Graad 4 Lewensvaardigheid Opsommings
Hoofstuk 7 - Emosies
Belangrike woorde om te ONTHOU!
- Emosies: Dit wat ons voel.
- Angstig: Voel bekommerd, onseker of senuagtig.
Wat moet jy weet in hierdie hoofstuk?
- Ons voel almal verskillende emosies en gevoelens.
- Ons weet nie altyd wat om die gevoel te noem of wat om daarmee te maak nie.
- Verskillende emosies wat ons ervaar:
- Woede
- Liefde
- Angs
- Vrees
Woede / Kwaad
- Wanneer kan jy Kwaad raak?
- Wanneer jou geluk bedreig word en jy nie meer veilig voel nie.
- Wanneer jou gevoelens seergemaak is.
- Wanneer jy dink iets is onregverdig.
- Wat om te doen as jy kwaad voel:
- Tel stadig tot by 10 voordat jy besluit om iets te doen.
- Skop 'n bal, gaan draf of speel totdat jy moeg is.
- Probeer ophou dink hoe kwaad jy is en voel.
- Praat met iemand oor hoe jy voel.
- Besef woede is 'n natuurlike emosie en ons almal ervaar dit.
- Maak jou kamer netjies, of Doen iets. Harde werk is 'n goeie manier om van woede ontslae te raak.
Liefde
- Wat is liefde?
- Dis 'n emosie wat jou gelukkig maak.
- Jy is lief vir mense en dinge wat jou veilig en gelukkig laat voel.
Angs
- Wat is Angs?
- Jy voel senuweeagtig (nervous in engels) en baie bang.
- Wanneer gaan dit weg?
- Jy sal ophou so voel wanneer dit waaroor jy bekommerd is, weggaan.
Vrees
- Wat is vrees?
- Vrees = Bang
- Jy voel so wanneer jy bang is vir iets/iemand.
- Wanneer jy onveilig of seergemaak voel kan jy vrees ook voel.
- Soms is dit waarvoor jy bang is/vrees regtig en soms nie.
- As jy bang is, kan jy weghardloop of dit in die oo kyk.
- Hoe maak ons?
- STAAN JOU MAN TEEN VREES.
- As jy 'n toets moet skryf en bang is, moenie maak of jy siek is en by die huis bly nie.
- WEGHARDLOOP.
- Soms moet jy weghardloop! As iemand jou volg of jou wil seermaak, dan hardloop jy weg.
- WAT JY KAN DOEN.
- As jy bang is, praat met 'n volwassene wat jy vertrou.
- Ouer mense het meer ervaring en kan soms die probleem uitsorteer of goeie raad gee.
- STAAN JOU MAN TEEN VREES.
Hoofstuk 8 - Leer saam om in 'n groep te werk
- Belangrike woorde om te ONTHOU!
- Projek: 'n Beplande taak waarby gewoonlik meer as een persoon betrokke is.
- Wat moet jy weet in hierdie hoofstuk?
- Verskillende mense is goed in verskillende dinge. Wanneer ons almal saam werk kan ons mekaar help en die taak klaar maak.
- Onthou hierdie wenke wanneer jy jou volgende groep werk doen.
- Onthou om te luister na mekaar.
- Gee almal 'n kans.
- Gee almal 'n werk/taak om te doen in die projek.
- Wees geduldig met mekaar.
- Verdeel die taak gelyk op tussen almal.
- SPAN = Saam Probeer Almal Nou
Hoofstuk 9 - Afknouery
- Belangrike woorde om te ONTHOU!
- Afknouery: Om deur dinge wat gesê of gedoen word iemand seer te maak.
- Bullebak: 'n Persoon wat ander dreig, seermaak of op hulle pik.
- Wat moet jy weet in hierdie hoofstuk?
- Afknouery kom in verskillende vorms voor.
- Verskillende vorms van AFKNOUERY = Voorbeeld hoe
- Slaan of seermaak = Trek jou hare / slaan jou
- Mense sê aaklige goed oor jou = Jou tande is lelik / jy stink
- Wanneer iemand goed by jou afvat = Hulle gryp/vat net jou goed vir hulle
- Daar is iemand voor wie almal bang is = Bang vir iemand, die iemand maak gewoonlik ander seer vir geen rede nie.
- Wat kan jy doen as jy Afgeknou word? Hoe hanteer ons bullebakke?
- Ignoreer hulle = As jy nie reageer nie, sal hul dalk belangstelling verloor
- Stap weg = As jy nie daar is nie, kan niemand jou afknou nie
- Moenie terugbaklei nie = Dis nooit die moeite werd om terug te baklei nie
- Wees voorbereid = As jy weet daar is iets wat die bullebak aanval van jou, hou solank 'n antwoord reg.
- Vermy die situasie = As daar 'n plek is waar die bullebak jou afknou, bly eerder daar weg.
- Bly in 'n groep = Probeer nie op jou eie wees nie, bullebakke pik gewoonlik om iemand wat alleen is.
- Moenie wys jy is bang nie = As jy selfversekerd optree, glo mense dit soms
- Hou 'n rekord = Hou 'n dagboek van wanneer dit gebeur en hoe, dis later maklik om dan te bewys.
- Vertel iemand = Dis BAIE BELANGRIK om iemand te vertel. (jou ouers/onderwyser/maats)
- KINDERLYN NOMMER: 0800 0 55 55 5
Hoofstuk 10 - Kinderregte en verantwoordelikhede
- Belangrike woorde om te ONTHOU!
- Regte: Iets wat die wet mense toelaat om te doen.
- Voeding: voedingskrag of kos
- Mishandeling: slegte behandeling, wreedheid of skade
- Nasionaliteit: die land waar jy gebore is
- Verantwoordelikhede: iets wat jou 'n diens laat verrig
- Die 6 regte wat jy as kind het in Suid-Afrika (Grondwet beskerming)
- Gesinsorg of ouersorg.
- Kinders het liefde en sekuriteit nodig.
- By jou ouers of enige ander sorg as jy by jou ouers verwyder word.
- Basiese Voedsel, skuiling, gesondheidsorg en maatskaplike dienste.
- Jy het die reg tot kos, 'n huis en gesondheidsorg. (dokter as jy siek is)
- Mag nie geslaan, seksueel misbruik word nie.
- Jy mag nie seergemaak word nie. Nie in enige manier nie.
- 'n Opvoeding = Mag skooltoe gaan.
- Jy het die reg tot opvoeding. Jy mag skooltoe gaan en leer.
- 'n Naam en nasionaliteit van geboorte af.
- Beskerming teen uitbuitende arbeidspraktyke.
- Kinders mag nie gedwing word om groot mens werke te doen nie.
- Gesinsorg of ouersorg.
- Saam al jou regte kom verantwoordelikheid.
- Jy het die reg om skooltoe te gaan, maar daar word verwag dat:
- Jy moet huiswerk doen
- Betyds wees vir skool
- Moet boeke oppas en in goeie kondisie hou
- In die klas luister en respek hê
- Ander leerders wat sukkel ook help
- Jy het die reg op liefde en sekuriteit, maar daar word verwag dat:
- Jou kamer netjies hou
- Maniere, sê asseblief en dankie
- Jou besittings oppas
- Na jou versorgers luister
- As jy iewers heen gaan, jou versorgers vertel daarvan
- Help met huishoudelik takies. Help in die huis
- Ons kan rondom die huis ook help!
- Jy het die reg om skooltoe te gaan, maar daar word verwag dat:
Toets Vrae en Antwoorde
Toets 1
- Noem 4 verskillende emosies wat ons kan ervaar?
- Woede
- Liefde
- Vrees
- Angs
- Wanneer kan ons kwaad raak? Gee 2 voorbeelde.
- Jou geluk bedreig word
- Jou gevoelens seergemaak voel
- Noem 5 goed wat jy kan doen as jy kwaad voel.
- Tel tot by 10
- Wees aktief, gaan speel of skop 'n bal
- Hou op dink hoe kwaad jy is
- Besef almal voel woede soms
- Doen iets, harde werk maak mens moeg en dan vergeet jy
- Verduidelik wat Angs is?
- Jy voel senuweeagtig en baie bang
- Noem 3 goed wat jy kan doen as jy Vrees/bang is?
- Staan jou man teen vrees
- Hardloop weg indien nodig
- Praat met iemand wat jy vetrou
Toets 2
- Gee die definisie van die volgende woord:
- Afknouery: Deur dinge wat gesê of gedoen word iemand seer te maak
- Bullebak: 'n persoon wat ander dreig, seermaak of op hulle pik
- Noem 4 maniere van verskillende afknouery.
- Slaan of seermaak
- Sê aaklige goed
- Mense vat goed by jou af
- Daai een persoon vir wie almal bang is
- Noem 5 goed wat jy kan doen as jy afgeknou word.
- Ignoreer hulle
- Stap weg
- Wees voorbereid
- Vertel iemand
- Hou 'n rekord
- Wat is die kinderlyn nood nommer?
- 0800 0 55 55 5
Toets 3
- Gee die definisie van die volgende woord:
- Regte: Iets wat die wet mense toelaat om te doen.
- Mishandeling: Slegte behandeling, wreedheid of skade
- Nasionaliteit: Die land waar jy gebore is
- Verantwoordelikhede: Iets wat jou 'n diens laat verrig
- Noem 4 regte wat kinders het in Suid-Afrika?
- Gesinssorg
- Voedsel, skuiling en gesondheidsorg
- Opvoeding
- Beskerming teen Uitbuitende arbeidspraktyke
- Noem 3 verantwoordelikhede wat kinders het wat saam al die regte gaan.
- Maniere
- Netjies wees
- Luister en huiswerk doen
Toets 4
- Noem 5 maniere waarop bullebakke hanteer kan word.
- Ignoreer hulle
- Stap weg
- Moenie terugbaklei nie
- Wees voorbereid
- Vermy die situasie
- Bly in 'n groep
- Moenie wys jy is bang nie
- Hou 'n rekord
- Vertel iemand
- Pas Kolom A by Kolom B.
- C
- D
- E
- B
- A
- Noem die 6 kinderregte wat daar is.
- Gesinsorg of ouersorg.
- Basiese Voedsel, skuiling, gesondheidsorg en maatskaplike dienste.
- Mag nie geslaan, seksueel misbruik word nie.
- 'n Opvoeding = Mag skooltoe gaan.
- 'n Naam en nasionaliteit van geboorte af.
- Beskerming teen uitbuitende arbeidspraktyke.
- Noem 4 goed wat ons daagliks moet doen om skoon en gesond te bly.
- Oefen
- Drink skoon water
- Eet gesond
- Slaap genoeg