Kwartaal 4 opsommings
E1: bl 150 Die name van provinsies en hul hoofstede op `n kaart
Suid-Afrika het 9 provinsies en elke provinsie het `n hoofstad waar die regering van die provinsie bymekaar kom.
· Regering = die groep verkose politici wat `n land of provinsie regeer of bestuur
PROVINSIE | HOOFSTAD |
Wes-Kaap | Kaapstad |
Oos-Kaap | Bisho |
Noord-Kaap | Kimberley |
Noord-Wes | Mahikeng |
Vrystaat | Bloemfontein |
Gauteng | Johannesburg |
Mpumalanga | Mbombela |
Limpopo | Polokwane |
Kwazulu-Natal | Pietermaritzburg |

E2: bl 151 Wat is Erfenis
Nuwe woorde:
· Erfenis = iets wat uit die verlede oorgedra word
· Divers = verskeidenheid en verskil
· Tasbaar = dinge wat ons kan sien en waaraan ons kan raak
· Ontasbaar = dinge wat ons nie kan sien nie en nie kan aanraak nie
· Betekenis = wat belangrik is
Erfenis is dinge wat uit die verlede nagelaat word.
Suid-Afrika het baie ryk en diverse erfenis wat vir ons agter gelaat is.
· Praat verskillende tale
· Eet verskillende kos
· Doen dinge op verskillende maniere
· Het verskillende gelowe
Ons vier Erfenisdag op 24 September van elke jaar
Wat is Tasbare erfenis voorbeelde van erfinis?
· Voorwerpe
· Kunswerke
· Erfenisterreine
· Mense
· Plante
· Berge
Wat is ontasbare erfenis voorbeelde van erfenis?
· Familiegeskiedenis
· Herinneringe
· Godsdiens
· Lofgedigte
· Musiek
· Liedjies
· Danse
· Feeste
Erfenis van elke provinsie
Provinsie | Erfenis |
Mpumalanga | Makhonjwa-berge |
Wes-Kaap | Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad |
Oos-Kaap | Aalwyn – plant met genesende eienskappe |
Noord-Kaap | Frances Baard – Leier van die Noord-Kaap |
Limpopo | Die goue renoster - `n ou voorwerp |
Vrystaat | Die Gariepdam |
Gauteng | n baie ou kopbeen by Sterkfontein |
Kwazulu-Natal | San-Rotskuns by Drakensberge |
Noord-Wes | Klipmuur by Kaditshwene |
E5: bl 155 Erfenis in mense se prestasies
Frances Baard:
- Is in Kimberley gebore
- Sy was `n onderwyser
- Sy het nie van apartheid gehou nie en het by die stryd teen Apratheid betrokke geraak
- Sy het haar eie talente gebruik om te stry vir die regte van swart Suid-Afrikaners
- Sy is tydens Apartheid deur die regering tronk toe gestuur
- Toe sy vrygelaat is het sy haar werk om `n demokratiese regering (regering waar almal gelyke regte het) voortgesit
- Sy het in die 1994 demokratiese verkiesing gestem
- Sy is in 1997 dood
- Distrik in Kimberley is na haar vernoem.
E7: bl 157 Erfenis en veranderinde identiteite: Die kasteel – Wes-Kaap
- Khoisan was eerste mense wat in die Kaap gewoon het
- In 1652 het Hollandse setelaars in die Kaap aangekom
- Die hollanders het `n 5 hoekige fort vir verdediging gebou
- Is was bekend as: Die kasteel Goeie Hoop
- Die Kasteel is gebou van Leiklip en Kalk, hout van Houtbaai, skulpe en sand wat met kalk gemeng was om `n baie sterk sement te maak
Volgorde van gebeurtenisse:
1. Die Khoisan het in die Kaap gewoon
2. Die Hollanders het in die Kaap aangekom
3. Die Hollanders het slawe ingevoer
4. Die Kasteel is gebou
5. Die kasteel was `n simbool van wit verdrukking in die apartheidsjare
6. Vandag behoort die Kasteel aan almal