Materie en Materiale Opsomming. meer
Materie & Materiale
Materie bestaan uit atome.
4 Fases: Vaste stowwe, vloeistowwe, gasse, plasma.
Elemente word in periodieke tabel gevind.
Skeidingsmetodes: Filtrering, skeitregter, chromotografie, distillasie, fraksionele distillasie, sortering, elektrolise.
Deeltjie teorie
Materie bestaan uit klein deeltjies (atome).
Oop spasies tussen deeltjies.
Deeltjies is in beweging (kinetiese energie).
Aantrekkings- en afstotingskragte tussen deeltjies.
Fases van Materie
Vastestof fase
Deeltjies in vaste patroon.
Dig gepak, sterk aantrekkingskragte.
Vibreer slegs, kan nie vrylik beweeg nie.
Vloeistof fase
Deeltjies onordelik gerangskik.
Ruimtes tussen deeltjies groter as vastestof.
Beweeg in verskillende rigtings, kragte nie so sterk soos vastestof nie.
Gasfase
Deeltjies verspreid.
Beweeg in verskillende rigtings, geen vaste patroon.
Kragte tussen deeltjies baie swak.
Plasma
Vierde toestand van materie.
Versameling van gelaaide deeltjies.
Benodig hoë temperature.
Faseverandering
Sublimasie: Vaste stof → Gas
Deposisie: Gas → Vaste stof
Kondensasie: Gas → Vloeistof
Stolling/Vries: Vloeistof → Vastestof
Smeltpunt: Vaste stof → Vloeistof
Kookpunt: Vloeistof → Gas
Kinetiese Teorie
Verandering in beweging wanneer stof van fase verander.
Toename in temperatuur → toename in energie, deeltjies beweeg vinniger en verder.
Afname in temperatuur → afname in energie, deeltjies beweeg stadiger en nader.
Diffusie
Beweging van deeltjies van hoë na lae konsentrasie.
Konstante beweging totdat geen konsentrasieverskil is.
Vinniger in gasse as vloeistowwe.
Nie in vastestowwe nie.
Stowwe
Materie definisie: Enige iets wat ruimte beslaan en massa besit
Suiwer stowwe: Een soort deeltjie (elemente en verbindings).
Element: Eenvoudigste vorm, kan nie opgebreek word nie (atome of molekules).
Verbinding: Twee of meer elemente in vaste verhouding, chemies gebind.
Onsuiwer stowwe: Meer as een tipe deeltjie (mengsels).
Mengsel: Kombinasie van twee of meer stowwe, nie chemies verbind nie.
Skeidingsmetodes (Fisies)
Handsortering
Filtrasie
Distillasie (Liebig kondensator)
Chromotografie
Skeitregter
Kristallisasie
Magnetisme
Distillasie
Verdamping en kondensasie.
Suiwering van vloeistof.
*Fraksionele Distillasie: Mengsel van vloeistowwe met verskillende kookpunte
Atoom
Kleinste deeltjie van materie.
Kern (nukleus) met protone en neutrone.
Elektrone in orbitale rondom kern.
Atoomgetal = hoeveelheid protone.
Periodieke Tabel
Metale links, nie-metale regs.
Groepe (vertikaal) en periodes (horisontaal).
Groep 1: Alkali metale
Groep 2: Alkali-aard metale
Groep 17: Halogene
Groep 18: Edelgasse