STRUKTUUR EN FUNKSIE VAN SELLE: DIE ROL VAN ORGANELLE

DIERSEL

STRUKTUUR VAN 'N SEL

PLANTSEL

STRUKTUUR VAN 'N SEL
Protoplasma
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Eienskappe:

    • Totale inhoud van die sel.

    • Sluit al die lewende organelle in soos:

    • die sitoplasma

    • Selkern

    • Mitochondria

    • Chloroplaste, ens.

  • Die protoplasma word omring deur die selmembraan.

Selwand
  • Teenwoordig in plantselle.

  • Eienskappe:

    • Nie-lewend.

    • Dik.

    • Onbuigsaam (rigied).

    • Bestaan uit mikrofibrille van sellulose (polisakkaried).

    • Spasies tussen mikrofibrille maak dit volledig deurlaatbaar.

  • Funksie:

    • Verskaf struktuur (vorm) aan plante selle (en beskerming).

    • Laat toe dat stowwe in en uit die sel beweeg.

Die Selmembraan
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Ken bekend as die plasmamembraan of plasmalemma.

  • Eienskappe:

    • Buitenste laag.

    • Lewend (dinamies – fosfolipiede kan beweeg).

    • Baie dun (7 nm).

    • By plante lê dit teen die selwand.

  • Funksie:

    • Omsluit die inhoud van die sel – sorg dat alles binne bly.

    • Reguleer watter stowwe by die sel in- en uit beweeg.

    • Daarom noem ons dit differensieel of selektief deurlaatbaar.

Die Selmembraan: Struktuur
  • Die drywende mosaïekmodel kan gebruik word om die struktuur van die selmembraan te verstaan.

    • Bevat 'n dubbele lag fosfolipiedmolekules.

    • Groot proteïenmolekules in die fosfolipied-tweelaag ingebed.

    • Koolhidrate heg aan fosfolipiede om glikolipiede te vorm.

    • Koolhidrate heg ook aan proteïene om glikoproteïene te vorm.

Fosfolipiede van die Selmembraan
  • Bevat hidrofiliese kop (hou van water) wat na buitekant van die selmembraan wys.

  • Bevat hidrofobiese stert (hou nie van water) wat na binnekant van die selmembraan wys.

Beweging van Stowwe in en Uit die Sel
Passiewe Vervoer: Diffusie
  • Die lukrake beweging van een tipe molekule van 'n streek met 'n hoë konsentrasie van daardie molekule na 'n streek met 'n lae konsentrasie tot dinamiese ekwilibrium (balans) bereik word.

  • Geen energie word van buite benodig vir hierdie proses.

    • Kinetiese energie van molekules verskaf energie vir beweging.

Passiewe Vervoer: Osmose
  • Diffusie van watermolekules van 'n gebied van hoë waterpotensiaal (lae konsentrasie - suiwerder water) na 'n gebied van lae waterpotensiaal (hoë konsentrasie - minder suiwer water) deur 'n selektief deurlaatbare membraan.

Aktiewe Vervoer
  • Teenoorgestelde van osmose.

  • Word vereis wanneer 'n stof teen 'n diffusie-drukgradiënt beweeg moet word – lae konsentrasie na hoë konsentrasie.

  • Draermolekules (proteïene) in selmembrane is betrokke in aktiewe vervoer.

Vergelyking
  • Diffusie:

    • Passief

    • Alle molekules

    • Geen membraan

    • Hoog na Laag

  • Osmose:

    • Passief

    • Slegs water

    • Selektiewe membraan

    • Hoog na Laag

  • Aktiewe Vervoer:

    • Aktief

    • Alle molekules

    • Benodig: energie & draer

    • Laag na Hoog

Die Selkern
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Eienskappe:

    • Grootste organel in selle.

    • Bevat kernporieë waardeur stowwe kan beweeg.

    • Die nukleolus bestaan uit proteïen en RNS (help met vervaardiging van proteïene).

    • Die chromatiennetwerk bestaan uit DNS.

  • Funksie:

    • Beheer die struktuur van die sel.

    • Beheer die werking (aktiwiteite) van die sel.

    • Bevat erflike eienskappe (vervat in DNS) op die chromosome in die vorm van gene.

    • Elke geen is verantwoordelik vir 'n spesifieke eienskap; bv. een geen vir haarkleur en 'n ander geen vir oogkleur.

Chromatien en Chromosome
  • Chromosome vorm vanuit die chromatiennetwerk tydens seldeling.

  • Elke chromosoom bestaan uit 2 identiese chromatiede (suster chromatiede) wat verbind word deur 'n sentromeer.

  • Die chromosoom bestaan uit 2 dele as gevolg van DNS-replisering wat tydens die interfase van mitose plaasvind.

Die Sitoplasma
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Eienskappe:

    • Grootste deel van die sel.

    • Geleë binne die selmembraan.

    • Dit omring die selkern.

    • Jellieagtig – bestaan uit water en ander stowwe wat daarin opgelos is.

  • Funksie:

    • Plek waar metaboliese reaksies plaasvind.

    • Huisves ander organelle soos vakuole, chloroplaste, mitochondria en die selkern.

Sitosol
  • Die sitosol verwys na die vloeibare medium in die sel en bevat:

    • Water.

    • Opgeloste stowwe.

    • Gasse.

    • Styselkorrels.

    • Vetdruppels.

Golgi-apparaat & Endoplasmiese Retikulum (ER)
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

Golgi-apparaat (Diktiosome)
  • Eienskappe:

    • Afgeplatte sakkies (cisternae) & vesikels (blasies) wat afbreek.

    • Dieselfde struktuur as gladde ER.

    • In klierselle.

  • Funksie:

    • Afskeidings (speeksel & slym).

    • Vervoer proteïene.

    • Vorm lisosome.

Endoplasmiese Retikulum (ER)
  • Kanaalsisteem.

  • Buisies.

  • Dikwels aaneenlopend met selkern.

  • Growwe ER:

    • Ribosome.

  • Funksie:

    • Aanhegting van ribosome.

    • Vervoer ribosome.

    • Sintetiseer lipiede en steroïede - cholesterol.

Die Mitochondria
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Eienskappe:

    • Staafvormige struktuur.

    • Omring deur 2 membrane.

    • Bevat christae (voue op binne membraan) wat oppervlak van die membraan vergroot.

    • Granules (korrels) op christae bevat ensieme wat respirasie reaksie kataliseer.

  • Funksie:

    • Aërobiese respirasie (in teenwoordigheid van suurstof) om energie aan die sel te verskaf.

    • ATP (adenosientrifosfaat) tree op as energiedraer in die sel.

Ribosome
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Eienskappe:

    • Bolvormige strukture wat opgebou is uit proteïene en RNS.

    • Bestaan uit 2 subeenhede.

    • Kan geheg wees aan ER of vrylik rond beweeg.

  • Funksie:

    • Verantwoordelik vir proteïensintese - rangskik aminosure in lang polipeptiedkettings.

    • Polisome/poliribosome is ribosome wat in tosse voorkom.

Plastiede
  • Teenwoordig in plantselle.

  • 3 groepe wat geken moet word:

    1. Chloroplaste

    2. Chromoplaste

    3. Leukoplaste (amiloplast)

Chloroplaste
  • Teenwoordig in plantselle.

  • Een van vele plastiede in plantselle.

  • Eienskappe:

    • Kom slegs voor in die dele van die sel wat aan lig blootgestel is.

    • Vloeibare matriks van die chloroplast staan bekend as die stroma.

    • Tilakoïede (of lamellas) – bevat chlorofil.

    • Granum (grana) – stapel (versameling) tilakoïede; Grana word aan mekaar verbind deur ‘n enkele tilakoïed.

    • Ribosome – vervaardig proteïene (ensieme) wat nodig is vir fotosintese reaksie.

  • Funksie:

    • Fotosintese.

Chromoplaste
  • Eienskappe:

    • Bevat karotenoïede (kleur (oranje, rooi, geel) pigmente).

    • Teenwoordig in vrugte en blomme.

    • Chloroplaste kan verander in chromoplaste (vrugte).

Leukoplast
  • Eienskappe:

    • Kleurloos.

    • Teenwoordig in bergingsorgane – bolle/knolle.

    • As hulle stysel opberg: amiloplaste.

    • Kan ook vette en proteïene berg.

    • Blootstelling aan sonlig: verander in Chloroplast.

Vakuole
  • Teenwoordig in plant- en dierselle.

  • Eienskappe:

    • Holte gevul met vloeistof wat teenwoordig is in die sitoplasma.

    • Klein in dierselle; groot in plantselle.

    • Omring deur ‘n enkele membraan – die tonoplaste (soortgelyk aan selmembraan).

    • Gevul met selsap (water, suikers en soute).

  • Funksie:

    • Handhaaf turgor (vogspanning) in plantselle – verhoed dat die plant verlep.

    • Kan ook pigmente bevat in selsap (bv. antisianiene) – gee kleur aan blomme en blare.

    • Beheer die inhoud van water in die sel by eensellige diere (Bekend as kontraktiele vakuole).

    • Voedselvakuole berg en verteer voedsel (dierselle).

Vergelyking: Plantsel vs Diersel
  • Verskille:

    • Diersel:

    • Geen selwand.

    • Plantsel:

    • Selwand teenwoordig.

    • Klein vakuool.

    • Diersel:

    • Geen chloroplaste.

    • Plantsel:

    • Chloroplaste.

  • Ooreenkomste tussen plant en dierselle:

    • Beide het 'n:

      • selmembraan

      • Selkern

      • Kernmembraan

      • Sitoplasma

      • Mitochondria.