Diere, Energie en Sintuie
DIERE
- Diere is lewende organismes.
- Benodig kos en water om te bly leef.
- Kan nie hul eie kos maak nie.
- Moet kos gaan soek.
- Eet plante of ander diere vir voedingstowwe.
Struktuur (bou) van diere
- Struktuur verskil baie.
- Ons kan leer deur na die struktuur te kyk.
- Tipe kos.
- Hoe kos gekry word.
- Waar hulle woon.
- Hoe hulle beweeg.
Watter tipe kos 'n dier eet
- Deur te kyk na die kaak en tande kan bepaal word of 'n dier plante of vleis eet.
Herbivore, Karnivore en Omnivore
- Diere word in groepe ingedeel volgens wat hulle eet.
- Planteters (herbivore).
- Vleiseters (karnivore).
- Diere wat plante EN vleis eet (omnivore).
- Diere is die verbruikers in die natuur.
- Verbruik energie (opneem en gebruik).
- Maak nie energie nie (produseer).
- Plante is die produseerders van energie.
- Plante produseer voedsel vir diere.
- Herbivore en omnivore eet plante en kry energie.
- Karnivore en omnivore eet herbivore (en sommige omnivore) en kry energie.
- Energie oordrag vind plaas in 'n voedselketting.
Herbivore
- Kry energie vanaf plante.
- Word die primêre (eerste) verbruikers genoem.
- Eet blare, stingels, wortels, vrugte, blomme, nektar en sade.
- Voorbeelde: Olifante, kameelperde, skilpaaie en skoenlappers.
- Voorbeeld van 'n voedselketting:
- Plant (produseerder) -> insek (primêre verbruiker)
Karnivore
- Kry energie vanaf ander diere of produkte wat deur diere gemaak word.
- Is die sekondêre (tweede) en tersiêre (derde) verbruikers.
- Eet ander diere en insekte.
- Word dikwels roofdiere genoem.
- Voorbeelde: Leeus, krokodille, haaie, spinnekoppe, skerpioene en bosluise.
- Voorbeeld van 'n voedselketting:
- Plant (produseerder) -> insek (primêre verbruiker) -> spinnekop (sekondêre verbruiker) -> slang (tersiêre verbruiker)
Omnivore
- Kry energie vanaf plante en diere.
- Kan 'n primêre verbruiker wees (bv. bobbejaan wat vrugte eet).
- Kan 'n sekondêre verbruiker wees (bv. bobbejaan wat insekte eet).
- Voorbeelde: Verkleurmannetjies, bobbejane, vlakvarke, muise en rotte.
- Muskiete kry energie van nektar, maar die wyfie benodig proteïne om eiers te produseer.
- Kry proteïne van bloed.
- Mannetjie muskiete drink nie bloed nie.
Sintuie
- Mense is lewende organismes wat die sewe lewensprosesse uitvoer.
- Groei, beweeg, eet (voeding), plant voort, haal asem, skei afval uit en reageer op dinge (sensitiwiteit).
- Ons reageer met ons vyf sintuie: gehoor, sig, reuk, smaak en tas.
- Die dele van ons liggaam wat hierdie sintuie uitvoer word sintuigorgane genoem.
Gehoor
- Die organe waarmee ons hoor, word ore genoem.
- Klank beweeg met klankgolwe tot by ons ore.
- Die oor word in drie hoof dele gedeel:
- Buite-oor.
- Oorskulp.
- Oorkanaal.
- Oordrom (trommelvlies).
- Middel-oor.
- Drie klein beentjies (kleinste bene in die liggaam).
- Ovaal venster.
- Ronde venster.
- Gehoorbuis.
- Binne-oor.
- Koglea.
- Halfsirkelvormige kanale.
- Senuwees wat boodskappe na die brein stuur.
Hoe hoor ons?
- Klankgolwe beweeg vanaf die radio tot by die oorskulp.
- Klankgolwe beweeg deur die oorkanaal tot by die oordrom (trommelvlies).
- Die oordrom vibreer.
- Die oordrom is vas aan die drie klein beentjies en die vibrasies beweeg deur die beentjies.
- Die laaste beentjie druk teen die ovaal venster waar die koglea begin.
- Die koglea is gevul met vloeistof en hierdie vloeistof laat duisende klein haartjies binne die koglea beweeg.
- Hierdie fyn haartjies stuur 'n boodskap met die senuwees na die brein.
- Vloeidiagram van klank:
- Bron (bv. radio) -> Oorskulp -> Oorkanaal -> Oordrom (trommelvlies) -> Drie klein beentjies -> Ovaal venster -> Koglea -> Fyn haartjies in koglea -> Senuwees na brein
Sig
- Pupille verander volgens die hoeveelheid lig in 'n vertrek.
- Oë knip ongeveer 10 keer per minuut.
- 'n Traan spoel oor die oë om dit te beskerm en uitdroging te voorkom.
- Beskerm teen stof en skerp lig.
- Is 'n onwillekeurige reaksie.
Reuk
- Die orgaan waarmee jy ruik is jou neus.
- Die reuk en smaak sintuie werk baie nou saam.
- Jou neus en mond is agter in jou keel met mekaar verbind (nasale holte).
- Wanneer jy deur jou neus asemhaal, beweeg lugdeeltjies deur jou neusgate na die nasale holte.
- Die nasale holte is verbind met senuwees wat boodskappe na die brein stuur.
- Die binnekant van jou neus is met 'n dun slym lagie en fyn haartjies uitgevoer.
- Vang vuil lugdeeltjies op.
- As daar baie stofdeeltjies is, reageer jou liggaam met 'n nies.
Smaak
- Die organe waarmee jy proe, is jou mond en neus.
- Smaakpapille / smaak knoppies (