Dramatiese Kunste Opsomming

Drama

  • Drama is die vertelling van 'n storie deur akteurs.

Dramatiese Elemente

  • Literêre elemente

  • Tegniese elemente

  • Vertolkingselemente

Literêre Elemente

  • Dramaturg: iemand wat toneelstukke skryf.

  • Draaiboek skrywer: skryf draaiboeke vir film of TV-drama.

Struktuur van 'n Drama

  • Eksposisie / Uiteensetting

  • Motoriese moment

  • Ontwikkelling (konflik)

  • Klimaktiese moment

  • Afloop / dalende aksie

  • Ontknoping / resolusie

Dramatiese Struktuur

  • Dramatiese struktuur: Die plotstruktuur van 'n toneelstuk.

  • Intrige: Die rangskikking van die aksies wat in 'n toneelstuk plaasvind.

  • Eksposisie: Bekendstelling van agtergrondinligting.

  • Konflik: Die probleem of struikelblokke wat ‘n karakter moet oorkom.

  • Klimaks: Keerpunt in die aksie van 'n toneelstuk.

  • Resolusie of ontknoping: Die aksie om 'n probleem op te los.

Terminologie

  • Karakter: ’n Persoonlikheid wat in ’n dramatiese opvoering uitgebeeld word.

  • Spanning: 'n Gevoel van onsekerheid oor die uitkoms.

  • Tema: Die hoofonderwerp van die opvoeringstuk.

Genre

  • Drama-genres kategoriseer opvoerings op grond van kriteria soos agtergrond, karakters, intrige, luim, toon en tema.

  • Voorbeelde:

    • Aksie

    • Komedie

    • Drama

    • Fantasie

    • Gruwel

Terminologie: Taal

  • Die spesifieke manier van verbale uitdrukking dui 'n karakter se nasionaliteit, kultuur, godsdiens, ouderdom, geslag, vlak van opvoeding, sosio-ekonomiese klas of beroep aan.

Terminologie

  • Monoloog: 'n Lang toespraak deur een akteur in die teenwoordigheid van ander karakters.

  • Alleenspraak: 'n Toespraak deur 'n enkele akteur wat ALLEEN op die verhoog is.

Tegniese Elemente

  • Dekor / stel: Die teatertoerusting wat gebruik word om omgewing uit te beeld.

  • Kostuums: Klere en bykomstighede wat deur akteurs gedra word om karakter en tydperk uit te beeld.

  • Rekwisiete: Enige artikel, behalwe kostuum of dekor, wat as deel van 'n dramatiese produksie gebruik word.

Beligting

  • Beligting skep ‘n spesifieke luim (bui).

  • Dit skep ‘n atmosfeer.

  • Gee betekenis vir die gehoor.

  • Beligting vertel die gehoor waar om te kyk.

  • Beligting weerspieël die sielkunde van karakters.

  • Beligting definieer en ondersteun die genre van die film.

Klank in Dramatiese Produksies

  • Stemme

  • Musiek

  • Byklanke

Musiek

  • Help die regisseur om die luim of atmosfeer van 'n toneel aan te dui

Die Funksie van Klankeffekte

  • Om die werklikheid te simuleer.

  • Om iets by die toneel te voeg of te skep wat nie regtig daar is nie.

  • Om die regisseur te help om ‘n atmosfeer te skep.

Grimering

  • Die pruike en liggaamsverf wat gebruik is om 'n akteur in 'n karakter te omskep.

Vertolkingselemente

  • Regisseur: In beheer van die kreatiewe beeld van ’n produksie.

  • Vervaardiger: Hou toesig oor die hele produksie.

  • Akteur: 'n Persoon wie se beroep uit toneelspel op die verhoog, in films of op televisie bestaan.

Akteurs

  • Moet karakters uitbeeld om 'n gehoor te vermaak.

Oudisie

  • ‘n Kort optrede sodat 'n regisseur of vervaardiger kan besluit of hulle goed genoeg is om in 'n toneelstuk, rolprent of produksie te wees.

Akteurs moet verstaan:

  • Karakter motivering: Die rede of redes vir 'n karakter se gedrag.

  • Karakterontleding: ’n Akteur moet verstaan wat die karakter motiveer.

  • Empatie: Die vermoë om met die gevoelens van 'n ander te identifiseer.

Kommunikasie

  • Verbale kommunikasie: Gedagtes of emosies of inligting word tussen persone uitgeruil deur die gebruik van spraak.

  • Nie-verbale kommunikasie: Seine wat deur gesigsuitdrukkings, postuur, oogkontak, gebare, stemtoon, lyftaal en ander maniere oorgedra word.

Subteks

  • Die onderliggende boodskap wat deur dialoog oorgedra word.