Bedryfskommunikasie: Kommunikasievaardighede en Beste Praktyk
Die Skryfproses
Identifiseer jou teikengehoor: Skryf op ‘n vlak wat hulle verstaan.
Skryf in ‘n toon wat tot hulle spreek.
Beplan jou skryfstuk:
Dink oor die logiese volgorde van gedagtes.
Goeie beplanning spaar tyd tydens die skryfproses.
Gebruik ‘n mind map.
Skryf ‘n proeflopie.
Hersien en herskryf jou proeflopie.
Proeflees jou werk.
Gebruik ‘n speltoetser.
Homofone
Homofone is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het.
Maak seker dat jy die regte weergawe van die woord gebruik.
Voorbeeld: Pray = Bid, Prey = Prooi
Woordkeuse
Kies jou woorde versigtig:
Vermy langdradigheid.
Wissel korter en langer sinne af om dit interessant te hou.
Beperk die gebruik van tegniese terme en jargon.
KISS – Keep it simple, stupid.
Clichés
Clichés is uitdrukkings wat tot vervelens toe gebruik word.
Probeer dit vermy in jou skryfwerk.
‘n Interessante verbuiging van die cliché kan jou skryfwerk beter maak.
Beste Praktyk mbt Sinskonstruksie
Wissel korter en langer sinne af:
Te veel kort sinne verhoed dat jou skryfwerk gemaklik vloei.
Te veel lang sinne kan verwarring veroorsaak.
Hou by een hoofgedagte en een ondersteunende gedagte per sin.
Gebruik net 15 – 20 woorde per sin.
Beste Praktyk mbt Paragrawe
Elke nuwe idee / gedagte / punt moet in ‘n nuwe paragraaf kom.
Moenie jou paragrawe te lank maak nie.
Gebruik die volgende resep vir goeie paragrawe:
Stel jou standpunt.
Verduidelik jou standpunt.
Gee ‘n bewys of ‘n voorbeeld.
Jou paragrawe moet ‘n geheel vorm en die hoofgedagte van jou skryfstuk ondersteun.
Inleidingsparagraaf moet:
Aandag trek.
Hoofpunte opsom.
Slotparagrawe moet:
Hoofpunte opsom en ‘n blywende indruk laat.
Gepaste Toon in Skryfwerk
Onthou wie jou gehoor / leser is.
Wees professioneel en straal selfvertroue uit.
Wees konsekwent.