Untitled Flashcards Set
Hersiening van die komponente van die MIKRO
OMGEWING
MIKRO OMGEWING
Is die interne besigheidsomgewing – dit sluit alles binne die besigheid in.
Alle interne sake word bestuur deur die direkteure of die eienaars van die
besigheid.
Ook bekend as die interne bedryfsisteem.
‘n Besigheid het volle beheer oor die mikro-omgewing
KOMPONENTE:
Visie, missiestelling, doelwitte en mikpunte
Organisasiestruktuur
Organisatoriese hulpbronne
Organisasiekultuur
Bestuur en leierskap
Agt besigheidsfunksies.
Hersiening van die komponente van die MARK
OMGEWING
MARK OMGEWING
is die direkte eksterne omgewing van die onderneming.
‘n Besigheid het beperkte/min beheer oor die markomgewing.
Vir die besigheid om suksesvol te wees, moet dit in staat wees om ‘n invloed uit te
oefen oor die komponente van hierdie omgewing.
KOMPONENTE:
Verbruikers/kliënte
Verskaffers
Tussengangers
Mededingers
Ander organisasies/burgerlike samelewing soos GBOs, NROs, reguleerders,
strategiese alliansies, en vakbonde.
Hersiening van die komponente van die MAKRO
OMGEWING
MAKRO
OMGEWING
is die breë eksterne omgewing van die besigheid.
‘n Besigheid het geen beheer oor die makro-omgewing nie, en moet daarom aanpas by die
uitdagings van hierdie omgewing om suksesvol te kan wees.
KOMPONENTE:
Sosiale
Politiese
Wetlike
Ekonomiese
Tegnologiese
Fisiese
Globale/internasionale omgewings.
Besigheid se beheer oor die omgewings
Beheer oor MIKRO-OMGEWING
Die besigheid het VOLLE BEHEER oor al die komponente van sy mikro-omgewing.
Die onderneming kan die interne funksionering van die besigheid beïnvloed en beheer uitoefen deur:
hul visie, missiestelling, doelwitte en mikpunte te vestig en te hersien sodat dit in lyn is met huidige
tendense.
betrokke te raak en strategiese bestuursisteme te vestig, en te verseker dat planne geïmplementeer en
hersien word wanneer nodig.
beleide, prosedures en bestuurstrukture te vestig wat die besigheid in die regte rigting sal stuur
te verseker dat die besigheid se hulpbronne effektief en doeltreffend gebruik word tot voordeel van die
besigheid
seker te maak dat alle werknemers die kultuur van die besigheid verstaan en dat alle belanghebbendes
saamwerk om die doel en waardes van die besigheid te bereik en uit te leef.
werknemers te lei, te organiseer, en om hul aktiwiteite te rig en te beheer ten einde die doelwitte en
oogmerke van die onderneming te bereik.
MIKRO
Besigheid se beheer oor die omgewings
Invloed oor die MARKOMGEWING
‘n Besigheid het BEPERKTE BEHEER oor die markomgewing, maar in sommige gevalle, is dit moontlik
om ‘n invloed uit te oefen en sommige komponente in hierdie omgewing te vorm.
Verbruikers
Entrepreneurs kan besluite van verbruikers/kliënte beïnvloed deur gebruik te maak van
bemarking strategieë wat weldeurdag, en deeglik uitgevoer is.
‘n Bemarkingstrategie is ‘n plan van aksie wat die besigheid se bemarkingsdoelwitte, asook die
strategieë en aktiwiteite wat gebruik gaan word om dit te bereik, beskryf.
Die entrepreneur kan marknavorsing doen om die behoeftes en begeertes van die doelmark te
identifiseer, en daarna strategieë beraam om goedere en dienste te voorsien wat dié
behoeftes en begeertes sal bevredig.
‘n Besigheid kan verbruikers se besluite beïnvloed deur goeie bemarkingsveldtogte soos
promosieverkope, afslagpryse, verlengde ure, oorredende advertensies, ens.
Verskaffers
Entrepreneurs kan ook die besluite en aksies van verskaffers beïnvloed deur die ondertekening
van langtermyn kontrakte vir die verskaffing van insette (grondstowwe) teen vaste pryse, of
deur die vorming van strategiese alliansies met hulle.
Besighede kan ook in grootmaat aankoop om afslag van hul verskaffers te kry, en op hierdie
manier te verseker dat hulle ten alle tye voldoende grondstowwe het.
MARK
Besigheid se beheer oor die omgewings
Invloed oor die MARKOMGEWING
Mededingers
Besighede kan strategiese alliansies vorm, aansluit by gemeenskapsgebaseerde forums, of ‘n
konsortium met ander besighede vorm om idees en hulpbronne uit te ruil en projekte te onderneem
wat tot voordeel van al die lede is.
Reguleerders
Reguleerders is organisasies wat deur die regering ingestel is om reëls en regulasies maak, en die
aktiwiteite van besighede te kontroleer.
Besighede wat saamspan en reguleerders tot ‘n mate beïnvloed.
‘n Verteenwoordiger van die besighede kan byvoorbeeld, d.m.v. invloedwerwing, dit regkry dat die
reguleerders sekere wette verwyder of nie instel nie, sodat die besighede hul doelwitte kan bereik.
Vakbonde
Besighede kan ook die besluite van vakbonde beïnvloed as hulle poog om ‘n goeie verhouding met
hulle op te bou.
Besighede kan dit regkry deur betrokke te raak in kollektiewe bedingingsessies met die vakbonde,
waarin hulle sekere kwessies wat hulle raak, verduidelik aan hul leiers, en probeer om hulle sover te
kry om hul kant van die saak in te sien.
MARK
Besigheid se beheer oor die omgewings
MAKRO
Invloed oor die MAKRO-OMGEWING
Besighede het GEEN BEHEER oof die makro-omgewing nie. Die volgende faktore kan nie
deur die besigheid beheer word nie:
Politiese faktore soos regeringsbeleid en politieke stabiliteit
Ekonomiese faktore soos infl asiekoers en wisselkoersskommeling.
Sosiale faktore soos lae inkomstevlakke van verbruikers en werkloosheid.
Tegnologiese faktore soos nuwe tegnologie en internet infrastruktuur.
Wetlike faktore soos nuwe wetgewing en arbeidswette.
Omgewingsfaktore soos klimaatsverandering en omgewingsvolhoubaarheid
Besighede kan invloedwerwing doen vir gesamentlike vertroue
Besighede kan verskansing teen inflasie doen deur surplus fondse (geld) te belê in goud,
olie, eiendom, ens.
Besighede kan met mekaar netwerk om sekere tegnologiese uitdagings te oorkom.
Maniere hoe besighede betrokke kan raak
in die MAKRO OMGEWING
Skep werksgeleenthede vir mense van die gemeenskap
Onderneem sosiale verantwoordelikheidsprogramme om die welstand
van die gemeenskap te verbeter.
Verbeter uitvoermarkte deur nuwe markte in Afrika te ontgin.
Onderneem wetenskaplike navorsingsprojekte om tradisionele
medisyne te verbeter.
Raak betrokke in kollektiewe bedinging of invloedwerwing om
werksomstandighede of wetgewing van die regering te verbeter.
Raak betrokke by Privaat/Publieke/vennootskappe en voorsien
infrastruktuur vir die land.
Voorsien onderwys en opleidingsprogramme vir werknemers om
dienslewering te verbeter.
Voordele as besigheid betrokke in die
MARKO OMGEWING
Hulle kry goeie publisiteit, trek en behou lojale klante.
Trek en behou goeie vaardige werknemers uit die gemeenskap.
Bekom regeringstenders en kontrakte wat net gegee word aan besighede wat
betrokke is in die makro-omgewing.
Kan belastingafslag kry vir betrokkenheid in die gemeenskap.
Besighede kan vinniger uitdagings in die makro-omgewing antisipeer en
strategieë uitwerk om dit te oorkom.
Trek goeie beleggers wat wil belê in besighede wat betrokke is in die makro
omgewing.
Voorkom skade aan die omgewing en verminder die koolstofvoetspoor op die
omgewing.
Hulle is beter bekend met die ouderdom, geslag, gewoontes, tradisies en
voorkeure van mense wat dit makliker sal maak om kliënte te trek of te werf.