Impak van Plastiek Besoedeling op Oseaan Ekosisteme

Koraalriwwe

  • Onderwaterstrukture bestaande uit klein diertjies (koraalpoliepe).
  • Verskaf kos en habitat vir ongeveer 25% van die wêreld se visse.
  • Van die mees diverse ekosisteme.
  • Kom voor in tropiese en subtropiese waters (tussen 30° noord en 30° suid breedtegrade).

Voordele van Koraalriwwe

  • Dikwels na verwys as die "reënwoude van die see".
  • Ongeveer 70% van die suurstof wat lewende wesens inasem, kom van die see af.
  • Absorbeer byna een derde van die koolstofdioksied gegenereer deur die verbranding van fossielbrandstowwe.
  • Vertraag die vloei van water en buffer kuslyne teen golwe, storms en vloede.
  • Voorkom lewensverlies, skade aan eiendom en erosie.
  • Sonder riwwe sou baie broos kus-ekosisteme nie kon floreer nie.
  • Baie lande maak staat op toerisme-inkomste.
  • Ongelooflike vooruitgang in medisyne van koraalriwwe.

Hoe Plastiek Besoedeling Koraalriwwe Affekteer

  • Koraalriwwe is van die rykste, maar terselfdertyd mees bedreigde, habitatte op aarde.
  • Plastieksakke, bottels en weggooide visgerei kan:
    • Aan korale vashaak en sonlig blokkeer (nodig vir fotosintese).
    • Riforganismes verstrik en doodmaak.
    • Korale breek of beskadig.
Mikroplastiek (<5mm)
  • Beskadig korale deur voortdurend daaraan te vryf (skuur).
  • Korale kan mikroplastiek inneem en 'n valse gevoel van "volheid" kry.
  • Mikroplastiek kan die ingewande blokkeer en interne skade veroorsaak.
  • Mikroplastiek kan besoedelingstowwe en skadelike mikroörganismes uit die seewater optel en na die koraal oordra.

Walvisse en Seedier Impak

  • Meer as 700 mariene spesies, waarvan die helfte walvisse en dolfyne is, neem plastiek in.
  • Meer as een miljoen seeskilpaaie word jaarliks doodgemaak deur plastiek en ander puin.
  • Plastiek blokkeer die spysverteringstelsel van walvisse wat tot 'n stadige dood deur verhongering lei.
  • Skerp stukke plastiek kan die dermwand steek, wat infeksie en soms die dood veroorsaak.
  • Selfs net een stuk plastiek kan dodelik wees.
  • Dodelikste plastiek items:
    • Visrommel (nette en toue).
    • Plastieksakke.
    • Ballonne.
    • Plastiekgereedskap.
  • Walvisse neem hoofsaaklik plastieksakke in, want dit lyk soos inkvis.
  • Die meeste plastiek wat in 'n gestrande walvis gevind is, was 135 verskillende items.
  • Walvisse wat plastiek ingesluk het, sukkel om te swem en swem selfs in bote vas.
  • Elke jaar verstrengel meer as 300,000 walvisse en dolfyne in visnette, wat lei tot uitputting, versmoring of verhongering.

Belangrikheid van Walvisse

  • Ikoniese spesies.
  • Noodsaaklik vir gesonde oseane.
  • Vorm 'n baie belangrike deel van die marine ekosisteem.
  • Help om die klimaatkrisis te beveg – 'n walvis neem dieselfde hoeveelheid koolstof in sy leeftyd in as 'n 1000 bome.
  • Belangrik vir die toerismebedryf – bring elke jaar meer as $2 biljoen in.
  • Mikroplastiek word ook in walvisse en hul prooi gevind.

Red Walvisse

  • Hou oseane gesond.
  • Voorkom dat plastiek in die oseane beland.
  • Beweeg weg van 'n plastiek-gebaseerde samelewing!
  • Teen 2050 kan daar meer plastiek (in gewig) in die oseaan wees as vis.

Walvisse se Waarde

  • Visvangbedryf skat meer as $150 biljoen.
  • Walvisse dra by tot die voedselketting en vermeerder visvoorrade.
  • Walvisbesigtiging dra jaarliks meer as $2 biljoen wêreldwyd by.
  • Fitoplanktonproduksie, wat walvisse help vermeerder, stel 37 biljoen ton CO2CO² per jaar vry.
  • Elke walvis wat vrek en na die seebodem sak stel 33 ton CO2CO² vry.

Aktiwiteit 4 Vrae

  1. Hoeveel walvisse en dolfyne by die Kanariese eilande, is daar al plastiekoorblyfsels gevind?
  2. Hoeveel kilogram plastiek is daar al in een enkele walvis gevind?
  3. In hoeveel verskillende wildspesies se verteringstelsel is daar al plastiek gevind?
  4. Watter twee plastiek items word meestal ingesluk deur die diere in die see?
  5. Noem TWEE ander voorbeelde van wildlewe wat deur plastiek besoedeling skade aan gedoen word.
  6. Waarom word walvisse spesifiek so swaar getref deur plastiek besoedeling?
  7. Haal ‘n gedeelte uit die teks aan om te verduidelik hoe swaar walvisse en dolfyne kry as hul plastiek voorwerpe insluk.
  8. Waarom is visnette ook ‘n reuse probleem in ons oseane?
  9. Noem TWEE ander voorbeelde van probleme, uit die artikel, wat plastiek besoedeling veroorsaak.
  10. Waarom word koraal dikwels die reënwoude van die see genoem?
  11. Noem die voordele van koraal, behalwe die produsering van suurstof.
  12. Waarom is mikroplastiek so gevaarlik vir seediere soos koraal en walvisse?

AANTEKENING KORREKSIE:

Getal mariene soogdiere wat jaarliks vrek omdat hul plastiek eet of daarin verstrengel word = 300 000