Plant Anatomie & Fisiologie Notas

Deel 1: Plant Anatomie & Fisiologie

Deel 1.1: Plantselle

  • Selstrukture en Funksies:

    • Intersellulêre Ruimte: Beweging van gasse en water tussen selle.

    • Chloroplast: Fotosintese.

    • Selwand: Sterkte en vorm aan die sel.

    • Growwe Endoplasmiese Retikulum (ER): Versamel en vervoer proteïene.

    • Ribosome: Maak proteïene.

    • Sitoplasma: Liggaam van die sel waar chemiese reaksies plaasvind.

    • Vakuool: Stoor water, metaboliese afvalprodukte en pigmente.

    • Gladde Endoplasmiese Retikulum (ER): Vervoer proteïene.

    • Plasmalemma: Beheer toegang van stowwe na die sel.

    • Mitochondrion: Maak energie deur sellulêre respirasie.

    • Diktiosoom: Versamel en vervoer proteïene.

    • Kern: Beheer metabolisme en bevat gene.

    • Kernmembraan: Vorm die kern en beskerm DNA.

      • Nukleolus: Streek waar DNA RNA maak vir proteïenvervaardiging.

      • Chromatiennetwerk en Nukleoplasma: Chromatiennetwerk van DNA gemaak, bevat gene (oorerflike inligting); nukleoplasma omring DNA in kern.

    • Nukleoporie: Beweging van stowwe in en uit die kern.

  • Plantsel vs. Diersel:

    • Selwand word slegs by plantselle aangetref.

      • Funksie: Verskaf sterkte en beskerming; kommunikasie en vervoer.

    • Selmembraan

      • Alle inhoud van lewende selle word deur die selmembraan as ‘n eenheid bymekaar gehou.

      • Vloeistofmosaïekmodel.

      • Funksie: Kommunikasie en vervoer; omring en beskerm sitoplasma-inhoud van sel.

    • Selkern

      • Alle lewende selle bevat ‘n kern.

      • Waar DNA/RNA aangetref word.

      • Funksie: Beheer hoe en watter proteïne en ensieme gemaak word; beheer wanneer die sel sal verdeel; omring en beskerm chromatiennetwerk.

    • Endoplasmiese Retikulum

      • Gladde ER: ‘n netwerk van membraanagtige buise.

      • Growwe ER: ‘n netwerk van buise met ribosome aangeheg.

      • Funksie: Verbind die selmembraan en kernmembraan; vir die vervoer van stowwe; growwe ER & Ribosome maak proteïne vir vervoer.

    • Selsitoplasma

      • Vorm die vloeibare liggaam van selle, dit bestaan uit baie stowwe en strukture, en die deurlopende beweging daarvan help om hulle in die sel rond te beweeg.

    • Organelle

      • Bstaan uit membrane; hulle verrig spesifieke metaboliese funksies; party word net in dierselle aangetref en ander word net in plantselle aangetref.

    • Ribosome

      • Word deur sitoplasma versprei of is aan ER geheg en is die plek waar selle proteïne maak.

    • Vakuool

      • Plantselle het een groot vakuool. Dierselle het baie klein vacuole.

      • Funksies: Beheer waterinhoud in sel; neem voedselpartikels & vloeistof op; maak beskadigde selle dood; verskaf turgiditeit (steun) aan selle.

    • Mitochondrion

      • Klein rond of ovaalvormige organelle.

      • Funksies: Verantwoordelik vir selrespirasie; vervaardig ATP (energie).

    • Golgi-Liggaam & Diktiosoom

      • Word Golgi-Liggaampies in Dierselle en Diktiosome in Plantselle genoem.

      • Funksies: Sorteer en Stoor sellulêre afskeidings (bv ensieme).

    • Plastiede

      • Slegs in Plantselle.

      • Leukoplaste: Stoor stowwe en word aangetref in volwasse selle wat nie aan lig blootgestel word nie.

      • Chromoplaste: Het pigmente wat die geel tot rooi kleure in blomme, herfsblare, vrugte en wortels gee.

      • Chloroplaste: In die groen selle van plante en alge. Verantwoordelik vir fotosintese.

    • Sentriole

      • Alle lewende dierselle het ‘n sentrosoom wat uit twee sentriole bestaan. Die sentriole dien as “ankers” om chromosome tydens seldeling te skei.

Deel 1.2: Plantweefsel

  • Hoof Gedeeltes van 'n Plant:

    • Apikale meristeem

    • Laterale meristeem

    • Blare

    • Vrugte of blomme

    • Wortels

    • Worteltjies/wortel vertakkings

  • Plantweefseltipes:

    • Dermale-weefsel

    • Vaatweefsel

    • Grond-weefsel

    • Lootstelsel

    • Wortelstelsel

    • Dermale-

    • Grond-

    • Vaat-/vaskulêre-

  • Plantweefsel Klassifikasie:

    • Meristematies

      • Apikaal

      • Lateraal

    • Permanente

      • Eenvoudige

        • Parenchiem

        • Kollenchiem

        • Sklerenchiem

        • Epidermis

      • Komplekse

        • Xileem

        • Floeem

  • Meristematiese Weefsel:

    • Apikale Meristeem:

      • Aktief verdelende selle naby die punte van stingels en wortels (Mitose).

      • Eienskappe:

        • Relatief klein

        • Dun selwande

        • Geen vakuole

        • Kubusvormig

        • Groot (opvallende) selkerne

        • Geen intersellulêre ligruimtes

      • Funksie:

        • Lengtegroei

    • Laterale Meristeem:

      • Selle aangetref tussen xileem en floeem in vaatbondels (Kambiumselle).

      • Funksie:

        • Breedtegroei

      • Eienskappe:

        • Soos apikale meristematiese selle maar platter, langer en dikker selwande

  • Permanente Weefsel:

    • Weefsels reeds gedifferensieerd om ‘n bepaalde funksie te verrig.

    • Epidermis

      • Buite om blare, wortels en stingels.

      • Basiese Bou:

        • Enkellaag, baksteenvormig, deurskynend, geen choloroplaste of intersellulere ruimtes, Kutika (wasagtige laag) by blare en stingels.

      • Funksies:

        • Beskerm teen beserings of uitdroging.

        • Laat sonlig deur vir fotosinterede selle.

        • Beperk vog verlies.

    • Gewysigde/Gespesialiseerde Epidermisselle

      • Wortelhare

        • Basiese Bou:

          • Eensellig, Dunwandig, Groot Vakuool, Geen Kutikula, Langwerpig (om absorpsie oppervlakte te vergroot).

        • Funksies:

          • Opname van water en opgeloste stowwe uit die grond.

      • Sluitselle

        • Twee sluitselle vorm ‘n huidmondjie/stomata

        • Basiese Bou:

          • Meestal op blare, Twee Boontjievormige Sluitselle omsluit ‘n Stoma (opening), Bevat Chloroplaste, Onreelmatige verdikking van Selwande. Sluitselle het dun buitewand en dik binnewand.

        • Funksies:

          • Beheer grote van die stoma vir gasuitruiling en waterverlies

          • Fotosinteer

      • Trigome

        • Basiese Bou:

          • Een- (mikroskopies) of meersellige (sigbaar) uitgroeisels van blare en stingels, kan haar-, skub- of klieragtig wees.

        • Funksies:

          • Reflekteer Sonlig (waterverlies te voorkom)

          • Beskerm deur onsmaaklike afskeidings of toksiese stowwe

          • Lok/vang insekte (bestywing)

    • Parenchiem en Chlorenchiem

      • Volopste grondweefsel (kom orals voor)

      • Basiese Bou:

        • Groot Selle, Dun Selwande, Groot Intersellulere Ruimtes, Groot Vakuool, Bevat soms Choloroplaste (=Chlorenchiem).

      • Funksies:

        • Fotosinteer (nie almal nie)

        • Ligruimtes vir gaswisseling

        • Stoor van water en voedsel

        • Stewigheid a.g.v turgordruk

    • Sklerenchiem

      • Buite om blare, stingels en vrugte

      • Basiese Bou:

        • Wande egalig verdik, klein selholte (lumen), Selinhoud onaktief.

      • 2 Tipes:

        • Vesels (langwerpig)

        • Steenselle (gerond)

      • Funksies:

        • Versterking/Meganiese Ondersteuning

    • Kollenchiem

      • Meestal in blare en jong groeiende stingels

      • Basiese Bou:

        • Wande onegalig verdik, meestal by hoeke.

      • Funksies:

        • Versterking/Meganiese Ondersteuning

    • Vaatweefsel

      • Vervoerstelsels in blare, stingels en wortels

        • xileem

        • floeëm

        • kambium

    • Xileem

      • 2 (4) Tipes:

        • Houtvate

        • Trageiede

      • Houtvate (hoof)

        • Basiese Bou:

          • Verleng en by punte geheg, leeg en dood, dwarswande geperforeer (stippels), aanlopende buis, selwande met sellulose en lignien, lignien vorm oneweredige verdikkings in vaatwande, rond in dwarsnit.

    • Floeem

      • 2 (4) Tipes:

        • Sifvate

        • Begeleidende Selle

      • Basiese Bou:

        • Verleng, Lewend, Dunwandige Selwande (geen lignien), Vervoer afwaards, geperforeerde dwarswande – sifplate, volwasse sifplate is kernloos – afhangend van begeleidende selle.

      • Funksies:

        • Begeleidende Selle verrig al die metaboliese funksies

        • Vervoer organiese voedingstowwe vanaf blaar na res van plant

Deel 1.3: Ondersteunings- en Vervoerstelsels in Plante

  • Wortels:

    • volwasse streek

      • Sywortels vir anker en groter absorpsie-oppervlak

    • wortelhaarstreek

      • Eensellig, epidermaal, groter absorpsie-oppervlak

    • verlengingstreek

      • Nuwe selle vergroot

    • meristematiese streek

      • Vorm nuwe selle

      • apikale meristeem

      • wortelmus

  • Dwarsnit Wortels:

    • Hoofstreke 1-3

      • wortelhaar

      • epidermis 1

        • Enkellaag, dunwandig, geen kutikula, party gewysig tot wortelhare

      • korteks 2

        • Breë strook parenchiem,

      • endodermis

        • Enkellaag endodermisselle met bande van Caspary (kurkstroke)

      • perisikel

      • floëem

      • sentrale silinder 3

        • stele/sentral silinder

        • Laag/lae perisikel selle, xileem vorm kruis, floëem tussen bene, res parenchiem

      • xileem

  • Funksies van Stingels:

    • Dra blare vir fotosintese

    • Dra blomme vir bestuiwing

    • Dra vrugte vir saadverspreiding

    • Vervoer org. voedingstowwe vanaf blare

    • Vervoer water vanaf wortels

    • Berg voedingstowwe en water

  • Stingels:

    • Uitwendige Bou

      • Plek waar oksels voorkom

      • Meristematiese weefsel vir lengtegroei

      • terminale knop

      • knoop

      • lit

      • okselknoppe

      • Ontwikkel tot sytakke en blomme

    • Inwendige Bou Stingel:Lyndiagram

      • trigoom

      • kollenchiem

      • murg

        • Murg en murgstrale = parenchiem

        • Alles onder die endodermis = sentrale silinder

        • Kollenchiem tot endodermis = korteks

      • epidermis

      • parenchiem

      • endodermis

      • murgstraal

      • vaatbondel

        • xileem

        • kambium

        • floëem

      • sklerenchiemkappie

    • Dwarsnee van dikotiele stingel

      • trigoom

      • endodermis

      • epidermis met kutikula

      • kollenchiem

      • parenchiem

        • ook gaswisseling

        • berg stysel

      • sklerenchiemkappie

      • floëem

      • kambium

        • vir sekondêre diktegroei

      • xileem

      • murg

    • Vaatbondel van dikotiele stingel

      • murg

      • sklerenchiemkappie

      • floëem

      • kambium

      • xileem

        • Deel van die sentrale silinder (bondels + murg)

        • in kring gerangskik

        • xileem aan binnekant

        • kambium tussen X en F

        • sklerenchiemkappie aan buitekant van F

      • murgstrale tussen vaatbondels

    • Sekondêre Diktegroei

      • Fass. en inter fass. kambium vorm aaneenlopende kambium ring

      • Kambium ring vorm sek. xileem na binne

      • Kambium ring vorm sek. floëem na buite

      • Soos stingels verouder vorm sek. x en sek. f aaneenlopende ringe

      • jong stingel

      • volwasse stingel

      • interfassikulore kambium
        olwasse stingel

      • kurk

      • kurkkambium

      • fassikulêre kambium

      • vaatstrale.

      • kernhout

      • murgstraal

      • herfshout

      • pit

      • splinthout

      • lengtehout

      • aaneenlopende sek.floeem ring

      • aaneenlopende sek. xileem ring

      • kurkkambium

      • kurk

      • bas

  • Wateropname:

    • Met konsentrasie gradiënt

      • Watermolekules beweeg altyd vanaf hoë waterpotensiaal na 'n area met lae waterpotensiaal via osmose (deur plasmodesmata en dan selektief deurlaatbare membrane)

    • Opname van water en mineralesoute

      • Water opname = PASSIEF

      • Mineraal opname = AKTIEF

      • Aktiewe Absorpsie

        • Minerale word teen [ ] gradiënt geabsorbeer: vereis E

    • waterpotensiaalgradiënt

      • bande van Caspary

      • selmembraan

      • apoplastiese roete (vinnig)

      • simplastiese roete (hoofroete maar stadiger)

        • NB!! Bande van Caspary in die endodermisselle verhoed water om via die apoplastiese roete deur te beweeg en reguleer sodoende vloei van water

    • Suigkrag van transpirasie

    • Kapillariteit

      • houvate adhesie

      • xileemvat

      • watergradiënt

      • kohesie

    • Worteldruk

  • Transpirasie:

    • Verlies van waterdamp deur stomata

    • Water vanaf xileem na mesofilselle = osmose

    • Water vanaf mesofilselle na lugruimtes en dan na buite = diffusie

  • Faktore wat Transpirasie Beïnvloed:

    • Wind (↑ Transp.)

      • Verwyder waterdamp buite die blaar = diffusiegradiënt ten gunste van waterdamp vanuit die blaar

    • Humiditeit (↓Transp.)

      • Baie vog in die lug = diffusiegradiënt verminder tussen intersellulêre lugruimtes en atmosfeer

    • Ligintensiteit (↑ Trans.)

      • Stomata oop en blaartemperatuur styg = water molekules beweeg vinniger en dus vinniger diffusie vanuit blaar

    • Temperatuur (↑ Trans.)

      • Hitte verhoog kinetiese E van watermolekules = versnel diffusie vanuit blaar

  • Verwelking:

    • transpirasie > wateropname

      • = verloor te veel water

  • Guttasie:

    • worteldruk > transpirasie

      • Hoë humiditeit en baie wateropname deur wortels = waterdruppels word deur hidatodes op blaarrande uitgepers

  • Potometer:

    • Toets eksterne faktore wat invloed het op transpirasietempo