne maak.
Vakuool
Plantselle het een groot vakuool. Dierselle het baie klein vacuole.
Funksies: Beheer waterinhoud in sel; neem voedselpartikels & vloeistof op; maak beskadigde selle dood; verskaf turgiditeit (steun) aan selle.
Mitochondrion
Klein rond of ovaalvormige organelle.
Funksies: Verantwoordelik vir selrespirasie; vervaardig ATP (energie).
Golgi-Liggaam & Diktiosoom
Word Golgi-Liggaampies in Dierselle en Diktiosome in Plantselle genoem.
Funksies: Sorteer en Stoor sellulêre afskeidings (bv ensieme).
Plastiede
Slegs in Plantselle.
Leukoplaste: Stoor stowwe en word aangetref in volwasse selle wat nie aan lig blootgestel word nie.
Chromoplaste: Het pigmente wat die geel tot rooi kleure in blomme, herfsblare, vrugte en wortels gee.
Chloroplaste: In die groen selle van plante en alge. Verantwoordelik vir fotosintese.
Sentriole
Alle lewende dierselle het ‘n sentrosoom wat uit twee sentriole bestaan. Die sentriole dien as “ankers” om chromosome tydens seldeling te skei.
Deel 1.2: Plantweefsel
Hoof Gedeeltes van 'n Plant:
Apikale meristeem
Laterale meristeem
Blare
Vrugte of blomme
Wortels
Worteltjies/wortel vertakkings
Plantweefseltipes:
Dermale-weefsel
Vaatweefsel
Grond-weefsel
Lootstelsel
Wortelstelsel
Dermale-
Grond-
Vaat-/vaskulêre-
Plantweefsel Klassifikasie:
Meristematies
Apikaal
Lateraal
Permanente
Eenvoudige
Parenchiem
Kollenchiem
Sklerenchiem
Epidermis
Komplekse
Xileem
Floeem
Meristematiese Weefsel:
Apikale Meristeem:
Aktief verdelende selle naby die punte van stingels en wortels (Mitose).
Eienskappe:
Relatief klein
Dun selwande
Geen vakuole
Kubusvormig
Groot (opvallende) selkerne
Geen intersellulêre ligruimtes
Funksie:
Lengtegroei
Laterale Meristeem:
Selle aangetref tussen xileem en floeem in vaatbondels (Kambiumselle).
Funksie:
Breedtegroei
Eienskappe:
Soos apikale meristematiese selle maar platter, langer en dikker selwande
Permanente Weefsel:
Weefsels reeds gedifferensieerd om ‘n bepaalde funksie te verrig.
Epidermis
Buite om blare, wortels en stingels.
Basiese Bou:
Enkellaag, baksteenvormig, deurskynend, geen choloroplaste of intersellulere ruimtes, Kutika (wasagtige laag) by blare en stingels.
Funksies:
Beskerm teen beserings of uitdroging.
Laat sonlig deur vir fotosinterede selle.
Beperk vog verlies.
Gewysigde/Gespesialiseerde Epidermisselle
Wortelhare
Basiese Bou:
Eensellig, Dunwandig, Groot Vakuool, Geen Kutikula, Langwerpig (om absorpsie oppervlakte te vergroot).
Funksies:
Opname van water en opgeloste stowwe uit die grond.
Sluitselle
Twee sluitselle vorm ‘n huidmondjie/stomata
Basiese Bou:
Meestal op blare, Twee Boontjievormige Sluitselle omsluit ‘n Stoma (opening), Bevat Chloroplaste, Onreelmatige verdikking van Selwande. Sluitselle het dun buitewand en dik binnewand.
Funksies:
Beheer grote van die stoma vir gasuitruiling en waterverlies
Fotosinteer
Trigome
Basiese Bou:
Een- (mikroskopies) of meersellige (sigbaar) uitgroeisels van blare en stingels, kan haar-, skub- of klieragtig wees.
Funksies:
Reflekteer Sonlig (waterverlies te voorkom)
Beskerm deur onsmaaklike afskeidings of toksiese stowwe
Lok/vang insekte (bestywing)
Parenchiem en Chlorenchiem
Volopste grondweefsel (kom orals voor)
Basiese Bou:
Groot Selle, Dun Selwande, Groot Intersellulere Ruimtes, Groot Vakuool, Bevat soms Choloroplaste (=Chlorenchiem).
Funksies:
Fotosinteer (nie almal nie)
Ligruimtes vir gaswisseling
Stoor van water en voedsel
Stewigheid a.g.v turgordruk
Sklerenchiem
Buite om blare, stingels en vrugte
Basiese Bou:
Wande egalig verdik, klein selholte (lumen), Selinhoud onaktief.
2 Tipes:
Vesels (langwerpig)
Steenselle (gerond)
Funksies:
Versterking/Meganiese Ondersteuning
Kollenchiem
Meestal in blare en jong groeiende stingels
Basiese Bou:
Wande onegalig verdik, meestal by hoeke.
Funksies:
Versterking/Meganiese Ondersteuning
Vaatweefsel
Vervoerstelsels in blare, stingels en wortels
xileem
floeëm
kambium
Xileem
2 (4) Tipes:
Houtvate
Trageiede
Houtvate (hoof)
Basiese Bou:
Verleng en by punte geheg, leeg en dood, dwarswande geperforeer (stippels), aanlopende buis, selwande met sellulose en lignien, lignien vorm oneweredige verdikkings in vaatwande, rond in dwarsnit.
Floeem
2 (4) Tipes:
Sifvate
Begeleidende Selle
Basiese Bou:
Verleng, Lewend, Dunwandige Selwande (geen lignien), Vervoer afwaards, geperforeerde dwarswande – sifplate, volwasse sifplate is kernloos – afhangend van begeleidende selle.
Funksies:
Begeleidende Selle verrig al die metaboliese funksies
Vervoer organiese voedingstowwe vanaf blaar na res van plant
Deel 1.3: Ondersteunings- en Vervoerstelsels in Plante
Wortels:
volwasse streek
Sywortels vir anker en groter absorpsie-oppervlak
wortelhaarstreek
Eensellig, epidermaal, groter absorpsie-oppervlak
verlengingstreek
Nuwe selle vergroot
meristematiese streek
Vorm nuwe selle
apikale meristeem
wortelmus
Dwarsnit Wortels:
Hoofstreke 1-3
wortelhaar
epidermis 1
Enkellaag, dunwandig, geen kutikula, party gewysig tot wortelhare
korteks 2
Breë strook parenchiem,
endodermis
Enkellaag endodermisselle met bande van Caspary (kurkstroke)
perisikel
floëem
sentrale silinder 3
stele/sentral silinder
Laag/lae perisikel selle, xileem vorm kruis, floëem tussen bene, res parenchiem
xileem
Funksies van Stingels:
Dra blare vir fotosintese
Dra blomme vir bestuiwing
Dra vrugte vir saadverspreiding
Vervoer org. voedingstowwe vanaf blare
Vervoer water vanaf wortels
Berg voedingstowwe en water
Stingels:
Uitwendige Bou
Plek waar oksels voorkom
Meristematiese weefsel vir lengtegroei
terminale knop
knoop
lit
okselknoppe
Ontwikkel tot sytakke en blomme
Inwendige Bou Stingel:Lyndiagram
trigoom
kollenchiem
murg
Murg en murgstrale = parenchiem
Alles onder die endodermis = sentrale silinder
Kollenchiem tot endodermis = korteks
epidermis
parenchiem
endodermis
murgstraal
vaatbondel
xileem
kambium
floëem
sklerenchiemkappie
Dwarsnee van dikotiele stingel
trigoom
endodermis
epidermis met kutikula
kollenchiem
parenchiem
ook gaswisseling
berg stysel
sklerenchiemkappie
floëem
kambium
vir sekondêre diktegroei
xileem
murg
Vaatbondel van dikotiele stingel
murg
sklerenchiemkappie
floëem
kambium
xileem
Deel van die sentrale silinder (bondels + murg)
in kring gerangskik
xileem aan binnekant
kambium tussen X en F
sklerenchiemkappie aan buitekant van F
murgstrale tussen vaatbondels
Sekondêre Diktegroei
Fass. en inter fass. kambium vorm aaneenlopende kambium ring
Kambium ring vorm sek. xileem na binne
Kambium ring vorm sek. floëem na buite
Soos stingels verouder vorm sek. x en sek. f aaneenlopende ringe
jong stingel
volwasse stingel
interfassikulore kambium
olwasse stingelkurk
kurkkambium
fassikulêre kambium
vaatstrale.
kernhout
murgstraal
herfshout
pit
splinthout
lengtehout
aaneenlopende sek.floeem ring
aaneenlopende sek. xileem ring
kurkkambium
kurk
bas
Wateropname:
Met konsentrasie gradiënt
Watermolekules beweeg altyd vanaf hoë waterpotensiaal na 'n area met lae waterpotensiaal via osmose (deur plasmodesmata en dan selektief deurlaatbare membrane)
Opname van water en mineralesoute
Water opname = PASSIEF
Mineraal opname = AKTIEF
Aktiewe Absorpsie
Minerale word teen [ ] gradiënt geabsorbeer: vereis E
waterpotensiaalgradiënt
bande van Caspary
selmembraan
apoplastiese roete (vinnig)
simplastiese roete (hoofroete maar stadiger)
NB!! Bande van Caspary in die endodermisselle verhoed water om via die apoplastiese roete deur te beweeg en reguleer sodoende vloei van water
Suigkrag van transpirasie
Kapillariteit
houvate adhesie
xileemvat
watergradiënt
kohesie
Worteldruk
Transpirasie:
Verlies van waterdamp deur stomata
Water vanaf xileem na mesofilselle = osmose
Water vanaf mesofilselle na lugruimtes en dan na buite = diffusie
Faktore wat Transpirasie Beïnvloed:
Wind (↑ Transp.)
Verwyder waterdamp buite die blaar = diffusiegradiënt ten gunste van waterdamp vanuit die blaar
Humiditeit (↓Transp.)
Baie vog in die lug = diffusiegradiënt verminder tussen intersellulêre lugruimtes en atmosfeer
Ligintensiteit (↑ Trans.)
Stomata oop en blaartemperatuur styg = water molekules beweeg vinniger en dus vinniger diffusie vanuit blaar
Temperatuur (↑ Trans.)
Hitte verhoog kinetiese E van watermolekules = versnel diffusie vanuit blaar
Verwelking:
transpirasie > wateropname
= verloor te veel water
Guttasie:
worteldruk > transpirasie
Hoë humiditeit en baie wateropname deur wortels = waterdruppels word deur hidatodes op blaarrande uitgepers
Potometer:
Toets eksterne faktore wat invloed het op transpirasietempo