Strukture & PAT Vaardighede Notes
Tender Dokument
'n Tenderdokument is 'n tipe ‘KWOTASIE’.
Dit is 'n formele dokument wat die besonderhede van die probleem uiteensit en wat die vereistes van die werk wat gedoen moet word, spesifiseer.
Dit kan baie berekeninge, grafiese ontwerpe, modelle ens. behels.
Maatskappye ding mee om die kontrak te bekom.
Wat is Tegnologie?
Tegnologie bied die geleentheid om:
'n probleem of behoefte te identifiseer,
moontlike oplossings te ondersoek,
nuwe stelsels te ontwikkel.
Daar is DRIE spesifieke Doelwitte wat in Tegnologie aangespreek word:
Spesifieke ontwerpvaardighede word ontwikkel en toegepas (50% van toetse/eksamens).
Kennis word opgedoen en toegepas (30% van toetse/eksamens).
Om die interaksie tussen mense se waardes, tegnologie, samelewing en omgewing te waardeer (20% van toetse/eksamens).
Die ontwerpproses sluit in:
Ondersoek
Ontwerp
Maak
Evalueer
Kommunikeer
Kerninhoudareas sluit in:
Strukture
Prosesseer van materiale
Meganiese stelsels en beheer
Elektriese stelsels en beheer
Dit sluit in:
Inheemse tegnologie
Impak van tegnologie
Vooroordeel in tegnologie
Ortografiese Projeksies
Hierdie metode word gebruik om 3-D voorwerpe in 2-D tekeninge voor te stel.
Hierdie aansigte word ook plat sketse genoem.
DRIE afsonderlike aansigte word geteken: Vooraansig, Sy-aansig, Bo-aansig
Eerstehoeks Ortografies: (Tegnologie)
Teken die teenoorgestelde kant van waar jy na die model kyk.
Die bo-aansig sal onder geteken word.
Die linkersy-aansig sal regs geteken word.
Lynsoorte, Skaal & Afmetings
Verskillende lynsoorte word in grafiese kommunikasie gebruik:
Konstruksielyne (HB)
Buitelyne (6B)
Verborge detaillyne (HB)
Middellyne (Kettinglyne) (HB)
Golwende-lyne (HB)
Dimensielyne: Word aangedui sowat 10mm vanaf die tekening met pylpunte aan elke kant; mates bo of links van die lyn.
SKAAL:
'n Skaal van 1:1 impliseer dat 'n voorwerp lewensgetrou geteken word.
'n Skaal van 1:2 impliseer dat 'n voorwerp 2 x verklein word.
'n Skaal van 2:1 impliseer dat 'n voorwerp 2 x vergroot word.
Die oorspronklike afmetings word altyd aangedui.
Soorte Kragte en Vragte
Alle strukture behoort weerstand te bied teen verskillende soorte kragte wat daarop inwerk.
SOORTE KRAGTE:
Statiese kragte: 'n Stilstaande krag - krag wat nie beweeg / verander nie.
Dinamiese kragte: Wanneer 'n bewegende krag die struktuur tref en dit beskadig - onvoorspelbaar bv. stormwinde.
SOORTE VRAGTE: die ‘gewig’ van dinge wat op strukture rus.
Eweredige vrag: Vrag word eweredig oor die oppervlakte versprei.
Oneweredige vrag: Vrag word oneweredig oor die oppervlakte versprei . . . het gevolge.
VERSKILLENDE KRAGTE wat op strukturele komponente inwerk.
Raamstrukture moet sterk genoeg wees om verskillende kragte te kan weerstaan.
Drukkrag / Stootkrag: Bekend as STUTTE.
Trekkrag / Spanning: Bekend as BINTE.
Draaikrag / Wringkrag.
Skuifkrag / Skeurkrag.
KRUISVERSPANNING word aan die binnekant van raamstrukture gebruik om verwringing te voorkom.
TRIANGULASIE word aan die buitekant as versterking gebruik.
Pilare is sterk in drukkrag.
Toue en kabels is sterk in trekkrag.
BUIG VAN BALKE (defleksie):
HOUTBALKE
Horisontale houtbalke: Sterk in drukkrag; Swak in spanning.
Vertikale houtbalke: Sterk in drukkrag en spanning.
METAALBALKE
Staalbalke word in die onderstel van swaardiensvragmotors gebruik wat swaar vragte dra.
Eienskappe van I-profiel balke:
Dit bied 'n hoë weerstand teen buiging
is net so sterk,
ligter in gewig en
goedkoper as soliede balke.
BETONBALKE
Betonbalke is sterk in drukkrag, maar swak in spanning. Hulle moet dus net onder die neutrale as met staalstawe versterk word.
Eienskappe van Materiale
Die EIENSKAPPE van materiale gaan dus jou keuse daarvan beïnvloed!
MASSA & DIGTHEID
Digtheid = die hoeveelheid materie in ‘n voorwerp (sy massa / volume).
Die digtheid van ‘n materiaal bepaal hoeveel gewig dit kan dra of hoeveel krag dit kan weerstaan.
Hoe hoër die digtheid, hoe meer weerstand kan dit bied
Soort konstruksie-materiale
Metale bv. aluminium en staal
Nie-metale bv. glas en klip
Sintetiese materiale bv. plastiek en sintetiese rubber
Natuurlike materiale bv. klip en hout
HARDHEID
Hardheid = die weerstand wat ‘n materiaal bied teen gate, krap of snye in die oppervlak asook verwering deur wrywing
Die Brinell hardheidstoets word gebruik om die hardheid van materiale in die industsrie te toets.
Materiaal, Brinell-lesing
Diamant, 7 000
Vlekvrye-staal, 534
Sagte staal, 130
Koper, 100
Messing (koper en sink), 65
Aluminium, 40
Polimere, 9-35
STYFHEID
Styfheid = die hoeveelheid buiging wat plaasvind wanneer ‘n krag daarop uitgeoefen word, sonder om ineen te stort. ‘n Dikker materiaal het ‘n hoër styfheid bv. beton, gietyster
BUIGSAAMHEID
Buigsaamheid = die vermoë om te buig sonder om te kraak of te breek.
WEERSTAND TEEN KORROSIE
Korrosie = roes / verswak die eienskappe van ‘n materiaal sodat dit nie die funksie vervul wat dit moet nie.
Faktore wat die roes van yster versnel:
Water
Vogtigheid
Suur (asyn)
Sout
Roesweerstand en voorkoming
Galvanisering
Hoë-kwaliteit verf wat sinkoksied bevat
Gebruik van roes-vrye metale bv. Aluminium, brons, vlekvrye staal
Gebruik nie-roesgeneigde nie-metale soos plastiek en hout in die plek van staal OF bedek staal met bv. plastiek (Epoksibedekking)
ANDER MATERIAAL-EIENSKAPPE
Taaiheid
Brosheid
Duursaamheid
Stabiliteit
Rekbaarheid
Smeebaarheid
Geleidingsvermoë
Voorkoms
Tekstuur
Optiese eienskappe
Absorpsievermoë
Druksterkte
Treksterkte
Ontwerpprobleem - Rolstoel
*OPDRAG
Die eienaars van die plaaslike Thai restaurant het jou genader om ‘n stel trappe en ‘n rolstoeloprit te ontwerp wat alle kliënte maklike toegang tot die perseel verleen.
WAT JY MOET WEET VOORDAT JY BEGIN ONTWERP:
TRAPPE
Traplening
Die trapreling ondersteun mense wat die trap gebruik en keer dat mense afval.
800 mm hoog
Trapstrook
Die oppervlak waarop jou voet rus – moet glyvas wees.
200 – 300 mm diep
Stygstuk
Die afstand van een trapstrook tot die volgende. Hoe hoër die stygstuk, hoe steiler die trappe.
130 – 200 mm hoog /high
OPRITTE
help mense om vragte van een vlak na ‘n ander te beweeg.
help mense in rolstoele om van een vlak na ‘n ander te beweeg.
*dit kan nie so steil soos ‘n stel trappe wees nie
*dit moet baie meer geleidelik styg………………helling is belangrik
*dit moet ‘n reling hê vir veiligheid en ondersteuning
*die oppervlak moet glybestand (glyvas) wees
A = die afstand wat ‘n persoon deur die oprit gelig word
B = behoort nie minder as vyf maal afstand A te wees nie; maksimum gradient is 1:12; maksimum lengte van oprit is 9m
Die minimum spasie wat vir ‘n rolstoel benodig word is . . . Min 1 : 5