Diere, Energie en Sintuie

DIERE

  • Diere is lewende organismes.
  • Benodig kos en water om te bly leef.
  • Kan nie hul eie kos maak nie.
  • Moet kos gaan soek.
  • Eet plante of ander diere vir voedingstowwe.

Struktuur (bou) van diere

  • Struktuur verskil baie.
  • Ons kan leer deur na die struktuur te kyk.
    • Tipe kos.
    • Hoe kos gekry word.
    • Waar hulle woon.
    • Hoe hulle beweeg.
Watter tipe kos 'n dier eet
  • Deur te kyk na die kaak en tande kan bepaal word of 'n dier plante of vleis eet.

Herbivore, Karnivore en Omnivore

  • Diere word in groepe ingedeel volgens wat hulle eet.
    • Planteters (herbivore).
    • Vleiseters (karnivore).
    • Diere wat plante EN vleis eet (omnivore).
  • Diere is die verbruikers in die natuur.
    • Verbruik energie (opneem en gebruik).
    • Maak nie energie nie (produseer).
  • Plante is die produseerders van energie.
    • Plante produseer voedsel vir diere.
    • Herbivore en omnivore eet plante en kry energie.
    • Karnivore en omnivore eet herbivore (en sommige omnivore) en kry energie.
  • Energie oordrag vind plaas in 'n voedselketting.

Herbivore

  • Kry energie vanaf plante.
  • Word die primêre (eerste) verbruikers genoem.
  • Eet blare, stingels, wortels, vrugte, blomme, nektar en sade.
  • Voorbeelde: Olifante, kameelperde, skilpaaie en skoenlappers.
  • Voorbeeld van 'n voedselketting:
    • Plant (produseerder) -> insek (primêre verbruiker)

Karnivore

  • Kry energie vanaf ander diere of produkte wat deur diere gemaak word.
  • Is die sekondêre (tweede) en tersiêre (derde) verbruikers.
  • Eet ander diere en insekte.
  • Word dikwels roofdiere genoem.
  • Voorbeelde: Leeus, krokodille, haaie, spinnekoppe, skerpioene en bosluise.
  • Voorbeeld van 'n voedselketting:
    • Plant (produseerder) -> insek (primêre verbruiker) -> spinnekop (sekondêre verbruiker) -> slang (tersiêre verbruiker)

Omnivore

  • Kry energie vanaf plante en diere.
  • Kan 'n primêre verbruiker wees (bv. bobbejaan wat vrugte eet).
  • Kan 'n sekondêre verbruiker wees (bv. bobbejaan wat insekte eet).
  • Voorbeelde: Verkleurmannetjies, bobbejane, vlakvarke, muise en rotte.
  • Muskiete kry energie van nektar, maar die wyfie benodig proteïne om eiers te produseer.
    • Kry proteïne van bloed.
    • Mannetjie muskiete drink nie bloed nie.

Sintuie

  • Mense is lewende organismes wat die sewe lewensprosesse uitvoer.
    • Groei, beweeg, eet (voeding), plant voort, haal asem, skei afval uit en reageer op dinge (sensitiwiteit).
  • Ons reageer met ons vyf sintuie: gehoor, sig, reuk, smaak en tas.
  • Die dele van ons liggaam wat hierdie sintuie uitvoer word sintuigorgane genoem.

Gehoor

  • Die organe waarmee ons hoor, word ore genoem.
  • Klank beweeg met klankgolwe tot by ons ore.
  • Die oor word in drie hoof dele gedeel:
    • Buite-oor.
      • Oorskulp.
      • Oorkanaal.
      • Oordrom (trommelvlies).
    • Middel-oor.
      • Drie klein beentjies (kleinste bene in die liggaam).
      • Ovaal venster.
      • Ronde venster.
      • Gehoorbuis.
    • Binne-oor.
      • Koglea.
      • Halfsirkelvormige kanale.
      • Senuwees wat boodskappe na die brein stuur.
Hoe hoor ons?
  • Klankgolwe beweeg vanaf die radio tot by die oorskulp.
  • Klankgolwe beweeg deur die oorkanaal tot by die oordrom (trommelvlies).
  • Die oordrom vibreer.
  • Die oordrom is vas aan die drie klein beentjies en die vibrasies beweeg deur die beentjies.
  • Die laaste beentjie druk teen die ovaal venster waar die koglea begin.
  • Die koglea is gevul met vloeistof en hierdie vloeistof laat duisende klein haartjies binne die koglea beweeg.
  • Hierdie fyn haartjies stuur 'n boodskap met die senuwees na die brein.
  • Vloeidiagram van klank:
    • Bron (bv. radio) -> Oorskulp -> Oorkanaal -> Oordrom (trommelvlies) -> Drie klein beentjies -> Ovaal venster -> Koglea -> Fyn haartjies in koglea -> Senuwees na brein

Sig

  • Pupille verander volgens die hoeveelheid lig in 'n vertrek.
  • Oë knip ongeveer 10 keer per minuut.
    • 'n Traan spoel oor die oë om dit te beskerm en uitdroging te voorkom.
    • Beskerm teen stof en skerp lig.
    • Is 'n onwillekeurige reaksie.

Reuk

  • Die orgaan waarmee jy ruik is jou neus.
  • Die reuk en smaak sintuie werk baie nou saam.
  • Jou neus en mond is agter in jou keel met mekaar verbind (nasale holte).
  • Wanneer jy deur jou neus asemhaal, beweeg lugdeeltjies deur jou neusgate na die nasale holte.
  • Die nasale holte is verbind met senuwees wat boodskappe na die brein stuur.
  • Die binnekant van jou neus is met 'n dun slym lagie en fyn haartjies uitgevoer.
    • Vang vuil lugdeeltjies op.
    • As daar baie stofdeeltjies is, reageer jou liggaam met 'n nies.

Smaak

  • Die organe waarmee jy proe, is jou mond en neus.
  • Smaakpapille / smaak knoppies (