Besigheidstudies Graad 11 - Opsomming van Sleutelkonsepte
Absa Voorwoord
Absa speel 'n belangrike rol in die groei en volhoubaarheid van Afrika deur kommersiële en sosiale aksies te kombineer om gedeelde waardes te skep. Absa het programme geïmplementeer om toegang tot gehalte onderwys te bevorder en sodoende tot 'n inklusiewe samelewing by te dra. Hulle is trotse finansierders en ondersteuners van digitale leerderboeke en onderwysersgidse vir Besigheidstudies Graad 10 tot 12.
Kwartaal 1
Onderwerp 1: Invloede op Besigheidsomgewings
Eenheid 1.1: Hersiening van die Komponente van die Mikro-, Mark- en Makro-omgewings
- Mikro-omgewing: Interne omgewing waaroor besighede volle beheer het.
- Komponente: Visie, missiestelling, doelwitte, organisatoriese struktuur, hulpbronne, kultuur, bestuur, en besigheidsfunksies.
- Markomgewing: Direkte eksterne omgewing waaroor besighede beperkte beheer het.
- Komponente: Verbruikers, verskaffers, tussengangers, mededingers, ander organisasies, burgerlike samelewing (GBOs, NROs), reguleerders, strategiese alliansies, en vakbonde.
- Makro-omgewing: Breë eksterne omgewing waaroor besighede geen beheer het.
- Komponente: Sosiaal, polities, wetlik, ekonomies, tegnologies, fisies, en globale/internasionale faktore.
Eenheid 1.2: Besighede se Beheer oor die Mikro-, Mark- en Makro-omgewings
- Besighede probeer faktore beïnvloed of beheer om gunstige omstandighede te skep.
- Beheer oor Mikro-omgewing: Volle beheer. Beïnvloeding kan uitoefen deur visie, bestuurstelsels, beleide, hulpbronne, kultuur, en leierskap.
- Invloed oor Markomgewing: Beperkte beheer. Invloed kan uitgeoefen word oor verbruikers (bemarking), verskaffers (langtermyn kontrakte), mededingers (strategiese alliansies), reguleerders (invloedwerwing), en vakbonde (kollektiewe bedinging).
- Invloed oor Makro-omgewing: Geen beheer. Besighede kan invloedwerwing doen, verskansing teen inflasie, en netwerk om uitdagings te oorkom.
Eenheid 1.3: Uitdagings van die Besigheidsomgewings
- Die drie omgewings is interverwant en beïnvloed mekaar.
- Winsgewendheid is afhanklik van faktore in al drie omgewings.
- Betrokkenheid in die Makro-omgewing:
- Maniere: Werkskepping, sosiale verantwoordelikheid, verbetering van uitvoermarkte, wetenskaplike navorsing, kollektiewe bedinging, privaat-publieke vennootskappe, en onderwys/opleidingsprogramme.
- Voordele: Goeie publisiteit, trek lojale klante en vaardige werknemers, kry regeringstenders, belastingafslag, vinniger antisipering van uitdagings, trek beleggers, voorkom omgewingskade, en beter kennis van kliënte.
Onderwerp 2: Uitdagings van die Besigheidsomgewings
Eenheid 2.1: Uitdagings van die Mikro-omgewing
- Moeilike Werknemers: Ondersteun nie die besigheid se visie nie, kla, lui, en is nie toegewyd nie.
- Swak/Onopgeleide Werknemers: Lei tot swak diens en negatiewe impak op die besigheid se beeld.
- Gebrek aan Visie en Missie: Lei tot konflikte, swak produktiwiteit, en oneffektiewe hulpbronbenutting.
- Gebrek aan Voldoende Bestuursvaardighede: Lei tot vermorsing van hulpbronne en 'n ongelukkige personeel.
- Vakbonde: Stel soms onbillike eise en veroorsaak spanning.
- Stakings en Sloerstakings: Negatiewe impak op besigheidsbedrywighede en winsgewendheid.
Eenheid 2.2: Uitdagings van die Markomgewing
- Mededinging: Verlies van klante en verlaagde winsgrense.
- Voorraadtekorte by Verskaffers: Verminder produksie en winsgewendheid.
- Veranderinge in Verbruikersgedrag: Laer verkope, veroudering van voorrade, en daling in winsmarges.
- Demografie: Veranderende markstrukture soos ouderdom, ras, opvoeding, en inkomstevlakke.
- Psigografie: Veranderende leefstyle en gedrag van verbruikers.
- Sosio-kulturele Faktore: Uitdagings om bemarkingsveldtogte te maak wat nie kulturele groepe aanstoot gee nie.
- Hantering van Mededinging: Unieke produkte, persoonlike diens, goedkoper pryse, hoë gehalte, betrokkenheid in die gemeenskap, en goeie bemarking.
Eenheid 2.3: Uitdagings van die Makro-omgewing
- Veranderinge in Inkomstevlakke: Afname in netto inkomste beperk verbruik.
- Politieke Verandering: Nuwe wette en regeringsbeleide kan politieke onstabiliteit veroorsaak.
- Kontemporêre Wetgewing: Nakoming van wette soos Wet op Gelyke Indiensneming is nie altyd maklik nie.
- Arbeidsbeperkinge: Verskeie beperkings op besigheidsbedrywighede deur wetgewing.
- Mikrolenings: Hoër rentekoerse en min beskerming vir mense wat mikrolenings kry.
- Globalisering/Internasionale Handel: Uitruil van produkte, dienste, kapitaal, en arbeid oor nasionale grense; storting maak dit moeilik vir plaaslike besighede om mee te ding.
- Sosiale Waardes en Demografie: Beïnvloed koopvoorkeure; veranderinge in die samestelling van die bevolking beïnvloed die produkte of dienste wat die besigheid verskaf.
- Sosio-ekonomiese Kwessies: Misdaad, armoede, MIV/Vigs, en korrupsie beïnvloed besigheidsbedrywighede op verskeie maniere.
- Voorbeelde van Kontemporêre Wetgewing: Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes, Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet op Verbruikersbeskerming, Die NKW, Wet op Gelyke Indiensneming, Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging.
Onderwerp 3: Aanpassing by Uitdagings van die Besigheidsomgewings
Eenheid 3.1: Maniere waarop Besighede kan Aanpas by Uitdagings
- Inligtingsbestuur: Effektiewe stelsels implementeer wat bruikbaar is vir alle personeel; inligting moet beskikbaar, aantekenbaar, en effektief gebruik kan word.
- Strategiese Reaksie: Ontwikkel strategiese reaksies vir verskeie uitdagings deur die analise van inligting en identifisering van betrokke belanghebbendes.
- Samesmeltings, Oornames, Verkrygings en Alliansies: Implementeer hierdie om te reageer op die uitdagings van die omgewings; voorbeelde is Vodafone en Mannesmann samesmelting, Vodacom en Neotel oorname, MTN en Afrihost verkryging.
- Organisasieontwerp en Buigsaamheid: Maak die organisasieontwerp buigbaar sodat veranderinge makliker kan aanpas.
- Direkte Invloed op die Omgewing en Sosiale Verantwoordelikheid: Besighede moet alternatiewe omgewingsvriendelike produksietegnieke ondersoek en KMI programme implementeer.
Eenheid 3.2: Maniere waarop Besighede 'n Direkte Invloed op die Omgewing het
- Besighede kan aanpasbaar wees deur betrokke te raak by navorsing/ontwikkeling sodat hulle kan voortgaan met hul bedrywighede.
- Projekte insluit: Ondersteuning aan omgewingsvriendelike programme, steun minderbevoorregte mense, raak betrokke by ekononomiese ontwikkeling en MIV/Vigs bewusmakingsprogramme.
- Voordele: Hoër moraal, produksie via KMI projekte, werf beleggers, verhoog klantelojaliteit en lok skoolverlaters.
Eenheid 3.3: Invloedwerwing, Netwerkvorming en Magsverhoudinge
- Invloedwerwing: 'n Georganiseerde proses waar individue en besighede hul invloed gebruik om regeringsbeleid te verander; word gebruik om pryse, beleide, regulasies, en beheerliggame te beïnvloed, verskansing teen inflasie, se skakel hulle in op hierdie proses.
- Netwerkvorming: 'n Gekoördineerde aktiwiteit waar mense met soortgelyke doelwitte ontmoet om inligting en idees uit te ruil.
- Voordele: Trek nuwe klante, kry nuwe perspektiewe, deel van bemarking, beter besluite.
- Magsverhoudinge: 'n Maatreël van die besigheid om sy omgewing en die gedrag van ander besighede te beheer.
- Magsverhoudings kan word gevorm deur strategiese alliansies/vennootskapsooreenkomste en oorreding van groot beleggers.
Onderwerp 4: Kontemporêre Sosio-ekonomiese Kwessies
Eenheid 4.1: Impak van Kontemporêre Kwessies op Besigheidsbedrywighede en hul Uitdagings
- Bespreek die kwessies en ekonomiese misdaad en voorbeelde soos seksuele teistering, korrupsie en wanbesturing van fondse.
- Verduidelik die sosiale waardes soos globalisering en hul impak op die besighede.
Eenheid 4.2: Die Impak van Rowery op die Besigheid
- Rowery beïnvloed die finansiële verliese as gevolg van onwettige reproduksie van kunstenaars se musiek, film en handelsnaak klerasie of produkte.
- Bespreek die moontlike skendings en die kopiereg oplossings soos die Patent, Kopiereg en die Handelmerk.
Eenheid 4.3: Nywerheidsverhoudinge
- Stakings,sloerstakings en uitsluitings is die uitdaginge in die mikro
- Die impak van wetgewing op nywerheidsverhoudinge en die beskerming van werknemer
Onderwerp 5: Besigheidsektore
Eenheid 5.1: Hersiening van die Betekenis van Primêre-, Sekondêre- en Tersiêre Sektore
- Primêre sektor: Betrokke by die ontginning van natuurlike hulpbronne (landbou, visserye, bosbou, mynbou).
- Sekondêre sektor: Omskep grondstowwe in voltooide produkte (vervaardiging, konstruksie, fabrieke).
- Tersiêre sektor: Verskaf dienste aan ander besighede en verbruikers (finansiering, gasvryheid, kleinhandel, opberging).
Eenheid 5.2: Skakel/Verwantskap tussen Primêre-, Sekondêre- en Tersiêre Sektore
- Die drie sektore werk saam om produksie te vorm; het die verskillende voorbeelde van verwantskappe genoem soos Voorwaartse skakel en die Terugwaartse skakel/verwantskap.
Onderwerp 6: Voordele van 'n Maatskappy bo Ander Ondernemingsvorme
Eenheid 6.1 Bespreek dei volgende vorms- Eenmansaak, Vennootskap.
- Maatskappy, die verskillde tipes soos:- Publieke maatskappy, Privaat maatskappy, Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid, Staatsbeheerde maatskappy.
Voordele van 'n Maatskappy bo Ander Ondernemingsvorme
- Wetlike status en aanspreeklikheid
- Winsdeling
- Eienaarskap en bestuur
- Kapitaal en kontantvloei
- Lewensduur en kontinuïteit
- Belasting
Uitdagings van die stigting van ‘n maatskappy
Basiese beplanning vir Maatskappy stig
Memorandum van Inkorporering (MOI), Kennisgewing van Inkorporasie en Prospektus