Modernisme en Impressionisme Opsomming
DIE BEGIN VAN MODERNISME
- Impressionisme: Ongeveer 1860's tot 1900's in Frankryk.
- Salon des Refuses: Uitstalling van verwerpte werke beveel deur Napoleon III in 1863.
- Avant-garde is gebore: Die mag van Akademie bestaan nie meer nie.
- Impressioniste het hul eie uitstallings begin reël.
- Louis Leroy het die naam "Impressioniste" geskep na Claude Monet se skildery "Impression Sunrise".
- Die Impressioniste het vinnig gewild geraak en agt keer saam uitgestal tussen 1874 en 1886.
AVANT-GARDE
- Verwys na kunstenaars wat nuwe style of tegnieke begin het teen die establishment.
- Die woord het sy oorsprong in die woord "vanguard" wat die voorste eenheid in die weermag beteken.
DIE VERANDERENDE POSISIE VAN DIE KUNSTENAAR
- Kunstenaars was vroeër deel van die samelewing, in diens van die kerk of adel.
- Industriële Revolusie: Geld in beheer van kapitaliste wat veilige nabootsings verkies het.
- Kunstenaars het afgesonder geraak en gesukkel om ekonomies te oorleef.
- Ontwikkeling van die kamera in die middel van die 19de eeu het gelei tot die vryheid van kunstenaars om "kuns te doen vir kuns se onthalwe".
DIE LANDSKAP
- Voor impressionisme is landskapskilderye gewoonlik deur die Salon as van minder belang beskou.
- Invloede op Impressionisme:
- Constable: Eerste kunstenaar wat wegbreek van tradisie en suiwer landskappe met groot sorg en deernis skilder.
- Romantisisme: Dring daarop aan dat kunstenaars 'n individu is en na nuwe uitdagings moet soek.
- Die Barbizon-groep: Die groep skilder sedert 1827 buite (en plein air) en het ook studies van veranderende lig
- Industrialisasie: Met die koms van industrialisasie het mense se waardering vir die natuur weer begin versterk.
- Tydsbesteding: Ontspanning word in hulle vrye tyd in die natuur spandeer in die platteland, opelugdanse en kafees
- Rol van die kamera: Die vroeë foto's was wasig as hulle bewegende onderwerpe afgeneem het en het die Impressioniste beïnvloed.
- Jappanese afdrukke: Jappanese afdrukke is in die 1860's as geskenkpapier gebruik vir uitvoerprodukte na Frankryk. Die kunsvorm het 'n groot invloed op die ongewone komposisies van die Impressionistiese styl.
KENMERKE VAN IMPRESSIONISME
- Temas: Alledaagse tonele, sonnige strate, landskappe, blomtuine en opelugkafees. Die joie-de-vivre van die lewe is kenmerkend.
- Kleur en lig: Inspirasie direk uit die natuur. Probeer pigment so na as moontlik kry aan die kleur van sonlig.
- Die vlietende oomblik: Vang die tydelike effekte van beligting vas deur buite te skilder.
TEGNIEKE
- Kort, sigbare, gebroke kwashale (divisionisme), waar elke kwashaal sigbaar is. Dit het dikwels veroorsaak dat baie van die buitelyn nie duidelik was nie en geblur.
- Elke kleur is apart, maar word opties gemeng deur die kyker, Kleure word langs mekaar aangewend met so min vermenging as moontlik wat 'n helder oppervlak skep.
- Verf is dikwels ook dik (impasto) aangewend.
IMPRESSIONISTIESE SKILDERS
- Edouard Manet (1832-1883):
- Benader onderwerpe in die moderne lewe.
- Oorgang van Realisme na Impressionisme.
- Invloed van Courbet en Barok-skilders.
- Gebruik graag swart as 'n kleur, en gebruik ligkolie, wat neig om sy figure plat te vertoon.
- Claude Monet (1840-1924):
- Franse Impressionistiese skilder en die mees konsekwente en voorlopers van die beweging.
- Die term "Impressionisme" is afgelei van die titel van sy skildery "Impression Sunrise".
- Het geweet dat lig feitlik elke minuut gedurende die dag wissel, en gevolglik verander die voorkoms van die natuur ook.
- Edgar Degas (1834-1917):
- Franse impressionistiese kunstenaar, bekend vir sy skilderwerk en beeldhouwerk.
- Beste tekenaar van al die Impressionisle
NAVOLGERS
- Danie Nowess
- Gebruik net 4 kleure
- Winsor & Newton Olieverf
- geel: Cadmium lemon
- rooi: Cadmium red
- blou: French ultramarine
- wit. Titanium white
NEO-IMPRESSIONISME
- Georges Seurat (1859-1891) en Paul Signac (1863-1935).
- Hulle het die Impressioniste se strepies- en stippelmetode sistemanties on wetenskaplik gebruik.
POST-IMPRESSIONISME
- Omvattende term vir uiteenlopende reaksies teen naturalisme en kwessies van lig en kleur wat die Impressioniste geïnspireer het.
- Paul Cézanne
- Invloede
- Impressionisme: Die helder palet van die Impressioniste het hom beïnvloed, maar hy het gevoel dat hulle struktuur en vorm afgeskeep het met hulle beklemtoning van kleur en kwashale.
- Mont Sainte-Victoire. Die Sainte-Victoire-berg naby Cézanne se huis in Aix-en-Provence was een van sy gunsteling onderwerpe en hy het dit glo meer as 60 keer geskilder. Hy is gefassineer deur die ongelyke argitekturele vorme in hierdie berge.
- Kenmerke van Cézanne se werk :
- Onderwerp: Cézanne het 'n beperkte hoeveelheid onderwerpe, soos stillewes, landskappe, baaiers en portrette geskilder.
- Vincent Van Gogh
- Hy word beskou as die "Vader van die 20ste-eeuse Ekspressionisisme" omdat hy Eduard Munch en die Duitse Ekspressionisme beïnvloed het.
EKSPRESSIONISME
- EKSPRESSIONISME is kuns waarin daar 'n sterk uitdrukking van persoonlike gevoelens en emosies deur verwringing, emosionele keuse van kleur en ekspressiewe kwashale uitgebeeld word.